Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die toekomstige Amerikaanse vise-presidente
Die toekomstige Amerikaanse vise-presidente [boodskap #118287] Sa, 02 Augustus 2008 01:06
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die Amerikaanse verkiesingveldtogte word nou interessant. Vir 'n
rukkie
daar, toe Hilary en Obama so in mekaar se hare was, het ek
belangstelling
verloor. Maar nou is dit net omtrent 'n bietjie meer as drie maande
voor die
verkiesing, en dinge begin kook.
Een van die dinge waarop almal wag, is die benoeming van
die
respektiewe vise-presidente. Ek dink nie Hilary verwag om gekies te
word
deur Obama nie. ( Ek sou haar graag in sy kabinet wou sien.) Ek dink
egter
Obama behoort 'n vrou te kies. Daar is 'n hele paar sterk kandidate en
al die
vroue wat so vir Hilary gewerk het, sal beter voel as daar ten minste
'n vrou
as vise-president verkies word.
Wie McCain gaan kies, sal hoogs interessant wees. Op 'n
stadium
het ek gewonder of hy Condoleeza Rice moes kies. Dan kon hy ten minste
twee voëls met een skoot in die hande kry - 'n vrou en daarby nog 'n
swart
vrou. Maar ek dink Rice se assosiasie met Bush maak nie van haar 'n
goeie
keuse nie.
Wonder ook watter kandidaat vir president meeste mense in
SA
sou verkies. Wonder of dit op hierdie stadium saakmaak. Gedurende die
apartheidsera was dit belangrik vir die apartheidsvaders dat hulle
iemand
soos Reagan in die Withuis gehad het, wat geweier het om daadwerklik
teen die regime in SA te werk, en dus so die apartheidsdiktatorskap
in stand gehou het.

Gloudina
Vorige onderwerp: steeds beskeie
Volgende onderwerp: Uitverkoping
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 14:45:01 MGT 2024