Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 2 vas vir moord op bejaarde egpaar
2 vas vir moord op bejaarde egpaar [boodskap #119383] Ma, 08 Maart 2010 15:25
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2 vas vir moord op bejaarde egpaar

2010-02-25 02:02

Durban - Twee mans is in hegtenis geneem vir die moord op 'n bejaarde
egpaar in Tembisa, het die polisie Woensdag gesê.

Supt. Ronel Otto, 'n polisiewoordvoerder, het gesê een van die mans is
Dinsdag in Masodi en die ander een in Tembisa, in hegtenis geneem.

Die polisie het beslag gelê op 'n vuurwapen wat tydens die moord op
die egpaar gesteel is, 'n selfoon, juwele en klere.

Jozia Francois Booysen (70) en sy vrou, Esme Booysen (54) is verlede
Vrydag in Tinmyne met klippe doodgeslaan.

Hul makkers het in hul voertuig, wat sowat 20 km van die toneel
uitgebrand is, gevind.

'n Gesteelde rewolwer is in die voertuig gevind.

– Sapa

Oorsprong:Nuus24
( http://tinyurl.com/yamowaw )
Vorige onderwerp: Solidariteit Brief
Volgende onderwerp: ANC het dié boer se dood veroorsaak’
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 13:01:04 MGT 2024