Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Asië
Asië [boodskap #125467] Sa, 27 April 2019 07:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Kaart wat Asië aandui.
'n Kaart wat Asië aandui.
Asië is die grootste vasteland (kontinent) op Aarde. Die vasteland beskik oor ontsaglike bergreekse: die Himalaja, Hindoe Koesj, Tiën-Sjan, ens., en die uitgestrekte hoogvlakte van Tibet. Onder die woestyne is die Arabiese en die Gobi (of Sjamo). Van die groot riviere is: die Jangtse en Hoangho (Sjina); die Ob, Jenisei en Lena wat in die Noordelike Yssee vloei; die Ganges, Indus, Brahmapoetra (Indië); die Irawadi (Birma); die Mekong en Salween (Agter-Indië). Die grense tussen Asië en Europa word gevorm deur die Oeral- en die Kaukasusgebergte, en die Kaspiese, Swart en Middellandse See.

Van die belangrikste lande is Afganistan, Arabië, Asiaties-Rusland, Birma, Ceylon, Sjina (China), Indië, Irak, Iran, Israel, Japan, Korea, Maleia, Pakistan, Thailand (vroeër Siam), Sirië, Turkye en Viëtnam. Die bevolking (Rusland uitgesluit) is hoofsaaklik Mongools, maar in Indië en Siberië oorwegend Aries.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Webster-Ashburton-verdrag
Volgende onderwerp: Asindeton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:53:13 MGT 2024