Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Vrou (72) skiet rower dood
Vrou (72) skiet rower dood [boodskap #119981] Ma, 13 Junie 2011 06:40 na volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Vrou (72) skiet rower dood
2011-06-12 17:30

Oos-Kaap – 'n Vrou (72) wat op haar eie woon, het 'n inbreker in St.
Francisbaai geskiet nadat sy vasgebind en gedreig was, het die polisie
in die Oos-Kaap Sondag gesê.

Twee mans het Sondagoggend omstreeks 03:00 deur 'n venster geklim en
haar met 'n mes en skroewedraaier gedreig, het ao. Marianette Olivier
gesê.

Die vrou is geblinddoek, vasgebind en gedwing om die pinnommers van
haar bankkaarte aan die mans te gee.

"Terwyl een van die mans met haar motor gery het om geld uit haar
rekening te onttrek, het sy haarself losgemaak en 'n vuurwapen uit die
kas gehaal. Die man het probeer om haar vuurwapen te gryp, waarna sy
skote afgevuur en hom doodgeskiet het. Die tweede man het teruggekom
en haar met die vuurwapen gesien en weggehardloop," het Olivier gesê.

'n Saak van moord en huisroof word ondersoek.

"Niemand is van moord aangekla nie. Ons sal formele ondersoeke doen en
'n dossier na die openbare vervolger stuur voor 'n besluit geneem
word," het Olivier gesê.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-72-skiet-r ower-dood-20110612
Re: Vrou (72) skiet rower dood [boodskap #120024 is 'n antwoord op boodskap #119981] Di, 25 Oktober 2011 17:40 Na vorige boodskap
Bodie[2]  is tans af-lyn  Bodie[2]
Boodskappe: 14
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Junior Lid
"Etienne Marais" wrote in message
news:eb1dcdab-67b1-4566-99d6-683158fc9b41@c41g2000yqm.google groups.com...
Vrou (72) skiet rower dood
2011-06-12 17:30

Oos-Kaap - 'n Vrou (72) wat op haar eie woon, het 'n inbreker in St.
Francisbaai geskiet nadat sy vasgebind en gedreig was, het die polisie
in die Oos-Kaap Sondag gesê.

Twee mans het Sondagoggend omstreeks 03:00 deur 'n venster geklim en
haar met 'n mes en skroewedraaier gedreig, het ao. Marianette Olivier
gesê.

Die vrou is geblinddoek, vasgebind en gedwing om die pinnommers van
haar bankkaarte aan die mans te gee.

"Terwyl een van die mans met haar motor gery het om geld uit haar
rekening te onttrek, het sy haarself losgemaak en 'n vuurwapen uit die
kas gehaal. Die man het probeer om haar vuurwapen te gryp, waarna sy
skote afgevuur en hom doodgeskiet het. Die tweede man het teruggekom
en haar met die vuurwapen gesien en weggehardloop," het Olivier gesê.

'n Saak van moord en huisroof word ondersoek.

"Niemand is van moord aangekla nie. Ons sal formele ondersoeke doen en
'n dossier na die openbare vervolger stuur voor 'n besluit geneem
word," het Olivier gesê.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-72-skiet-r ower-dood-20110612


GIVE THAT GOGO A BELLS!!!!!
Vorige onderwerp: Re: (white) Woman dragged 700m under taxi
Volgende onderwerp: Storie oor plaasmoorde wêreldwyd uitgestuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:17:22 MGT 2024