Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re:PW Botha, Quote van die week,(jaar? dekade?)
Re:PW Botha, Quote van die week,(jaar? dekade?) [boodskap #12340] Di, 27 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
JAN!TOR  is tans af-lyn  JAN!TOR
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ja, Oom PW is in ie Boere Oorlog getemper. Hy staan nie 'n tree terug nie.
Kyk net hoe jammerlik draai Pik, FW en die ander. Hulle tree soos tipiese
politisie op, terwyl Oom PW soos 'n taatsman optree.

EK probeer glad nie vir hom keer nie, maar hy staan pa vir wat hy gesê en
gedoen het.

Waar is die leiers vir die Afrikaner? Gaan die ANC, en hul gesante
uiteindelik dit regkry om dit te blus wat ons ons as volk teen die magtige
Brittanje laat opstaan het?

Apartheid was 'n onding, maar wat het dit Suid-Afrika gebied? Ons land is
die enigste ligpunt in Afrika. Buiten miskien vir Botswana, is ons die
enigste relatief suksesvolle land in Afrika. Ons buurstate is 'n gemors.
Mosambiek, Zimbabwe, verder noord. Ons kontinent is 'n gemors.

Suid-Afrika gaan nooit met lande soos die VSA, Europa of die tier lande kan
kompeteer nie, maar waar is ons verwysings raamwerk. Ons moet ongelukkig
teen wil en dank ons met ons onmiddelike bure vergelyk.

Oom PW was aan bewind van DIE APARTHEID STAAT vir baie jare, en die beste
wat die ANC kan doen is om hom hof toe te vat vir 'n "minor political
offence".

Oom PW is oud, halstarrig, en ja dalk selfs kens, maar hy vat nie kak nie,
en hanteer die ANC met die disrespek wat hulle toekom.Ek hou veral van sy
standpunt om in ons moedertaal getuienis af te lê. So 'n bek kort jem.

Ons moet besef dat sy saak uiteindelik dalk die begin is om die selfrespek
wat lamsakke soos FW en Pik van ons laat wegkorodeer, terug te gee. Onthou
vir die " underdog" is dit nie die tien beenbreek houe wat hy ontvang wat,
wat tel nie, eerder die enkele bloed neus wat hy die reus toedien.

Seblief, kommentaar, sarkasme en trane word waardeer.
Francois
Re: Re:PW Botha, Quote van die week,(jaar? dekade?) [boodskap #12341 is 'n antwoord op boodskap #12340] Di, 27 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wolfgang  is tans af-lyn  Wolfgang
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Luister oubaas, dit neem net EEN lem om so 'n ouman aan repe te sny. Dis
Afrika, Man!! Ek sou nie so pronk as ek jy was nie. PW was 'n politikus in
'n vergane era. Dank God. Hy het vir ons gelieg en hy het ons beskerm. Ek
hou dit nie teen hom nie, dit was sy era.

Prys eerder al die Stamhoofde en Konings soos Mandela, dat hulle nie doen
wat ENIGE ander koning met sy vyand sou gedoen het nie. DIT is beskaafdheid.
DIT hou die kiem van hoop vir ons Geliefde, Suid-Afrika.

Wolfgang
Re:PW Botha, Quote van die week,(jaar? dekade?) [boodskap #12354 is 'n antwoord op boodskap #12340] Wo, 28 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> "JAN!TOR" wrote

> Kyk net hoe jammerlik draai Pik, FW en die ander. Hulle tree soos tipiese
> politisie op, terwyl Oom PW soos 'n taatsman optree.

'n staatsman word gedefinieer as 'n persoon wat vaardig is in
regeringsaangeleenthede en 'n prominente posisie beklee in die nasionale en
internasionale wereld waar sy aksies en persoon respek en agting afdwing.
Gegee hierdie definisie is Mnr. PW. Botha alles behalwe 'n staatsman.
Politieke geweld en nasionale destabilisasie, internasionale isolasie,
sanksies, menseregskendings, en die haat en afkeur van die meerderheid mense
wie hy kwansuis sou lei is immers die kentekens van sy termyn as staatshoof.

> Waar is die leiers vir die Afrikaner?

Die leiers van die Afrikaner kan enigeen wees wie hul belange op die hart dra;
die versiende insig toon om besluite te neem wat hul toekoms in alle fassette
van die ekonomie, kultuur en menswaardigheid in 'n internasionale en
veranderende wereld te probeer verseker; om die bereidwilligheid te toon om
hulle in besluitnemingsprosesse te betrek. As sodanig, kan Beyers Naude,
Nelson mandela, Roelf Meyer, Jakes Gerwel almal leiers wees vir die Afrikaner.

> Apartheid was 'n onding, maar wat het dit Suid-Afrika gebied? Ons land is
> die enigste ligpunt in Afrika. Buiten miskien vir Botswana, is ons die
> enigste relatief suksesvolle land in Afrika. Ons buurstate is 'n gemors.
> Mosambiek, Zimbabwe, verder noord. Ons kontinent is 'n gemors.

'n Onding wat 'n ligpunt is !! Liewe hemel - hierdie logika hou seker ook voor
dat die duiwel eintlik ons vriend is - mense verstaan hom net nie so lekker
nie. Waar dit die res van Afrika aangaan is soveel argumente al gevoer oor die
destabiliserende erfenis van post-kolonialisme dat ek waarlikwaar geen behoefte
het om weer eens hierdie debat aan te wakker nie. Tog, dit is nodig om jou
implikasie dat Afrika in 'n gemors is presies as gevolg van 'n inherente
onvermoe by Swart Afrikane om hulself te regeer, binne perspektief te plaas.
Vir honderde jare was Israel soos ons dit nou ken, "'n gemors", en het die Jode
geen heenkome gehad soos in Bybelse tye nie; na die val van die Romeinse ryk,
was daardie hele streek "'n gemors", ekonomies en maatskaplik; die eens
magtige Inkas en Ottoman heerskappy was nie vir ewig nie en het uiteindelik in
"'n gemors" verdwyn; die "dark ages" of donker eeue van Europa is seker net
'n eufemisme vir jou beskrywing - "'n kontinentale gemors". Die punt is dat
soos die Noord-Amerikaanse en Europese koninkryke van die dag voortstorm na hul
apogee, dit ook uiteindelik sal kwyn. Wie weet, miskien sal Afrika weer die
grootsheid van weleer bereik. Om egter jou miniskule tydraam en reaksionere
beoordeling van Afrika se toekoms binne hierdie grootse drama as onteenseglike
en intrinsieke feit te projekteer is nie net blatante rassisme nie, maar ook
ooglopende dwaasheid.

Daar is, laastens, 'n groter tragedie in Mnr. PW Botha se uitsprake, naamlik
dat ouderdom nie wysheid gebring het nie - dat 'n jonger geslag nie van sy
ervaring en voorbeeld kan leer nie. Hierin stel hy nie net sy landgenote en
die wereld teleur nie, maar ook homself en laat hy sielkundige en persoonlike
ontwikkellingpotensiaal braak le. Nee wat, Mnr. Botha modeleer glad nie
integriteit, self-respek, grootsheid, of medemenslikheid nie. Inteendeel, ek
sien in hom stagnasie, isolasie, verwardheid, kleinlikheid, en 'n halstarrige
vaskleef aan vervloee dae vol verlore kanse (om Leipoldt, dink ek, so bietjie
buite konteks aan te haal). Ek hoop - soos in Shakespeare - dat Koning Botha
se tragedie 'n les en waarskuwing is vir jou lewe. Dit is vir myne.

Leswin Laubscher
ISPP - Chicago
Re: PW Botha, Quote van die week,(jaar? dekade?) [boodskap #12355 is 'n antwoord op boodskap #12340] Wo, 28 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
> nie,
>> en hanteer die ANC met die disrespek wat hulle toekom.Ek hou veral van sy
>> standpunt om in ons moedertaal getuienis af te lê. So 'n bek kort jem.

Uhm... wat is nou "standpunt" daar? Dit staan enigiemand vry om in sy
of haar moerdertaal getuienis af te le.

PW was altyd gou met die grootpraat, vinnig met die skiet, en te dom
om te onderhandel. Hier sien ons dit maar net weer.

Andries

Andries du Toit

Remove capital "spam" from:

SaPnA...@aztec.co.za
Re: PW Botha, Quote van die week,(jaar? dekade?) [boodskap #12356 is 'n antwoord op boodskap #12355] Wo, 28 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pi...  is tans af-lyn  pi...
Boodskappe: 17
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek wonder of die familielede van Steve Biko wat vermoor is in die
tronk, van Hector Petersen wat soos 'n hond doodgeskiet is, van die
dienspligtiges wie se oe uitgeskiet of bene deur 'n landmyn afgeruk is
omdat hulle in PW se weermag moes dien omdat hy nie kak wou vat nie,
of die kinders wat nooit hulle pa's geken het nie omdat hulle in PW se
tronke opgesluit is, of die vrouens wie se mans as trekarbeiders op
myne ver van hulle moes werk, of die mense wat hul huise moes verlaat
en op die Kaapse Vlakte moes gaan bly, ook sal dink dat apartheid maar
net 'n onding was wat eintlik SA baie gebied het. Of die
Afrikaanssprekendes onder hulle ook warm in hul harte gaan voel omdat
hy in sy moedertaal verhoor wil word (al is derduisende swartmense vir
jare nie in hul eie moedertaal ter dood veroordeel is nie). Of hulle
ook so gloeiend sal se PW en BJ moet oor niks spyt wees wat hulle
gedoen het nie.

Julle maak my fokken skaam om met julle geassosieer te word. Julle
hoort in 'n volkstaat. En jou analfabeet, mens spel politici nie
politiesie nie. Aap.

"Johan" wrote:

> Francois
> Mooi raakgevat. Selfs ou oom BJ Vorster het op TV gesê, toe hy gevra is
> wat hy anders sou doen as hy sy lewe sou oordoen: "Niks nie - alles wat ek
> gedoen het, het ek gedoen binne die raamwerk van die feite wat aan my
> bekend was, en met dieselfde feite sal ek weer dieselfde besluite moet
> neem.

> Ek dink ook meer ruggraat is nodig by politisie wat die draai van die
> millenium wil oorleef.

> Johan

>> EK probeer glad nie vir hom keer nie, maar hy staan pa vir wat hy gesê en
>> gedoen het.
>>
>> Waar is die leiers vir die Afrikaner? Gaan die ANC, en hul gesante
>> uiteindelik dit regkry om dit te blus wat ons ons as volk teen die
> magtige
>> Brittanje laat opstaan het?
>>
>> Apartheid was 'n onding, maar wat het dit Suid-Afrika gebied?

> Ons buurstate is 'n gemors.
>> Mosambiek, Zimbabwe, verder noord. Ons kontinent is 'n gemors.
>>
>> Oom PW was aan bewind van DIE APARTHEID STAAT vir baie jare, en die beste
>> wat die ANC kan doen is om hom hof toe te vat vir 'n "minor political
>> offence".
>>
>> Oom PW is oud, halstarrig, en ja dalk selfs kens, maar hy vat nie kak
> nie,
>> en hanteer die ANC met die disrespek wat hulle toekom.Ek hou veral van sy
>> standpunt om in ons moedertaal getuienis af te lê. So 'n bek kort jem.
>>
Re: PW Botha, Quote van die week,(jaar? dekade?) [boodskap #12358 is 'n antwoord op boodskap #12355] Wo, 28 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ou Piet
Relax man ... Jy verstaan nie die punt nie - vergeet jou oordrewe
skuldgevoelens.
Ek probeer tot jou deurdring met "ONS HET POLITICI NODIG MET MEER RUGGRAAT"
- regoor die wereld. En ja, daar gaan mense wees wat nie saamgaan met
ENIGE regering se beleid nie - raai wat, dit werk maar net so!
Of kan jy my 'n politikus wys wat almal in 'n land kan tevrede stel?

Toe ek onlangs uit SA is, kom 'n ou swartman my groet - hy het vir my pa
gewerk. Sê hy vir my hy verlang so terug na die vorige regering (die een
wat jy so swart smeer - met die voordeel van terugkyk) toe hy veiliger was
en meer gehad het om te eet.

Daardie jare het netso baie swart mense die land probeer inkom uit Afrika -
hulle moes onnolsel gewees het om na 'n land te wil kom wat so sleg was as
wat jy probeer teken.

Dan, ou Pieterman, ek buig mar so nou en dan my spelling - soms omdat ek so
voel en om dinge intersant te maak en soms omdat ek nie bodder om korrek te
probeer wees nie - ek wil net komminikkeeeer!

Johan

piet wrote in article
...
> Ek wonder of die familielede van Steve Biko wat vermoor is in die
> tronk, van Hector Petersen wat soos 'n hond doodgeskiet is, van die
> dienspligtiges wie se oe uitgeskiet of bene deur 'n landmyn afgeruk is
> omdat hulle in PW se weermag moes dien omdat hy nie kak wou vat nie,
> of die kinders wat nooit hulle pa's geken het nie omdat hulle in PW se
> tronke opgesluit is, of die vrouens wie se mans as trekarbeiders op
> myne ver van hulle moes werk, of die mense wat hul huise moes verlaat
> en op die Kaapse Vlakte moes gaan bly, ook sal dink dat apartheid maar
> net 'n onding was wat eintlik SA baie gebied het. Of die
> Afrikaanssprekendes onder hulle ook warm in hul harte gaan voel omdat
> hy in sy moedertaal verhoor wil word (al is derduisende swartmense vir
> jare nie in hul eie moedertaal ter dood veroordeel is nie). Of hulle
> ook so gloeiend sal se PW en BJ moet oor niks spyt wees wat hulle
> gedoen het nie.
>
> Julle maak my fokken skaam om met julle geassosieer te word. Julle
> hoort in 'n volkstaat. En jou analfabeet, mens spel politici nie
> politiesie nie. Aap.
>
> "Johan" wrote:
>
>> Francois
>> Mooi raakgevat. Selfs ou oom BJ Vorster het op TV gesê, toe hy gevra is
>> wat hy anders sou doen as hy sy lewe sou oordoen: "Niks nie - alles wat ek
>> gedoen het, het ek gedoen binne die raamwerk van die feite wat aan my
>> bekend was, en met dieselfde feite sal ek weer dieselfde besluite moet
>> neem.
>
>> Ek dink ook meer ruggraat is nodig by politisie wat die draai van die
>> millenium wil oorleef.
>
>> Johan
>
>
>>> EK probeer glad nie vir hom keer nie, maar hy staan pa vir wat hy gesê en
>>> gedoen het.
>>>
>>> Waar is die leiers vir die Afrikaner? Gaan die ANC, en hul gesante
>>> uiteindelik dit regkry om dit te blus wat ons ons as volk teen die
>> magtige
>>> Brittanje laat opstaan het?
>>>
>>> Apartheid was 'n onding, maar wat het dit Suid-Afrika gebied?
>
>> Ons buurstate is 'n gemors.
>>> Mosambiek, Zimbabwe, verder noord. Ons kontinent is 'n gemors.
>>>
>>> Oom PW was aan bewind van DIE APARTHEID STAAT vir baie jare, en die beste
>>> wat die ANC kan doen is om hom hof toe te vat vir 'n "minor political
>>> offence".
>>>
>>> Oom PW is oud, halstarrig, en ja dalk selfs kens, maar hy vat nie kak
>> nie,
>>> en hanteer die ANC met die disrespek wat hulle toekom.Ek hou veral van sy
>>> standpunt om in ons moedertaal getuienis af te lê. So 'n bek kort jem.
>>>
>
Re: Re:PW Botha, Quote van die week,(jaar? dekade?) [boodskap #12359 is 'n antwoord op boodskap #12340] Wo, 28 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Francois
Mooi raakgevat. Selfs ou oom BJ Vorster het op TV gesê, toe hy gevra is
wat hy anders sou doen as hy sy lewe sou oordoen: "Niks nie - alles wat ek
gedoen het, het ek gedoen binne die raamwerk van die feite wat aan my
bekend was, en met dieselfde feite sal ek weer dieselfde besluite moet
neem.

Ek dink ook meer ruggraat is nodig by politisie wat die draai van die
millenium wil oorleef.

Johan

> EK probeer glad nie vir hom keer nie, maar hy staan pa vir wat hy gesê en
> gedoen het.
>
> Waar is die leiers vir die Afrikaner? Gaan die ANC, en hul gesante
> uiteindelik dit regkry om dit te blus wat ons ons as volk teen die magtige
> Brittanje laat opstaan het?
>
> Apartheid was 'n onding, maar wat het dit Suid-Afrika gebied?

Ons buurstate is 'n gemors.
> Mosambiek, Zimbabwe, verder noord. Ons kontinent is 'n gemors.
>
> Oom PW was aan bewind van DIE APARTHEID STAAT vir baie jare, en die beste
> wat die ANC kan doen is om hom hof toe te vat vir 'n "minor political
> offence".
>
> Oom PW is oud, halstarrig, en ja dalk selfs kens, maar hy vat nie kak nie,
> en hanteer die ANC met die disrespek wat hulle toekom.Ek hou veral van sy
> standpunt om in ons moedertaal getuienis af te lê. So 'n bek kort jem.
>
Re: PW Botha, Quote van die week,(jaar? dekade?) [boodskap #12403 is 'n antwoord op boodskap #12355] Sa, 31 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Jan 1998 13:07:39 GMT, "Johan" wrote:
<<>Ou Piet
> Relax man ... Jy verstaan nie die punt nie >>>

Lyk my eerder hy verstaan die punt maar net te goed.
Re: PW Botha, Quote van die week,(jaar? dekade?) [boodskap #12404 is 'n antwoord op boodskap #12355] Sa, 31 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Jan 1998 04:55:32 GMT, "Johan" wrote:

Mooi raakgevat. Selfs ou oom BJ Vorster het op TV gesê, toe hy gevra is[/color]
> wat hy anders sou doen as hy sy lewe sou oordoen: "Niks nie - alles wat ek
> gedoen het, het ek gedoen binne die raamwerk van die feite wat aan my
> bekend was, en met dieselfde feite sal ek weer dieselfde besluite moet
> neem.>>

Vorster. Hy het Robert Sobukwe vir vyf jaar in eensame aanhouding op
Robben Eiland geplaas tot Sobukse mal geraak het.

En al waaraan Sobukwe skuldig was, was dat hy sy pasboek verbrand het.
Om dit reg te kry, het Vorster spesiaal wette deur die Parlement
gevoer.

Hy het dit ook in wetgewing gegiet - as ek reg onthou - dat 'n
"kommunis" eenvoudig iemand is wat die bestaande staatsbestel wou
verander.

Vorster. Hy het baie ander dinge ook gedoen. Sy groot vriend was Lang
Hendrik vd Berg van Boss.

Hy het ook gese D'Oliviera mag nie saam met die MCC in SA toer nie
omdat hy n Kleurling is.

Watter "feite" was aan hom bekend? Het hy ooit gese?
Vorige onderwerp: Is die lente om die draai?
Volgende onderwerp: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 01:04:18 MGT 2024