| besluit [boodskap #125549] |
Wo., 01 Mei 2019 19:57 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26301 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
besluit
Afbreking: be•sluit
Selfstandige naamwoord: besluit
Meervoud: besluite
Verkleinwoord: besluitjie
Meervoud van verkleining: besluitjies
Betekenis:
• 'n Keuse wat na oorweging gemaak is; iets wat beslis is.
Gebruik:
• Sy het nie die besluit ligtelik geneem nie.
• Die vergadering se besluite word genotuleer.
Sinoniem:
• beslissing
• keuse
Afgelei:
• besluiteloos
• besluitnemer
• besluitneming
Hiponiem:
• raadsbesluit
• volksbesluit
Vertaling:
Engels: resolution, conclusion, decision
Nederlands: besluit
Werkwoord: besluit
Verlede tyd: het besluit
Teenwoordige deelwoord: besluitend, besluitende
Verlede deelwoord: beslote
Betekenis:
• Om 'n keuse te maak; oor iets beslis.
Gebruik:
• Ons het besluit om meer inligting in te samel voordat ons finaal hieroor besluit.
Vertaling:
Engels: to decide, conclude, resolve
Nederlands: besluiten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|