Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » ANC verloor hul webtuiste
ANC verloor hul webtuiste [boodskap #120798] Sa, 29 September 2018 09:36 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dis toe nie 'n grap nie, die ANC het so waarlik nie vir hulle webwerf betaal nie. Besoekers word begroet met: "This website is Suspended due to non-payment to the service provider" (Hierdie webwerf is opgeskort weens nie-betaling aan die diensverskaffer). Volgens die verskaffer is die ANC R32,5 miljoen aan hulle verskuldig. R32½ miljoen!

Jy kan jou indink tot wat se komiese kommentare dit gelei het, onder andere: "As die #ANC nie die http://anc.org.za webwerf kan bestuur nie, hoe kan ons hulle vertrou om die land te bestuur? Hulle moet weet dat jy nie 'n webwerf kan onteien sonder vergoeding nie." [Kallie Kriel]

Die diensverskaffer, Unwembi, se prokureurs het blykbaar beveel dat dienste weerhou word totdat die geld betaal is. Daarteenoor beweer die ANC dat hulle besig is om die webwerf op te knap en dat hulle nie 'n kontrak met Unwembi het nie. Verdere inligting is beskikbaar op timeslive.co.za.

En hier is die bewys:
/fa/35/0/
Re: ANC verloor hul webtuiste [boodskap #120805 is 'n antwoord op boodskap #120798] Sa, 06 Oktober 2018 20:12 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Bovermelde webtuiste is nog steeds af.
Die ANC het ook 'n webwerf by https://anctoday.org.za/, wat redelik op datum blyk te wees.
Vorige onderwerp: Suid-Afrika se nuwe dinosourus
Volgende onderwerp: Krugerdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:49:18 MGT 2024