Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ANC het dié boer se dood veroorsaak’
ANC het dié boer se dood veroorsaak’ [boodskap #119390] Sa, 13 Maart 2010 17:07
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
ANC het dié boer se dood veroorsaak’
2010-03-13 10:32

Marietie Louw-Carstens, Beeld.

Agri SA gee ANC-politici die skuld vir nóg ’n plaasmoord in Limpopo
gisteroggend.

Jan Wheeler (65) is in die vroeë oggendure op ’n plaas sowat 10km
buite Marble Hall vermoor waar hy as ’n bestuurder gewerk het. Hy is
met ’n skerp voorwerp gesteek en verskeie kere geskiet.

Die moord kom drie dae nadat Julius Malema, president van die ANC-
jeugliga, tydens ’n studentesaamtrek by die Universiteit van
Johannesburg gesing het: “Skiet die Boere, hulle is verkragters.”

Dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, het gesê: “Die ANC kan
nie vra vir moord op boere en dan omdraai en sê hulle het niks daarmee
te doen nie.”

Volgens hom veroorsaak uitsprake soos Malema s’n plaasmoorde. “Dit het
destyds begin by Peter Mokaba en sy ‘kill the Boer, kill the farmer’.
Dit kan nie so aangaan nie, daar sal ’n duidelike streep in die
samelewing getrek moet word oor dié uitsprake. Die ANC kan nie vra vir
nog plaasmoorde nie.”

Marie Helm, streekbestuurder van TLU SA-Noord, het gesê Malema het met
die sing van die liedjie gewys hy en die ANC het geen respek vir lewe
nie. “Hulle skep daardeur ’n klimaat vir volksmoord en dit is vir
hulle aanvaarbaar.”

Helen Zille, DA-leier, het gesê pres. Jacob Zuma se weiering om
homself van die liedjie “Kill the Boers, they are rapists” te
distansieer, suggereer dat hy sy “goedkeuring gee om mede-Suid-
Afrikaners dood te maak”, berig Sapa.

Wheeler is die vyfde mens wat binne drie weke op plase in Limpopo
vermoor is.

Volgens Paul Jacobson het van die plaaswerkers glo inligting gekry dat
daar ’n aanval op Wheeler, sy oom, gaan wees. Hulle het die eienaar
van die plaas waarop Wheeler gebly het daarvan ingelig.

Die eienaar het die polisie daaroor gebel. Jacobson het gesê die
veiligheidshek by die agterdeur van sy oom se huis is oopgebreek.
Wheeler is in die hoofslaapkamer oorval.

Hy was alleen tuis, want sy vrou, Lorraine, is in die Groblersdal-
hospitaal met ’n gebreekte been.

Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Wheeler is
eers met ’n skerp voorwerp gesteek, waarna hy verskeie kere geskiet
is.
Jacobson het gesê ’n ketel, mikrogolfoond, elektriese braaier,
stoompot en twee DVD-spelers is uit die huis gesteel. Die aanvallers
het in Wheeler se vragmotor gevlug.

Otto het gesê die polisie sal ondersoek instel na die wenk wat glo oor
die aanval deurgegee is.

’n Spesiale span polisielede is volgens haar saamgestel om Wheeler se
moordenaars vas te trek.

Teen druktyd is niemand nog in hegtenis geneem nie

( http://tinyurl.com/yhhmb87 )
Vorige onderwerp: 2 vas vir moord op bejaarde egpaar
Volgende onderwerp: Boer in Limpopo vermoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 14:51:55 MGT 2024