Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Storie oor plaasmoorde wêreldwyd uitgestuur
Storie oor plaasmoorde wêreldwyd uitgestuur [boodskap #120030] Ma, 31 Oktober 2011 14:49
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Storie oor plaasmoorde wêreldwyd uitgestuur

2011-10-31 08:00
Vicus Bürger

Bloemfontein – ’n Dokumentêre rolprent oor plaasmoorde in Suid-Afrika
wat begin met die grusame moord op die tweejarige Wilmientjie
Potgieter van Lindley en haar gesin, kan eersdaags oor die wêreld heen
gesien word.

War of the Flea vertel aan die hand van statistieke hoe baie boere
wreed vermoor word en ondersoek die redes vir dié grusame aanvalle.
Omstrede kwessies soos grondhervorming, Julius Malema (ANC-jeugleier)
se haatspraakverhoor, die regering wat glo nie genoeg doen om
plaasmoorde te bestry nie en die gevolge van die apartheidregering kom
in die kollig.

Klem word gelê op Suid-Afrika se gewelddadige agtergrond en samelewing
in onderhoude met onder meer Prince Mashele, hoof van die Sentrum vir
Politiek en Navorsing in Pretoria, en dr. Johan Burger, senior
navorser van die Instituut vir Sekerheidstudies.

Mashele sê ’n ongeskoolde en onopgevoede jong man met ’n gebroke
familie wat in ’n ghetto of informele nedersetting grootgeword het en
hopeloos is, het ’n groter kans om uiteindelik ’n moordenaar en
misdadiger te word.

Hy sê in townships kan gewelddadige mense ontwikkel.

Volgens Burger is Suid-Afrika se moordsyfer vyf of ses keer die
internasionale gemiddeld. Altesaam 34,6 moorde word per 100 000 mense
gepleeg.

Die rolprentvervaardiger Rian van der Walt, wat al onder meer aan
dokumentêre natuurprogramme vir die televisiekanale Discovery Channel
en Animal Planet gewerk het, sê die rolprent het nie ’n positiewe
boodskap nie, maar vertel harde en soms ontstellende feite.

“Ek doen weg met illusies.”

Die rolprent probeer om mense met die nodige inligting toe te rus
sodat hulle besluite kan neem om hulself te beskerm, sê Van der Walt.

Een van die plaasaanvalle in Suid-Afrika wat in die rolprent ondersoek
word, is die moorde op Attie en Wilna Potgieter en hul dogtertjie,
Wilmientjie, op die plaas Tweefontein naby Lindley.

Emosionele oomblikke word op kamera vasgevang wanneer onderhoude met
onder andere Susan Nortjé, suster van mev. Potgieter, en Bokkie van
Staden, Wilmien se ouma, gevoer word.

Van der Walt het besluit om die rolprent met die Potgieter-moord te
begin omdat dit “die ergste is (van al die plaasmoorde)”.

Hy het op Louis Trichardt in Limpopo grootgeword. “Ek het nie op ’n
plaas gewoon nie, maar wel in ’n boeregemeenskap en was altyd bewus
van boere wat vermoor word. Ek het vir myself gesê as ek eendag groot
is, gaan ek ’n dokumentêr oor plaasmoorde doen.”

Hy onderhandel tans met die SAUK om die rolprent op die kassie uit te
saai, maar niks is al afgehandel nie.

Van der Walt skryf dit in vir plaaslike en oorsese rolprentfeeste en
wil dit ook in teaters laat draai. Die rolprent is met hoë-definisie-
videokameras verfilm en voldoen aan interna­sionale standaarde, sê
hy.


http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Storie-oor-plaa smoorde-wereldwyd-uitgestuur-20111031
Vorige onderwerp: Vrou (72) skiet rower dood
Volgende onderwerp: Woord is magtiger as die swaard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 22:33:04 MGT 2024