Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Staat vra dat 2 wat doodskiet lewenslank kry
Staat vra dat 2 wat doodskiet lewenslank kry [boodskap #119626] Sa, 24 April 2010 17:48
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Staat vra dat 2 wat doodskiet lewenslank kry

2010-04-23 21:41
Susan Cilliers

Twee mans wat ’n motoris koelbloedig langs die pad doodgeskiet en hom
van sy bakkie beroof het, moet lewenslank tronk toe gaan omdat hul
dade “barbaars was en geen straf daarvoor kan vergoed nie”.

So het adv. Sifiso Khumalo, vir die staat, gister in die hooggeregshof
in Johannesburg betoog.

Thabiso Moseme (32) het mnr. Johan Griesel op 16 Augustus 2008
doodgeskiet terwyl hy en Jabu Sambo (26) hom op die N12-snelweg van sy
Ford Bantam-bakkie beroof het.

Albei is skuldig bevind aan moord, roof met verswarende omstandighede
en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Hulle word op 7 Mei gevonnis. “Hulle verdien geen genade nie omdat
hulle nie berou oor hul dade het nie. Daar was geen rede hoekom hulle
hom moes vermoor nie,” het Khumalo gister gesê.

Maatskaplike werkers het getuig Moseme en Sambo ontken steeds hulle
het die misdade gepleeg.

Griesel het sy bakkie die aand van sy dood op die N12-snelweg naby
Eldoradopark geparkeer toe hy van Bryanston in Johannesburg na
Potchefstroom onderweg was.

Moseme het Griesel uit die voertuig getrek en in die bolyf geskiet.

Hy en sy makker is toe vort terwyl hulle Griesel langs die pad laat lê
het. Sy lyk is die volgende oggend gevind.

Me. Jessica Payne, ’n maatskaplike werker, het getuig dis vreemd dat
Moseme so ’n ernstige misdaad gepleeg het omdat hy toe geen
misdaadrekord gehad het nie.

Hy is goed opgevoed, het ’n werk gehad en nie gebrek gely nie. Payne
meen dat hy dalk in die toekoms, terwyl hy sy tronkstraf uitdien,
gerehabiliteer kan word.

“Nou toon hy egter geen insig in wat hy gedoen het nie. Elkeen van die
aanklagte waaraan hy skuldig bevind is, wys hy is ’n gevaar vir die
samelewing.

Dis ernstige misdade en die gemeenskap kyk in sulke gevalle op na die
howe om swaar strawwe op te lê.”

Me. Yvonne Ndlovu, die ander maatskaplike werker, het gesê Sambo het
’n kort humeur, is aggressief en dat selfs sy ma tevore ’n klag van
eiendomsbeskadiging teen hom ingedien het.

Albei maatskaplike werkers het direkte tronkstraf vir albei oortreders
aanbeveel.

Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/2vzaze3 )
Vorige onderwerp: Rowers slaan baba erg
Volgende onderwerp: Speel politiek/ras 'n groot rol by plaasaanvalle?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:21:08 MGT 2024