Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is die lente om die draai?
Is die lente om die draai? [boodskap #12407] Sa, 31 Januarie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Maandag is dit "Groundhog Day" hier in Noord-
Amerika. Dan is ons veronderstel om die "lowdown"
te kry oor wanneer ons kan verwag om die einde van die
winter te sien. As die groundhog uitkom en sy skaduwee
sien, dan gaan hy weer terug ondergronds vir verdere
hibernasie. As hy nie sy skaduwee kan sien nie, dan weet
hy dat die lente om die draai is. Dit is gebaseer op die
weerkundige aanname dat daar wolkerige stormagtige
weer kom wanneer die weerstelsels omswaai van die hoog-
druk stelsels in die winter na die wisselende laedruk-
stelsels in die lente.
Nouja, niemand het veel hoop dat die groundhog
hierdie jaar enige uitspraak sal kan maak wat sin sal hê
nie. Hierdie jaar was so 'n onge-elliede jaar wat die weer
aanbetref, dat almal net hulle koppe skud. Hier by ons
in die suidelike dele van Ontario het die temperature nooit
vreeslik laag gedaal nie. Dit het somtyds baie slegte gevolge
gehad, soos die ysstorm wat 'n noodtoestand geskep het
in Oostelike Ontario en Westelike Quebec. Die snaakse
Noord-Amerikaanse weer skep nog aanmekaar baie snaakse
situasies: voete sneeu in Noord Carolina, vloede in Nova
Scotia. 'n Mens sal dus die groundhog moet verskoon as
hy hierdie jaar ook net sy kop skud en weier om 'n uitspraak
te lewer. Ons sal maar moet sien wat Wiarton Willie sê.
Dis ons eie Kanadese weerprofeet. Hulle het hierdie naweek
'n Groundhog Festival in Wiarton.
'n Groundhog se ander naam is "woodchuck." Ek het
altyd gedink dat dié naam te danke is aan iets wat hy met
hout doen. Maar volgens die etimologie van die woord kom
dit van Cree "ocek van die proto-Algonquian "wecyeka"
en beteken dit "visser."

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: louis franssens
Volgende onderwerp: Re:PW Botha, Quote van die week,(jaar? dekade?)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 02:33:43 MGT 2024