Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alabama
Alabama [boodskap #120924] Sa, 10 November 2018 19:24 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Alabama was 'n oorlogskip van 1,000 ton. Dit is tydens die Amerikaanse Burgeroorlog van 1861-65 verskeie jare lank deur die Konfederale State gebruik as handelsrower teen die Noorde.

Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het die suidelike state in 1862 ’n kaperskip in Liverpool laat uitrus ten einde die blokkade van hul kus deur die noordelike state te verbreek. Dit is op 24 Augustus 1862 te water gelaat deur die firma Laird van Birkenhead en begin met beroemde reise wat die skip na Suid-Afrikaanse waters voer. Nadat hy in Saldanhabaai aangedoen en herhaalde vangste naby Kaapstad gemaak het, verower hy op 5 Augustus 1863 die Sea Bride in Tafelbaai. Neem ook voorrade ens. in in Kaapstad, word geesdriftig ontvang deur inwoners en slaag daarin om die agtervolgende kruiser, Vanderbilt, te ontwyk.

Die skip het die noordelike state veel skade op see berokken. 'n Ernstige diplomatieke krisis ontstaan tussen Brittanje en die Verenigde State wat uiteindelik deur arbitrasie besleg is lank nadat die Alabama deur die kruiser, Kearsarge, gesink is naby Cherbourg, Frankryk, op 11 Junie 1864. Die Alabama het aanleiding gegee tot die beroemde Kaapse Maleierlied, Daar kom die Alabama.

Die noordelike state het teen Brittanje as neutrale land ’n eis ingestel omdat die skip daar toegerus is. ’n Skeidsregbank het die V.S.A. in 1871 gelyk gegee en sedertdien is dit erkende volkereg dat neutrale lande nie aan oorlogvoerende partye oorlogstoerusting mag verskaf nie.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Re: Alabama [boodskap #124899 is 'n antwoord op boodskap #120924] So, 03 Maart 2019 15:29 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alabama kan ook na een van die volgende verwys:

1. Die Alabamarivier, 'n rivier in die V.S.A. wat deur die staat Alabama vloei. Die rivier is 502 km lank en sy breedte varieer van 46 tot 183 meter, die diepte van 1 tot 12 meter. Vanaf die punt van samevloeiing van die Coosa en die Tallapoosa word dit die Alabama genoem. Verder af, by die samevloeiing met die Tombigbee, kry dit die naam Mobile.

2. ’n Suidelike staat van die V.S.A. Die staat se hoofstad in hoofstad Montgomery, maar sy grootste stad is Birmingham. Dit beskik oor 'n bewerkte laeveld, groot houtbosse en (in die suide) ’n katoenstreek.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Vorige onderwerp: Akwarium
Volgende onderwerp: Alarcón, Pedro Antonio de
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:06:02 MGT 2024