Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » steeds beskeie
steeds beskeie [boodskap #118222] Wo, 30 Julie 2008 14:05 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Ek het vanmiddag mense van Zimbabwe ontmoet.
Ek verneem hulle is biljoeners (en blykbaar praat ons nie van een
biljoen dollar nie, maar biljoene!!! En hulle is sò plat op die aarde.
Dit is lekker om mense met soveel geld te ontmoet en hulle is nie vol
van hulself nie maar steeds beskeie.
Re: steeds beskeie [boodskap #118225 is 'n antwoord op boodskap #118222] Wo, 30 Julie 2008 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
http://www.telegraph.co.uk/opinion/graphics/2008/07/22/ixd22 big.jpg
Re: steeds beskeie [boodskap #118227 is 'n antwoord op boodskap #118222] Wo, 30 Julie 2008 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf
>
>
> Ek het vanmiddag mense van Zimbabwe ontmoet.
> Ek verneem hulle is biljoeners (en blykbaar praat ons nie van een
> biljoen dollar nie, maar biljoene!!! En hulle is sò plat op die aarde.
> Dit is lekker om mense met soveel geld te ontmoet en hulle is nie vol
> van hulself nie maar steeds beskeie.
>
>

Die de Wet gesin uit Zim skryf:

'n Week in Zimbabwe (24 - 27/07/2008)

Nog 'n week in Zimbabwe is verby! Ek weet nie of ek moet bly wees nie, want
weereens was dit 'n week van gesukkel. Ons hele huisgesin is behoorlik siek
van verkoue en oor-, neus- en keelinfeksies.

So gaan ek toe dokter toe teen 'n koste van $300,000,000,000 (drie honderd
biljoen Zimbabwe Dollar) kontant of $600,000,000,000 (ses honderd biljoen
Zimbabwe dollar) per tjek! Sien die tjek bedrag is hoër, want dit neem 4-5
dae vir 'n tjek om te 'clear' wat beteken teen die tyd wat die geld
beskikbaar is, het die wisselkoers ook verdubbel. Om nie eens te praat van
die gesukkel om kontant by die bank te bekom nie!
Maar moet nie "worry" nie sê die ontvangsdame, ek kan ook in US betaal, wat
USD20 sal wees!

Hier is die som om hierdie geweldige bedrae in perspektief te plaas.

ZWD Dollar Kontant (bn) ZAR:ZWD parallel koers 300,000,000,0008,000,000,000
= R375
ZWD Dollar Tjek (bn) ZAR:ZWD parallel 'rate' 600,000,000,0008,000,000,000 =
R750

Gelukkig vir my het ek USD kontant en kon die dokter betaal vir haar flinke
diens om my reeds wete van griep te herdiagnoseer. . . !!!

Nou was dit die volgende stap in my proses om beter te word, naamlik soek 'n
apteek vir die medisyne. Die goedkoopste was 5,400,000,000,000 (ja jy is
korrek, dit is 5,4 triljoen Zimbabwe Dollars) - Ek dink nogal in Afrikaans
is dit miljarde! Die Rand waarde vir hierdie ongelooflike bedrag beloop
R675! Weereens was dit beter om met die apteker te onderhandel vir 'n goeie
"exchange rate" sodat ek hom in USD kontant kan betaal, wat toe ook so US54
beloop het.

Dit was 'n besonderse laaste 4 weke, met betrekking tot krag, ons het geen
kragonderbrekings gehad nie. Dieselfde kan nie van water gesê word nie - ek
kan nie onthou wanneer laas ons munisipale water gehad het nie! Daarom moet
jy of 'n tenk (5000l-10000l) hê of 'n boorgat wat met 'n hoëdruk tenk aan
die huis gekoppel is.

'n Vriend van ons - gewese boer - het twee vragmotors met 2 x 5000l tanks op
waarmee hy water aflewer vir die waterloses in Harare! Daar is ongeveer 6
van hierdie "ondernemings" in bedryf hier in Harare. "Die een se dood is
die ander se brood".

Dit was weer 'n gesukkel van behoorlike proporsies om basiese
gebruiksartikles te bekom. Mense staan selfs vanaf 03:00 in 'n tou om 2kg
suiker te bekom.

Sommige pryse:

Tandepasta R97
1 x 10g suurdeeg R19
Brood R18
1litre Coke (nog die glas bottels) R18.66 (as jy kan kry. . . )
'Tray' eiers (30) R100
Toiletpapier (8 rolle) R110
Kooksjokolade 100g R46

Jy mag dalk nou wonder wat op dees aarde maak ons nog hier. . . ?!?!? Ons
byt vas vir beter dae, wat ons weet gaan kom, die vraag is egter wanneer. .
. ? Ons is nou al 6 jaar in Zimbabwe en ek het nou al 4 jaar my eie
onderneming in 'Information Communication Technology' (ICT). Die besigheid
het baie goed gedoen en dra homself nog steeds, maar dit gaan rof om nuwe
besigheid te kry. Die doelwit is om onder hierdie "hyperinflation"
omstandighede die besigheid aan die gang te hou, sodat ons reg is wanneer
veranderinge kom. Daar is geweldig baie geleenthede in Zimbabwe.

Met die paralelle wisselkoers so hoog soos hierbo - 3 dae na die
apteek-sessie het ek hierdie gedeelte getik, toe is die ZWD:ZAR wisselkoers
reeds 18,000,000,000 (18 biljoen). Dit alles beteken pryse in die winkels
styg in baie gevalle daagliks! As gesin, onderhou ons 'n bejaarde dame in
'n aftree-oord. Moet egter nie 'n fout maak deur te dink dié aftree-oord
lyk soos in Suid-Afrika nie - onder geen omstandighede! Ek en my vrou het
reeds 'n 5000l watertenk geborg vir addisionele water tesame met die boorgat
wat daar is. Baie kere is daar geen krag nie, en die diesel vir die
kragopwekker is ook klaar, dan kan die water nie gepomp word nie.

Soms het hul vir weke geen suiker, mieliemeel, vleis, melk, sout, brood en
margarien nie. Die enigste manier hoe die meeste instansies tans oorleef is
deur middel van donasies, wat al hoe skaarser raak.

Hul etes en drinkgoed word baie keer op die oop vuur buite voorberei. Gas is
baie moeilik bekombaar en baie keer onbekostigbaar. Dan kan die krag ook
nog af wees vir dae aaneen. Vir baie van die mense is daar geen heenkome
nie. Hul kinders het die land verlaat en ook van hulle vergeet! As dit nie
vir gesinne is wat van die oumense aanneem nie, sien hul geen niemand vir
jare nie. Hul sit basies en wag vir die dood!

Die bejaardes kry werklik baie, baie swaar! Met inflasie van meer as
2,500,000% (2,5 miljoen persent) het die bejaardes se pension so geval, dat
dit nie eens die moeite werd is om dit in die bank te gaan trek nie!

Die Here is egter so goed vir ons dat gemeentes en instansies in Suid-Afrika
vir ons 'n 1000kg pallet vol kruideniersware deur ons kerk hier in Harare
stuur. Die kruideniersware word dan in kospakkies opgemaak en ons deel dit
uit aan die bejaardes en ouetehuise.

Vrydag ry ek vanaf 'n verskaffer met een van my werkers om 16:30 terug na my
kantoor in die buitewyke van Harare se middestad. Ons sien uit na 'n
rustige naweek, toe die polisie my aftrek en my daarvan beskuldig dat ek oor
'n oranje verkeerslig gery het. Nou moet ek eers verduidelik dat dit
deesdae hulle taktiek is. Hulle staan so 100 -150m van 'n besige
interseksie af en stop voertuie teen hulle eie wil. Natuurlik moes ek my
bestuurslisense wys, wat die geëerde polisiebeampte nou in sy hande het!
Nadat ons vir 'n wyle met mekaar gestry het en hy nie van my hou omdat ek sê
hy moet oogarts toe gaan nie, besluit ek maar vir die hoeveelste maal om die
drie manne maar te "sponsor" vir die naweek. Ja, ek moet erken ek het die
drie "wetstoepassers" elk $200,000,000,000 (200 biljoen doller) oftewel R14
betaal om nie die naweek in die tronk te spandeer nie! Want sien, in
Zimbabwe - veral met die huidige omstandighede - kan die "wetstoepassers"
die lewe nogal warm maak vir 'n mens, veral op 'n Vrydagmiddag wanneer die
howe toe is tot Maandag!

Hoekom is ons nog hier vra jy. . .? Ons en ons vriende van die buiteland
vra onsself die vraag gereeld! Die antwoord is nie eenvoudig nie - en tog
sou ek sê dit behoort eenvoudig te wees né - aangesien ons 'n lewe hier
begin maak het, met vriende, kinders in die skole en 'n besigheid.

Nee, ons byt vas en glo dat God vir ons die verlossing sal bring, dat die
Here sal voorsien soos Hy al die laaste 8 jaar van al die probleme hier
voorsien het! Die Here het ons gebede verhoor en ons het nog steeeds 'n
predikant hier. Die Here voorsien in soveel dade, vanuit oral in die
wêreld, maar veral SuidAfrika. Hoe kan ons net oppak en weghardloop? Die
Here wil ons hier gebruik in verskeie oorde en maniere! Al raak ons soms so
moeg vir die gesukkel om basiese komoditeite te bekom, sonder water en/of
krag te wees, voorsien die Here elke keer. Hy skyn weer Sy lig en ons kan
aangaan!

Ons kan nog baie skryf en foto's stuur van hoe dinge hier lyk - ook die
mooi! Vir eers groet ons vanuit 'n heerlike dag wat die weer aanbetref - so
18º.

Groete uit Harare

Elize en Rudolph De Wet

Oor die De Wet gesin:

'n Brief uit Harare, Zimbabwe geskryf deur Elize en Rudolph De Wet. Die De
Wet gesin is reeds vanaf April 2002 in Zimbabwe. Rudolph was die 'Chief
Information Officer' vir die 'British American Tobacco' Groep, maar het in
2004 sy eie besigheid in 'Information Communication Technology' (ICT) begin
tot hede. Elize is voltyds besig met die kinders en huishouding - veral
aangesien hier nie 'n Pick 'n Pay is wat 99% van die goed wat jy benodig nie
het nie. Elize en Rudolph het 3 wonderlike kinders. 'n 8-jarige seun en 'n
tweeling (seun en dogter) van 4 jaar.

( o ) ( o ) ( o ) ( o ) ( o )
Re: steeds beskeie [boodskap #118229 is 'n antwoord op boodskap #118227] Wo, 30 Julie 2008 15:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Jul 2008 16:46:57 +0200, "Torreke" wrote:

>
> Die de Wet gesin uit Zim skryf:
>
> 'n Week in Zimbabwe (24 - 27/07/2008)
>
> Nog 'n week in Zimbabwe is verby! Ek weet nie of ek moet bly wees nie, want
> weereens was dit 'n week van gesukkel. Ons hele huisgesin is behoorlik siek
> van verkoue en oor-, neus- en keelinfeksies.
>
> So gaan ek toe dokter toe teen 'n koste van $300,000,000,000 (drie honderd
> biljoen Zimbabwe Dollar) kontant of $600,000,000,000 (ses honderd biljoen
> Zimbabwe dollar) per tjek! Sien die tjek bedrag is hoër, want dit neem 4-5
> dae vir 'n tjek om te 'clear' wat beteken teen die tyd wat die geld
> beskikbaar is, het die wisselkoers ook verdubbel. Om nie eens te praat van
> die gesukkel om kontant by die bank te bekom nie!
> Maar moet nie "worry" nie sê die ontvangsdame, ek kan ook in US betaal, wat
> USD20 sal wees!

Ek het dit vir my vrou, wat by haar rekenaar is, gelees. En toe ek
lees waarom die tjekbedrag dubbels is, het ek uitgebars van die
lag:-)))
Re: steeds beskeie [boodskap #118230 is 'n antwoord op boodskap #118229] Wo, 30 Julie 2008 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Jul 2008 17:08:25 +0200, Dave wrote:

> On Wed, 30 Jul 2008 16:46:57 +0200, "Torreke"
> wrote:
>
>

>> Die de Wet gesin uit Zim skryf:

>> 'n Week in Zimbabwe (24 - 27/07/2008)

>> Nog 'n week in Zimbabwe is verby! Ek weet nie of ek moet bly wees nie, want
>> weereens was dit 'n week van gesukkel. Ons hele huisgesin is behoorlik siek
>> van verkoue en oor-, neus- en keelinfeksies.

>> So gaan ek toe dokter toe teen 'n koste van $300,000,000,000 (drie honderd
>> biljoen Zimbabwe Dollar) kontant of $600,000,000,000 (ses honderd biljoen
>> Zimbabwe dollar) per tjek! Sien die tjek bedrag is hoër, want dit neem 4-5
>> dae vir 'n tjek om te 'clear' wat beteken teen die tyd wat die geld
>> beskikbaar is, het die wisselkoers ook verdubbel. Om nie eens te praat van
>> die gesukkel om kontant by die bank te bekom nie!
>> Maar moet nie "worry" nie sê die ontvangsdame, ek kan ook in US betaal, wat
>> USD20 sal wees!
>

Ek onthou 'n storie wat vertel is in my kinderdae, van 'n Duitser wat
in die depressiejare sy salaris met 'n kruiwa gaan haal het. Hy het
die kruiwa geparkeer voor 'n kafee, 'n handvol note uit die kruiwa
gehaal en in gegaan om 'n brood te gaan koop. Toe hy uit die kafee
stap het hy gekry dat iemand die geld getiep het en die kruiwa gesteel
het.
Re: steeds beskeie [boodskap #118231 is 'n antwoord op boodskap #118230] Wo, 30 Julie 2008 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote

> Ek onthou 'n storie wat vertel is in my kinderdae, van 'n Duitser wat
> in die depressiejare sy salaris met 'n kruiwa gaan haal het. Hy het
> die kruiwa geparkeer voor 'n kafee, 'n handvol note uit die kruiwa
> gehaal en in gegaan om 'n brood te gaan koop. Toe hy uit die kafee
> stap het hy gekry dat iemand die geld getiep het en die kruiwa gesteel
> het.
>

Ons het iemand in my kinderdae geken wat as een van die Duitse wesies na die
oorlog na SA gekom het. Hy't eendag vir ons vertel hoe hulle paddas geëet
het om aan die lewe te bly en bygevoeg dat 'n gebraaide paddaboutjie heel
lekker is.

Ek kan nie onthou of dit dieselfde ou of 'n ander Duitser was wat vertel het
hoe hy al sy geld uit die bank onttrek het toe dit nog goed gegaan het en
weggesteek het. Teen die einde het hy, soos die ou in jou verhaal, met
derduisende note gesit waarmee hy skaars 'n brood kon koop.
Re: steeds beskeie [boodskap #118233 is 'n antwoord op boodskap #118231] Wo, 30 Julie 2008 16:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Jul 2008 18:01:33 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave" < wrote
>
>> Ek onthou 'n storie wat vertel is in my kinderdae, van 'n Duitser wat
>> in die depressiejare sy salaris met 'n kruiwa gaan haal het. Hy het
>> die kruiwa geparkeer voor 'n kafee, 'n handvol note uit die kruiwa
>> gehaal en in gegaan om 'n brood te gaan koop. Toe hy uit die kafee
>> stap het hy gekry dat iemand die geld getiep het en die kruiwa gesteel
>> het.

>
> Ons het iemand in my kinderdae geken wat as een van die Duitse wesies na die
> oorlog na SA gekom het. Hy't eendag vir ons vertel hoe hulle paddas geëet
> het om aan die lewe te bly en bygevoeg dat 'n gebraaide paddaboutjie heel
> lekker is.
>
> Ek kan nie onthou of dit dieselfde ou of 'n ander Duitser was wat vertel het
> hoe hy al sy geld uit die bank onttrek het toe dit nog goed gegaan het en
> weggesteek het. Teen die einde het hy, soos die ou in jou verhaal, met
> derduisende note gesit waarmee hy skaars 'n brood kon koop.

Mense hoef nie arm te wees om paddaboutjies te eet nie;
vir sommige rykes is dìt 'n dis...!!..:-)))

My ma het vertel dat, toe sy 'n kind was, kinders sprinkane in
miershope gaar gemaak het en geeet het. (hoe skryf mens ge-eet?)
Hier vra ek die vraag nou hardop en kry 'n spelles van my vrou af:-)))
Spelles? Spel les Spel-les ogh shit. Dit was net twee wyne voor
anndete:-)
Ek dink sy het gesê dat sy dit nooit geeet het nie. Sal haar tog vra
wanneer ons weer gesels:-)
Re: steeds beskeie [boodskap #118234 is 'n antwoord op boodskap #118233] Wo, 30 Julie 2008 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" <

> My ma het vertel dat, toe sy 'n kind was, kinders sprinkane in
> miershope gaar gemaak het en geeet het. (hoe skryf mens ge-eet?)
> Hier vra ek die vraag nou hardop en kry 'n spelles van my vrou af:-)))
> Spelles? Spel les Spel-les ogh shit. Dit was net twee wyne voor
> anndete:-)
> Ek dink sy het gesê dat sy dit nooit geeet het nie. Sal haar tog vra
> wanneer ons weer gesels:-)

Ek het ook 2 glasies voor aandete gehad, en 'n halwe een saam met aandete -
mens spel dit "geëet".

Het gister 'n baie lekker rooietjie op die rak raakgeloop, Stormhoek
Pinotage 2006. Volgens die etiket het dit die toekenning vir beste Pinotage
in 2006 verwerf ; maak daarop aanspraak dat dit "seriously good wine" is.
Kan dit aanbeveel. Kyk by Checkers. Whitey Basson het gesorg dat die
Checkers-winkels ordentlike wyn op die rakke het - wil glo die swartes leer
wyn drink omdat hulle in die toekoms die altyd groter wordende koopkrag gaan
wees.
Re: steeds beskeie [boodskap #118235 is 'n antwoord op boodskap #118234] Wo, 30 Julie 2008 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Jul 2008 19:37:29 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave"
>> My ma het vertel dat, toe sy 'n kind was, kinders sprinkane in
>> miershope gaar gemaak het en geeet het. (hoe skryf mens ge-eet?)
>> Hier vra ek die vraag nou hardop en kry 'n spelles van my vrou af:-)))
>> Spelles? Spel les Spel-les ogh shit. Dit was net twee wyne voor
>> anndete:-)
>> Ek dink sy het gesê dat sy dit nooit geeet het nie. Sal haar tog vra
>> wanneer ons weer gesels:-)
>
> Ek het ook 2 glasies voor aandete gehad, en 'n halwe een saam met aandete -
> mens spel dit "geëet".
>
Onmoontlik Torreke. Jy het nie 2 glasies geëet nie maar gedrink":-0

> Het gister 'n baie lekker rooietjie op die rak raakgeloop, Stormhoek
> Pinotage 2006. Volgens die etiket het dit die toekenning vir beste Pinotage
> in 2006 verwerf ; maak daarop aanspraak dat dit "seriously good wine" is.
> Kan dit aanbeveel. Kyk by Checkers. Whitey Basson het gesorg dat die
> Checkers-winkels ordentlike wyn op die rakke het - wil glo die swartes leer
> wyn drink omdat hulle in die toekoms die altyd groter wordende koopkrag gaan
> wees.

Yep, jy's reg. HAT sê geëet. En, ek gaan Stormhoek eët. Maar ek's
ligtig daarvoor. Ek is 'n migrain lyer, en migrain word by
verskillende mense deur verskillende aanstekers ontsteek, en ek het al
die idee gekry dat ek vir rooiwyn moet oppas. Dìt het van my 'n witwyn
drinker gemaak.

Johannesberger se rooiwyn is heerlik, maar soet.
Ferdi, as jy 'n wyn drink, wat koop jy?
Re: steeds beskeie [boodskap #118239 is 'n antwoord op boodskap #118235] Do, 31 Julie 2008 05:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" Ek is 'n migrain lyer, en migrain word by[/color]
> verskillende mense deur verskillende aanstekers ontsteek, en ek het al
> die idee gekry dat ek vir rooiwyn moet oppas. Dìt het van my 'n witwyn
> drinker gemaak.
>

Goedkoop rooiwyn waarborg hoofpyn!! ☺

(Daarmee suggereer ek natuurlik nie dat jy goedkoop rooiwyn drink nie. ☺)
Re: steeds beskeie [boodskap #118240 is 'n antwoord op boodskap #118239] Do, 31 Julie 2008 06:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 31 Jul 2008 07:36:59 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave"
>> Ek is 'n migrain lyer, en migrain word by
>> verskillende mense deur verskillende aanstekers ontsteek, en ek het al
>> die idee gekry dat ek vir rooiwyn moet oppas. Dìt het van my 'n witwyn
>> drinker gemaak.

>
> Goedkoop rooiwyn waarborg hoofpyn!! ?
>
> (Daarmee suggereer ek natuurlik nie dat jy goedkoop rooiwyn drink nie. ?)

Moet asb ook nie op die veronderstelling uitgaan dat ek duur rooiwyn
drink nie:-) Ek drink baie selde rooiwyn.
En wat witwyn aanbetref is my smaak werklik nie eksoties nie.
Rooiberg, Johannesberger of 'n ander lekker Laat Oes, en ek is in my
noppies. My smaak is realisties, somtyds kommin, en ek koop nie naam
nie maar waarvan ek hou EN... wat ek kan bekostig:-)))

Wat bier aanbetref drink ek Black Label. Weer 'n plat op die aarde
smaak, en as ek van die strand af kom en dors is, gaan 'n beker Black
Label, darem maar lekker af.

Ek drink so selde iets sterker, dat ek eerlik eerlik waar nie kan
onthou wanneer laas ek sterker drank gedrink het as bier nie.
Ek woon in Durban vanaf 2004 en dit is defnitief langer terug.
In hierdie warm weer gaan 'n bier lekker af, en ek drink hom
nie uit 'n blik nie. Ek is seker ek proe die metaal.
Miskien is dit 'n verskoning om quarts te koop:-)
Re: steeds beskeie [boodskap #118242 is 'n antwoord op boodskap #118240] Do, 31 Julie 2008 07:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf

> Moet asb ook nie op die veronderstelling uitgaan dat ek duur rooiwyn
> drink nie:-) Ek drink baie selde rooiwyn.

As jy drink, moenie goedkoop rooiwyn koop nie, behalwe as jy weet wat jy
koop. Checkers het byvoorbeeld "Odd Bin" wyn - goeie wyn teen 'n lae prys
op voorwaarde dat die wynmaker se naam nie genoem word nie. Draai die
bottel om en kyk op die agterste etiket; iewers sal daar 'n nommer wees wat
met "A" begin, bv "A110". Dis die wynmaker se nommer; as jy die wynmaker se
nommer ken, weet jy wie daardie wyn gemaak het.

> En wat witwyn aanbetref is my smaak werklik nie eksoties nie.
> Rooiberg, Johannesberger of 'n ander lekker Laat Oes, en ek is in my
> noppies. My smaak is realisties, somtyds kommin, en ek koop nie naam
> nie maar waarvan ek hou EN... wat ek kan bekostig:-)))

Dit is die beste reël wanneer mens wyn drink - seker enigiets eet of drink!
Jy gebruik dit waarvan jy persoonlik hou en nie wat ander mense sê jy moet
van hou nie. Tog sou jy wel agterkom as jy 'n bottel rooiwyn van tussen R40
en R60 met een vergelyk van tussen R20 en R40 dat eersgenoemde baie
lekkerder op die tong is. Terloops, Pinotage is die rooiwyn wat die
maklikste op die tong val vir mense wat gewoonlik wit wyn drink.
>
> Wat bier aanbetref drink ek Black Label. Weer 'n plat op die aarde
> smaak, en as ek van die strand af kom en dors is, gaan 'n beker Black
> Label, darem maar lekker af.

Ek is 'n Castle man.

>
> Ek drink so selde iets sterker, dat ek eerlik eerlik waar nie kan
> onthou wanneer laas ek sterker drank gedrink het as bier nie.
> Ek woon in Durban vanaf 2004 en dit is defnitief langer terug.
> In hierdie warm weer gaan 'n bier lekker af, en ek drink hom
> nie uit 'n blik nie. Ek is seker ek proe die metaal.
> Miskien is dit 'n verskoning om quarts te koop:-)
>

Selfde hier. Ek hou 'n bottel Klipdrift en Johny Walker Rooi etiket in die
kas vir wanneer skoonpa kom kuier. Hy drink so nou en dan enetjie en dan
sal ek vir geselligheid enetjie saam drink. Maar skoonpa kom selde hier,
want hy boer met beeste in die Kalahari en los nie graag sy plaas alleen
nie. So die bottels vat baie laaaaank om leeg te kom.
Re: steeds beskeie [boodskap #118246 is 'n antwoord op boodskap #118242] Do, 31 Julie 2008 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 31 Jul 2008 09:57:26 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave" skryf
>
>> Moet asb ook nie op die veronderstelling uitgaan dat ek duur rooiwyn
>> drink nie:-) Ek drink baie selde rooiwyn.
>
> As jy drink, moenie goedkoop rooiwyn koop nie, behalwe as jy weet wat jy
> koop. Checkers het byvoorbeeld "Odd Bin" wyn - goeie wyn teen 'n lae prys
> op voorwaarde dat die wynmaker se naam nie genoem word nie. Draai die
> bottel om en kyk op die agterste etiket; iewers sal daar 'n nommer wees wat
> met "A" begin, bv "A110". Dis die wynmaker se nommer; as jy die wynmaker se
> nommer ken, weet jy wie daardie wyn gemaak het.
>

Dankie. Hierdie is 'n interessante wenk wat ek glo die res van die
gang net soos ek waardeer.

>> En wat witwyn aanbetref is my smaak werklik nie eksoties nie.
>> Rooiberg, Johannesberger of 'n ander lekker Laat Oes, en ek is in my
>> noppies. My smaak is realisties, somtyds kommin, en ek koop nie naam
>> nie maar waarvan ek hou EN... wat ek kan bekostig:-)))
>
> Dit is die beste reël wanneer mens wyn drink - seker enigiets eet of drink!
> Jy gebruik dit waarvan jy persoonlik hou en nie wat ander mense sê jy moet
> van hou nie. Tog sou jy wel agterkom as jy 'n bottel rooiwyn van tussen R40
> en R60 met een vergelyk van tussen R20 en R40 dat eersgenoemde baie
> lekkerder op die tong is. Terloops, Pinotage is die rooiwyn wat die
> maklikste op die tong val vir mense wat gewoonlik wit wyn drink.


O ja, ek ken Pinotage en lief die smaak daarvan.
My vrou is 'n kompleet afskaffer, maar het al by meer as een
geleentheid 'n kelkie Pinotage saam gedrink en die smaak
gekomplimenteer.

>> Wat bier aanbetref drink ek Black Label. Weer 'n plat op die aarde
>> smaak, en as ek van die strand af kom en dors is, gaan 'n beker Black
>> Label, darem maar lekker af.
>
> Ek is 'n Castle man.
>

>> Ek drink so selde iets sterker, dat ek eerlik eerlik waar nie kan
>> onthou wanneer laas ek sterker drank gedrink het as bier nie.
>> Ek woon in Durban vanaf 2004 en dit is defnitief langer terug.
>> In hierdie warm weer gaan 'n bier lekker af, en ek drink hom
>> nie uit 'n blik nie. Ek is seker ek proe die metaal.
>> Miskien is dit 'n verskoning om quarts te koop:-)

>
> Selfde hier. Ek hou 'n bottel Klipdrift en Johny Walker Rooi etiket in die
> kas vir wanneer skoonpa kom kuier. Hy drink so nou en dan enetjie en dan
> sal ek vir geselligheid enetjie saam drink. Maar skoonpa kom selde hier,
> want hy boer met beeste in die Kalahari en los nie graag sy plaas alleen
> nie. So die bottels vat baie laaaaank om leeg te kom.

Eendag lank lank terug, skink ek vir my stiefpa 'n Bell's Whiskey.
Terwyl ek besig is om dit te skink, sê hy:

"Jy weet natuurlik dat Bell's Whiskey koop jy net een maal, né?"

"Hoekom?"

"Omdat jy die bottel hou en wanneer dit leeg is, volmaak met Passport.
Wanneer jy vir jou gaste skink sorg jy dat hulle die etiket sien, en
jy sal gekomplimenteer word met jou smaak:-)"

NS
Weet nie of dit steeds bestaan nie maar daardie jare was daar 'n
werklik goedkoop whiskey op die rakke met die naam Passport.
Terloops, daardie jare het ek 'n brandewyn geniet, en my keuse was
Richelieu. As ek nou weer brandewyn sou drink, sal dit my keuse bly.
Richelieu met water en ys.

Het jy geweet hoeveel Du Plessis en Richelieu in gemeen het?

http://en.wikipedia.org/wiki/Cardinal_Richelieu

http://www.encyclopedia.com/doc/1E1-RichelAJP.html
Re: steeds beskeie [boodskap #118262 is 'n antwoord op boodskap #118246] Do, 31 Julie 2008 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spider Pig  is tans af-lyn  Spider Pig
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 2008
Karma: 0
Junior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:piv294d73152b6vnramlo51cfqp2msv7fl@4ax.com...
> On Thu, 31 Jul 2008 09:57:26 +0200, "Torreke"
> wrote:
>

>> Ek is 'n Castle man.

>

Hoor hoor, Black Label het 'n effense soet smaak wat my heeltemal afsit.

Ek boikot wyn omdat die wynbedryf my walg. Ek het geen probleem met wyn
drink per se nie, maar die hele wyn "kultuur" is vir my belaglik. Dit is
niks beter as die Rasta's nie wat hulle dwelmmiddel van voorkeur ook altyd
probeer ophemel (maar hulle kry baie minder publisiteit).
Re: steeds beskeie [boodskap #118265 is 'n antwoord op boodskap #118262] Do, 31 Julie 2008 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Duif[1]  is tans af-lyn  Duif[1]
Boodskappe: 20
Geregistreer: Julie 2008
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 31 Jul 2008 15:48:37 +0200, "E\(u\)we\(l\)knie"
wrote:

>
> "Dave" wrote in message
> news:piv294d73152b6vnramlo51cfqp2msv7fl@4ax.com...
>> On Thu, 31 Jul 2008 09:57:26 +0200, "Torreke"
>> wrote:

>
>
>>> Ek is 'n Castle man.
>
>>
>
> Hoor hoor, Black Label het 'n effense soet smaak wat my heeltemal afsit.
>
> Ek boikot wyn omdat die wynbedryf my walg. Ek het geen probleem met wyn
> drink per se nie, maar die hele wyn "kultuur" is vir my belaglik. Dit is
> niks beter as die Rasta's nie wat hulle dwelmmiddel van voorkeur ook altyd
> probeer ophemel (maar hulle kry baie minder publisiteit).
>

Ek was vroeër 'n Leeu drinker. Lion is ook effe soet, en Lion was vir
'n lang tyd uit die land. Miskien is dit (en Top deck:-) die rede vir
my smaak:-)

In Windhoek het ek baie naby die Windhoek brouery gewoon
maar Hansa gedrink. Hansa is steeds lekker.
Re: steeds beskeie [boodskap #118277 is 'n antwoord op boodskap #118233] Vr, 01 Augustus 2008 07:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Jul 2008 18:29:27 +0200, Dave wrote:

> Hier vra ek die vraag nou hardop en kry 'n spelles van my vrou af:-)))
> Spelles? Spel les Spel-les ogh shit. Dit was net twee wyne voor
> anndete:-)
> Ek dink sy het gesê dat sy dit nooit geeet het nie. Sal haar tog vra
> wanneer ons weer gesels:-)

Waar ek werk was daar so drie jaar terug 'n gier van vernuwing onder
mense met meer ambisie en ego as verstand en daar is besluit om af te
sien van koppel-tekens.
Toe sit ek Saterdagoggend by die huis en lees die koerant en lees in
'n berig van 'n "pornoster" . Dit het my vir goed 20 minute totally
gewhack. Waddefok is 'n pornoster? Iets soos 'n REnoster, dalk?

Toe dawn dit later op my, daar word bedoel 'n "porno-ster".
Re: steeds beskeie [boodskap #118278 is 'n antwoord op boodskap #118277] Vr, 01 Augustus 2008 08:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" Waar ek werk was daar so drie jaar terug 'n gier van vernuwing onder[/color]
> mense met meer ambisie en ego as verstand en daar is besluit om af te
> sien van koppel-tekens.
> Toe sit ek Saterdagoggend by die huis en lees die koerant en lees in
> 'n berig van 'n "pornoster" . Dit het my vir goed 20 minute totally
> gewhack. Waddefok is 'n pornoster? Iets soos 'n REnoster, dalk?
>
> Toe dawn dit later op my, daar word bedoel 'n "porno-ster".
>

Laat my dink aan die afgryselike wyse waarop sommige van ons medeburgers die
woord "determine" as "dieter-" (soos in die Engels vir "afskrik") "maain"
(soos in die Engels vir "myn") uitspreek. Die eerste keer wat ek dit tydens
loononderhandelings uit die mond van 'n vakbondverteenw gehoor het, was ek
verlore. Dit het seker 10-min of langer gevat wat ek gesukkel het om te
probeer verstaan wat hy probeer sê voordat dit tot my deurgedring het water
"dietermaain" beteken.

Iets anders wat my moederloos maak met die geskrewe en gesproke media is die
verkeerde gebruik van die woord "aflas" (sinoniem vir "kanselleer") waar die
verlede deelwoord gebruik word asof dit die werkwoordstam is en dan
hoor/lees mens die taalkundige gedrog "af te gelas" in plaas van "af te
las".

Ek aanvaar dat jy kennis geneem het daarvan dat ons besig is om na 'n ander
sitkamer te trek.
Re: steeds beskeie [boodskap #118285 is 'n antwoord op boodskap #118278] Vr, 01 Augustus 2008 17:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf:

> Laat my dink aan die afgryselike wyse waarop sommige van ons medeburgers die
> woord "determine" as "dieter-" (soos in die Engels vir "afskrik") "maain"
> (soos in die Engels vir "myn") uitspreek.

Giegiegie...hierdie stelling van jou herinner my nou aan my eie blapse
hier in Amerika o.a. Fonetiese uitsprake en dialekte kan soms (meestal
eintlik) tot groot ongemaklike vermaak lei. Mens spreek gewoonlik
woorde uit met die fonetika van jou moedertaal, nie waar nie?
Jou dietermaain laat my ook dink aan Mobile in Alabama wat ek eers as
"Mobaail" uitgespreek het, en vinnig reggestel was deur die locals -
Mobiel. Ja nee..;)

So ietwat van die onderwerp af, maar iets wat ek altyd oor giggel.
Amerikaanse vriende van ons gaan by ons Trônsvôlse familie tuis.
Nadat hulle gou "baie dankie" geleer het, probeer hulle toe dit
makliker onthou en kom toe agter dat "baie dankie" (bôie dônkie) direk
vertaal kan word as "plenty ass", nadat hulle fluks hulle fonetiese
woordeboek geraadpleeg het.
As sulks het hulle gereeld heel bedagsaam hulle gashere bedank met 'n
thankyou gevolg deur 'n troste "plenty ass" - when in Rome blah blah,
nè?
Hulle reken seker as die locals daar na mekaar kan verwys as 'n
ding-dong/idiot, of dalk behep is met boude, is dit seker maar hoe die
kultuur daar werk, en hulle moet maar aanpas...:)

Om nie te praat van die skok wat mens ervaar as jy hoor hoe die locals
Amerikaanse plekname soos Arkansas,Nevada of Versailles Missouri,
Buena Vista of Salida of Del Norte, Albuquerque, om net so paar te
noem, uitspreek. Elke staat het ook gewoonlik ook'n Des Moines, en
raai hoe dit uitgespreek word hier in Georgia? :)

Enniewy - uitsprake is en bly interessant en baie insiggewend. :)
Re: steeds beskeie [boodskap #118286 is 'n antwoord op boodskap #118285] Vr, 01 Augustus 2008 18:54 Na vorige boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Aug, 19:30, Katryn wrote:
> "Torreke" skryf:
>
>> Laat my dink aan die afgryselike wyse waarop sommige van ons medeburgers die
>> woord "determine"  as "dieter-" (soos in die Engels vir "afskrik") "maain"
>> (soos in die Engels vir "myn") uitspreek.

Baie interessant.
Die Britte spreek weer daai mobile uit as "mobaail" net soos wat jy
gewoond was en gebruik dit ook om te verwys na wat die SA'ners 'n cell
phone noem en die Duitsers 'n "handy" noem.
Engelse vriende van my het gou agtergekom die maklikste om "baie
dankie" te onthou is om eenvoudig vir iemand te sê: "Buy a donkey"...
klink so lekker vaalpens aksent ;-)
Vorige onderwerp: Mozambique rekenkunde
Volgende onderwerp: Die toekomstige Amerikaanse vise-presidente
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:04:09 MGT 2024