Leksikograaf Boodskappe: 24305 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volgens
Afbreking: vol•gens
Uitspraak: /woord/
Voorsetsel: volgens
Betekenis:
• Gee 'n bron vir die gegewe redenasie; soos wat gesê, verduidelik of verklaar is.
Gebruik:
• Volgens die wet mag mens nie in 'n publieke gebou rook nie.
• Fanus Rautenbach sê: "ons moet almal eendag sterwe, maar elkeen sterf volgens sy beroep."
Spreekwoord:
• Hy doen dit volgens die letter van die wet. [Presies soos die wet dit letterlik neerlê.]