Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stories van die week: 11 September 2008
Stories van die week: 11 September 2008 [boodskap #118362] Do, 11 September 2008 15:53 na volgende boodskap
Nou....@gmail.com  is tans af-lyn  Nou....@gmail.com
Boodskappe: 116
Geregistreer: Junie 2005
Karma: 0
Senior Lid
Grote griet, maar ek wonder hoekom is die plek so gevrek! Dan sal ek
maar self iets moet skryf.

Behalwe die gewone ou stories soos die van ou tannies wat keelaf gesny
word vir hulle selfone, was hierdie
'n nuuswaardige tydjie. Die groot hadronbotser het begin werk daar by
Cern onder die grond en sover het die
aarde nog nie vergaan nie.

In Durban het 'n argument oor die grootte van geslagsdele gelei tot 'n
klein massamoordjie in 'n kroeg in Phoenix.
Van daardie dele gepraat, een van ons voorste kamerade en vuurvreter,
Malusi Gigaba, is in die Kaap gegryp
en vinnig bos toe gestuur vir die maandlange inisiasie, sommer daar in
Philippi. Na dese sal hy met die groot
manne mag saameet. 'n Ander vooraanstaande, Tony Yengeni is weer
opgemerk in Kampsbaai waar hy sy
sjampanjetjie rustig in die son op die sypaadjie voor 'n sjiek kafee
geniet, blink donkerbril, blink M5 geparkeer
op die geel streep vir gestremdes. Zapiro, die beroemde
spotprenttekenaar, het 'n redelik letterlike vertolking
van "The Rape of Justice" geteken, met die Tripartite se manne wat die
geblinddoekte vrouebeeld van
Geregtigheid platdruk en aanmoedig terwyl Zuma sy broek staan en
losmaak! Die kommentaar van die ANC
se jeug (oor persvryheid, nogal) is daarenteen net so direk - hulle
wil ou Zapiro skiet en korte mette met hom maak!
Noord van ons is die Zimbabwiese verkiesing nog steeds nie klaar nie,
al sit die hele boel saam nou al
in die parlement. Die jongste inflasiesyfer was 11 MILJOEN %. Hoe
langer mens dus wag voor jy jou
volgende bier bestel in die kroeg, hoe duurder is hy.

Verder? Die winterweer het die land gepiets, Natalie du Toit wen hope
goud en wereldrekords by die
paralimpiese spele, die rugbyafrigter baklei al weer met almal (of
almal met hom), en 'n Pierneef
word vir R12m in Londen verkoop,

"“Jy is ’n oneerbare mens en het geen integriteit nie,” het De
Villiers aan die verslaggewer van Die Burger, Beeld se susterkoerant,
gesê."


Hier nog iets uit Die Burger:

Dr. Corné Mulder, provinsiale leier van die VF+, het ’n versoekskrif,
waarin gevra word dat die UK sy “rassistiese” toelatings­beleid
afskaf, aan die registrateur van dié universiteit, mnr. Hugh Amoore,
oorhandig.
Hy het gesê riglyne vir toelating tot die UK in 2009 (vir Nasionale
Senior Sertifikaat-houers) spesifiseer swart studente moet ’n
gemiddelde van 74% behaal, bruin studente 78%, Indiër-studente 88% en
wit studente 91% om medies te studeer.

Amoore het gesê die UK sal die versoekskrif oorweeg. Hy het gesê die
beleid is in ooreenstemming met die Grondwet en die Wet op Hoër
Onderwys. Dié wet bepaal dat ’n universiteit se toelatingsbeleid voor­
siening moet maak vir herstel (van ongelykhede uit die verlede).
Volgens Amoore word die beleid gepubliseer en is die UK daartoe
verbind om diverse klasse te lewer.
----
Re: Stories van die week: 11 September 2008 [boodskap #118363 is 'n antwoord op boodskap #118362] Vr, 12 September 2008 02:55 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Walter die Wonderman skryf

> Grote griet, maar ek wonder hoekom is die plek so gevrek! Dan sal ek
> maar self iets moet skryf.

Baie dankie. Ek het jou opsommings baie geniet.
Doen so voort.

Gloudina
Vorige onderwerp: Ferdi wat het gebeur ?
Volgende onderwerp: Die Wiel Draai... weer!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 11:32:10 MGT 2024