Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Nuwe Feit: toebroodjie
Nuwe Feit: toebroodjie [boodskap #67571] Wo, 16 Oktober 2002 11:58 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het gister 'n nuwe feit geleer.
Hollanders is toebroodjie-challenged:))
Annette
Re: Nuwe Feit: toebroodjie [boodskap #121688 is 'n antwoord op boodskap #67571] Vr, 07 Desember 2018 07:22 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
"Toebroodjie" is 'n nuutskepping in Afrikaans. Dit is gemunt deur M.E.R as Afrikaanse eweknie vir die Engelse "sandwich". Volgens haar outobiografie, My beskeie deel (1972, bl. 208 tot 209):

Ek self was skuldig aan die toebroodjie. Dit was toe ek in Die Burger se redaksie was en ek en Ida Theron (van Die Huisgenoot) geen woord vir "sandwich" kon kry nie. Onse ou mense het seker net enkel snye gebruik! Ek het gedink aan "toe tertjie" teenoor "oop tertjie", en toe maar die toebroodjie-woord in my artikels gebruik. Dit het posgevat. Almal was bly om "sandwich" na sy eie taal te laat vaar. En nou vra die woordeboek se opstellers en ook Louis [Hiemstra], of ek dan nie geweet het van die gebruik, veral in Noordwes-Kaapland, van planksny nie. Ek het spyt; maar toebroodjie het klaarblyklik nou vasgegroei. Dit kon in elk geval erger gewees het!
Vorige onderwerp: Noem en verdoem
Volgende onderwerp: Wat is 'n muidjie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:31:11 MGT 2024