Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 'Jy wou mos, wit hond'
'Jy wou mos, wit hond' [boodskap #119829] Vr, 12 November 2010 09:44
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
'Jy wou mos, wit hond'
2010-11-11 11:19

Hilda Fourie
'n Pretorianer wat saam met sy vrou en huiswerker ses uur lank deur
aanvallers aangehou is, is so hard en aanhoudend met pikstele geslaan
dat sy arm gebreek en sy kopvel oopgebars het.

Mnr. Hennie Benadé (48) se tuinwerker, ene Julius, het in die aanval
op sy kleinhoewe in Honingnestkrans, in die noorde van Pretoria, sy
eie vuurwapen in sy mond gedruk en gesê: "Jou wit hond. Jy wou my mos
klap."

Julius werk al byna twee jaar aan en af in hul tuin.

Benadé en sy vrou was eergister kort voor 13:00 op pad huis toe nadat
hulle 'n vrag bakstene afgelewer het.

Hy het sy vrou by die buurvrou afgelaai om hul hond, Peanut, op te
laai.

Toe Benadé by die huis kom, het hy met Julius gepraat oor take wat hy
moes verrig. "Ek het in die huis ingegaan en net verby die kroeg
geloop toe een agter die yskas met my nuwe piksteel uitspring.

"Nog een het om die hoek uitgespring. Hy het my ou piksteel in sy hand
gehad," het Benadé gesê.

"Hulle het my aanhoudend geslaan. Om die beurt. Ek het elke keer
probeer op kom, maar dan slaan hulle my weer. In 'n stadium het hulle
my regterarm gebreek en my linkerhand met 'n mes gesny.

"Hulle het geld gesoek en my by die trappe opgesleep na die
hoofslaapkamer toe."

In die hoofslaapkamer het die aanvallers hom gedwing om die kluis oop
te maak waarna hulle sy vuurwapen gegryp en hom eenkant gegooi het.
Hulle het gekla die geld is te min, hom weer met die pikstele geslaan
en na 'n ander vertrek waar nog 'n kluis was, gesleep.

Hy het met 'n gesukkel die kluis oopgemaak waar daar weer nie genoeg
geld na hul sin was nie.

Dis toe dat Julius die vertrek inkom en Benadé se vuurwapen in sy mond
druk.

Benadé se vrou, Ann (54), en die huiswerker, ene Susan, het opgedaag
en hulle is op die grond laat lê.

Die volgende sowat ses uur lank was Benadé, sy vrou en hul huiswerker
vasgebind terwyl dié tuinwerker en sy twee makkers die huis geplunder
het. Hulle het later geld in mev. Benadé se handsak gekry. "Toe kom
een met 'n bottel brandewyn aan," het Benadé gesê.

"Hy het 'n sluk gevat, die bottel in my mond gedruk en gesê: 'Suip,
boer, as ek jou skiet, moet jy bedwelm wees.'

"Ek het gedrink totdat ek nie meer kon nie. Toe druk hy die bottel in
my vrou se mond. Ons het dit binne 'n paar minute leeggedrink."

Teen 19:00 het die aanvallers in die egpaar se Datsun-bakkie geklim en
met hul buit gevlug. Benadé het hom losgewikkel en sy vrou gehelp om
los te kom. Hulle het by die bure gaan hulp soek.

Die wond waar Benadé se vel op die agterkop oopgebars het, is met
sowat 100 steke geheg.

Kapt. Katlego Mogale, Gautengse polisiewoordvoerder, het bevestig 'n
huisroof word ondersoek.

----------------------------------

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Jy-wou-mos-wit-hond-20 101111
Vorige onderwerp: Ope brief aan die swart man oor apartheid .
Volgende onderwerp: Drie dood gevind op Limpopo-plaas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:28:44 MGT 2024