Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mbekis is afgedank
Mbekis is afgedank [boodskap #118371] Sa, 20 September 2008 17:44 na volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
Raait, die konserwatiste kan nou weer kop uit steek.
Mbeki is afgedank en ek sou menings wil hoor.

Dit blyk dat die terroris in die nuusgroep ook afgedank is
want toe ek nou na die argiewe kyk, het sy lanklaas gepos.
Sy het dus blykbaar afgetree.

Wat die afdanking van Mbeki aanbetref, is ek versigtig optimisties.
Dit was heelwaarskynlik wraaksugtigheid deur Zuma en kie, en wat
voorlê sal slegs die toekoms kan sê.

Wat dink julle kan ons verwag? Ferdi, jy is meer ingelig btw die
lokale politiek as die meeste van ons hier. Interessant wat die
kleurling professor op die AFR Nuus gesê, het na aanleiding van
Manuel se stelling dat hy nie bedank nie maar aanbly. Dat die kabinet
dit nie besef nie, maar dat elke een van hulle afgedank is omdat Mbeki
hulle aangestel het. Dat die 'caretaker' weer ministers sal moet
aanstel.
Re: Mbekis is afgedank [boodskap #118373 is 'n antwoord op boodskap #118371] So, 21 September 2008 22:25 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> Dit blyk dat die terroris in die nuusgroep ook afgedank is
> want toe ek nou na die argiewe kyk, het sy lanklaas gepos.

So, die kat kom terug, hy kan nie langer wag...

Het dit te klaustrofobies geword daar in julle ou hoekie.
Of het jy en Torreke al klaar met mekaar begin baklei?

Moenie vir jou bekommer oor die ANC nie. Dit gaan
nou maar net deur dieselfde proses van ontbinding
waardeur die Nasionale Party gegaan het in die
afgelope dekade. Beide die Nasionale Party en die
African National Congress was en is liggame wat
vir verandering in die politieke en sosiale strukture
geveg het. Hopelik is daar oor twintig jaar twee
partye in SA wat die liberale en die konserwatiewe
rigtings kan verteenwoordig, en dan kan die pendulum
tussen hulle swaai.

Kanada gaan in Oktober 'n verkiesing hou. Dis eers
twee weke gelede afgekondig, en ons sal die uitslag
weet voor die Amerikaanse verkiesing! Die
konserwatiese minority government van Stephen
Harper hoop dat hulle 'n majority government sal
kan losslaan, maar ek hoop nie so nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Die Wiel Draai... weer!
Volgende onderwerp: Verkiesing 2009
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:33:21 MGT 2024