Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Noem en verdoem (Name and shame)
Noem en verdoem [boodskap #120754] Do, 30 Augustus 2018 15:06
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Nou net op RSG gehoor: "noem en verdoem" is die vertaling van die Engelse "name and shame".

Die oudste vermelding hiervan is waarskynlik 'n brief in Die Burger wat 'n ene Bacchus in 2011 geskryf het: "Ek oorweeg dit ernstig om hierdie wynprodusente...voortaan op Planeet Wyn te noem en verdoem...". Talle ander het blykbaar onafhanklik van mekaar by dieselfde vertaling uitgekom.

As ek 'n definisie kan waag:

Noem en (ver)doem:
Iemand wat 'n fout of oortreding begaan se naam bekendmaak, om hom/haar sodoende (as 'n vorm van sensuur) uit te sonder en jou afkeur uit te spreek.
Vorige onderwerp: Spoonerisme
Volgende onderwerp: Nuwe Feit: toebroodjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 23:06:50 MGT 2024