Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Oom Sampie se Afskeidslied " deur GEORGE WEIDEMAN
" Oom Sampie se Afskeidslied " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #118346] |
Fri, 29 August 2008 15:11 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
George Weideman
dies my laaste sleepmiswinter
die voornagwindjie stoot snaardun
die ou blootsvoet se breivoetsole
verlang vanaand ‘n toemaakding
dies my laaste sleepmiswinter
ou bokveldsberg lê dig toegedraai
selfs hantam se uitsoekwaboomkole
kon nog nie my vingers laat katspoor maak
dies my laaste sleepmiswinter
ek voel dit aan my opstaanseer:
as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
is dit rus myn siel jou god is koning
en ek lê my hoof vir oulaas neer.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:52:47 UTC 2025
|