Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » die (dié)
die [boodskap #125171] Do., 21 Maart 2019 09:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24212
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
die
Afbreking: die
Uitspraak: /di/




Bepaalde lidwoord: die

Betekenis:
• Verwys na iets bepaalds; 'n spesifieke persoon of ding wat bekend is.
• Die word voor 'n datum gebruik.

Gebruik:
Die kind speel op die treinspoor.
• Dit is vandag die tiende Oktober.

Wisselvorm:
• de (verouderd)

Verwant:
• hierdie
• daardie

Vertaling:
Engels: the
Nederlands: de, het


Aanwysende voornaamwoord: dié

Betekenis:
• Wys iets of iemand aan (met 'n akuutteken op die "e").

Gebruik:
• Die wind, dié waai.

Vertaling:
Engels: that, those
Nederlands: die

Nota:
• Kyk ook na die onbepaalde lidword 'n.
• Dié met 'n aksent is 'n aanwysende voornaamwoord (die "i" het klaar 'n kolletjie op, so hy kry nie ook 'n aksentteken nie).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Afrikaanse Woorde: Y
Volgende onderwerp: 'n
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 27 03:16:01 UTC 2025