Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Klug van Grondhervorming
Die Klug van Grondhervorming [boodskap #118180] Ma, 28 Julie 2008 19:26 na volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Die Klug van Grondhervorming

Geskryf deur Ludolf du Toit

Kom ons vergeet die window dressing, toneelspelery, opgesmuktheid,
politieke retoriek, woordgimnastiek,
intellektuele ego-orgies, talkshops, geldmaak-konsultasies, die
sogenaamde regsgeleerde menings, die sensasionele vergrype van die
media, plastiek politieke korrektheid en die gewetenspropaganda.
Kortom – kom ons hou op lieg vir mekaar ! Kom ons kom by die pit van
die perske uit – die waarheid. Geen illusies, relativering en
persepsies van persepsies nie.

Die volgende (valse) bewerings word gemaak : grond is geld ; grond
word gelykgestel aan armoedeverligting; grond moet uitgedeel word aan
die massas ter wille van die oorlewing van “the people” ; en die
toekenning van grond word ’n morele saak – dis die regte ding om te
doen !

Net voor ek verder gaan : as jy voortdurend in jou lewe die waarheid
ontduik, die waarheid vrees en nie die waarheid in die oë kan kyk nie,
altyd probeer om die populêre standpunt te steun en “in” te wees met
die groep, moenie verder lees nie.

Ongeveer 4 jaar gelede in Zambië praat ek met ’n swartman wat redelik
geletterd en ingelig is. My vraag aan hom – omgesit in Afrikaans :

“Ek hoor die mense in Zimbabwe praat van grond vat by die wit boere en
dat hulle dan beter gaan leef... dis blykbaar die regte ding om te
doen ?”

Ja, ek hoor die ding !

“Is jy ’n man van Zambië ?”

Ja !

“Hoe lyk die lewe dié kant , hier in Zambië ?”

Die lewe is baie swaar dié kant.

“Hoe so ?”

Hier’s nie werk nie.

“Nie werk nie, nou hoe dan ? Hoekom is hier nie werk nie ?”

Hier is nie wit boere nie !

Ek val amper om, maar slaag tog daarin om my ewewig te herwin... Ek
buk, vat ’n handvol grond en laat dit tussen my vingers deurloop.

“Die ding van grond¬ – dis mos grond hierdie ?”

Ja, dis grond !

“So julle het grond ?”

Ja, ons het grond.

“Julle het gras ?”

Ja !

“Bome ?”

Ja !

“Reën ?”

Ja !

“Die son – hy skyn ook hier ?”

Ja !

“Die wind – hy waai hy ook hierdie kant ?”

Ja – hy waai !

“Maar julle het dan dieselfde hulpbronne as wat ons in Suid-Afrika
het ?”

Ja – dis waar… ons het dieselfde.

“Nou wat is dit dan wat Zambië nie het nie ? Hoekom is daar soveel
werk en kos en geld in Suid Afrika – wat kom kort hier in Zambië ?”

Die boere, meneer. Dis die boere wat werk skep… wat die verskil maak.

“Ek sien in Mosambiek is duisende werkgeleenthede geskep kort ná die
wit boere van
Zimbabwe na Mosambiek getrek het.”

Ja – ek hoor die ding.

“Beteken grond dan geld ?”

Nee, meneer, grond beteken nie geld nie – werk bring geld !

“Hoekom is daar dan nou skielik werk in Mosambiek waar eers niks was
nie – net bos ?”

Dis die boere, meneer. Waar die boer gaan – gaan die werk saam !

“Is jy gelukkig met jou omstandighede ?”

Nee !

“Wat soek jy in die lewe ?”

Ek soek werk en geld en kos vir my vrou en kinders... opvoeding vir my
kinders…

“Maar wat van die politiek… jy kan mos stem ?”

Meneer, politiek maak ons arm – laat ons swaarkry !

Ek skud sy hand, groet en ry weg – die vlaktes in, terwyl ek na die
ongerepte aarde rondom my kyk. Ek sien nêrens geld nie... net tiene
van duisende hektaar onbenutte grond ?

Sy laaste woorde aan my… “meneer, kom maak besigheid hierso, kom skep
werk, ons gee vir jou grond, jy hoef nie te koop nie. Ons kinders is
honger – asseblief, kom help ons !”

In my kop maal talle vrae en feite oor Afrika en die status quo op die
kontinent wat kosvoorsiening, kosproduksie en politieke stabiliteit
betref.

Harde werk, pligsbesef, vasbyt, kennis, selfrespek, selfdissipline –
het Afrika dit ? Ek hoor weer die retoriek… uitdrukkings wat reeds ‘n
irriterende vlak van herhaling bereik het… “We need land – land for
the people to be prosperous. For the poorest of the poor…”. Voor my
doem skadu’s van Afrika op. Ek worstel en soek na “prosperity” in
Afrika, waar miljoene hektaar onbenutte grond lê.

Wat sien ek ? Mosambiek se emigrerende honger massas ; Zimbabwe se
ontwrigte honger massas ; Uganda se vlugtende honger massas ; Angola
se kreperende honger massas ; die Kongo se vegtende honger massas ;
die Sudan se sterwende honger massas ; Ethiopië se pleitende honger
massas… Reuse-armoede en -ellende in Afrika-state… in lande waar grond
geen kwessie is nie ?

Logiese gevolgtrekking : Grond per se het niks, maar niks, met jou
persoonlike welstand te make nie. M.a.w. “grond” op sigself maak nie
arm of ryk nie.

Hoe is dit dan dat letterlik miljoene van die mense wat na dié land
toe hardloop, juis weghardloop van lande waar grond geen kwessie is
nie, waar grond in oorvloed is ? Hulle wil nie op die vlaktes bly om
te “boer” nie, maar bondel eerder saam in die krotbuurte van hul
stede, of ons stede in Suid-Afrika !

Waarom het 10 000 arbeiders nou skielik werk in Mosambiek op die
blom-, groente- en tabakplase van die Zim- boere ? En dit op onbesette
en onbewerkte grond waartoe die plaaslike mense wel toegang gehad het,
maar waarop niks aangegaan het nie, geen sinvolle ontwikkeling van
enige aard plaasgevind het nie… jare lank net gelê het. Grond wat deur
die Mosambiekse regering gegee is vir die vlugtende wit boere van
Zimbabwe – honderdduisende hektaar wat nog steeds daar lê - braak…
onbenut !?

Maar, die sogenaamde “armoede” in die grondryke Mosambiek en Zimbabwe
dryf hul mense uit na Suid-Afrika, waar die wit boer sy rug breek, kos
produseer, ’n bestaan prober maak op marginale grond, met nie net die
natuur en misdaad teen hom nie, nee… selfs die staat is teen hom. Dink
byvoorbeeld arbeidswetgewing, geen subsidies, waterwetgewing,
grondbelasting, misdaad, ens.

As grond dan geld en die alfa en omega is – die sleutel tot
armoedeverligting – en politieke stabiliteit beteken, waarom verlaat
desperate swart massas hul geboortelande waar miljoene hektaar grond
braak en on-ontwikkel lê, en vlug letterlik in hul tienduisende weg
van die land waar hulle grondbesitters is, na dié sogenaamde
verdrukkende en geknelde apartheidsland waar die wit boer beskawing
gekap het uit bar Afrika – waar juis nie grond is nie, waar enorme
druk op grond is ?

Die politiek gefabriseerde persepsie is mos : grond is geld ; grond
verlig armoede en maak ryk ; grond bewerkstellig politieke stabiliteit
en geweldloosheid ; grond is ‘n onvervreembare erfreg wat jy nie minag
en eenkant laat verwildernis nie ; grond maak gelukkig en kalmeer
politieke aggressiwiteit. (Dié persepsies word mos voortdurend as
voertuig gebruik om sekere politieke doelwitte te bereik).

Weer eens, waarom verlaat jy dan die gunstige klimaat wat grond by
implikasie bewerkstellig en wat grens aan die “paradyslike” met al die
groot potensiaal, en vlug letterlik van jou “erfgrond” af na ‘n plek
waar jy as vlugteling in terme van wetgewing geen reg het om grond te
besit, te bekom of om te stem nie, ens… en meesal nie eens belangstel
om enigsins op grond ( plaasgrond ) te werk nie ?

Dis duidelik dat die aanname dus gemaak kan word op grond van
bogenoemde feite en gebaseer op omstandigheidsgetuienis elders in
Afrika dat grond opsigself : nie armoede verlig nie ; nie outomaties
rykdom beteken nie ; nie hongersnood voorkom nie ; nie politieke
stabiliteit bewerkstellig nie ; nie werk skep nie ; nie ‘n basis skep
vir beskaafde leefstyle nie ; nie werklik die status het wat daaraan
toegedig word deur die liberaliste, die oorsese konsultante met
verskuilde agendas en die regering nie.

Ál hierdie dinge is wel moontlik, maar word verkry deur : INTELLEK,
KENNIS, INTREPRENEURSKAP, DISSIPLINE, RESPEK, HARDE WERK, ‘n
KOMPETERENDE GEAARDHEID, ETIKET, DRYFKRAG, WERKSTROTS,
DOELWITGEDREWENHEID EN PRODUKSIEGERIGTHEID.

Maghebsug, korrupsie en sogenaamde gelyke beregting knak enige land.
Om Nietzsche aan te haal : “Wrong never lies in unequal rights, it
lies in the pretention of equal rights.” In die natuur soos deur God
geskep, sien ek nêrens gelykheid onder lewende organismes nie. Nie een
land of regering het dit nie en sal dit ook hê nie… dis nie ‘n
bereikbare ideaal nie.

Dis net ‘n voertuig of instrument vir regerings van die wêreld om die
massas verder vir die bereiking van politieke doelwitte te manipuleer.
Net voor jy met die “window dressing” en plastiek politieke argumente
begin : Sowat 15 miljoen verbode immigrante hoort nie in dié land nie.
Miljoene inwoners van Zimbabwe, Mosambiek en ander state belas dié
“geknelde land” op vele terreine.

Die werkloosheid, armoede, misdaad en sogenaamde “grondhonger”
vererger omdat hier te veel mense is wat nie hier hoort nie. Hordes
naturelle parasiteer op die land en sy natuurlike hulpbronne
(geweldsmisdade is ook ‘n direkte uitvloeisel van dié byna onbeheerde
instroming) en maak selfs ook aanspraak op behuising. Hulle oefen
uiteraard ook druk uit op die grondkwessie ter tafel en op munisipale
begrotings – belastinggeld wat weer van wie verhaal word ?

Bestaande landbougrond in swart besit is grootliks onproduktief. Dis
‘n bekende feit. Wat gaan in die tradisionele tuislande aan ? Waarom
verlaat derduisende hul grond en drom saam in die groot stede ? Waarom
is duisende hektaar stamgrond grootliks onproduktief, onderbenut en/of
verniel deur onbeheerde gronderosie en ander wanpraktyke m.b.t.
boerdery ? Is dit dalk omdat boerdery nie werklik so aantreklik,
maklik of ekonomies is nie ? Of vereis boerdery dalk te veel in die
vorm van harde werk, toewyding, uithouvermoë, kennis, ‘n werklike
liefde vir grond, ‘n aanvoeling vir boerdery en alles wat daarmee
saamgaan ?

Daar’s talle voorbeelde van die totale ineenstorting van eens
pragplase wat ekonomies hul bestaan geregverdig het, nie net in Suid-
Afrika nie, maar ook in Namibië, Zimbabwe, Mosambiek, Zambië, ens. Ek
was persoonlik en fisiek op talle van hulle. Werk op dié eens
ekonomies suksesvolle projekte en pragplase is voorheen verskaf aan
honderdduisende van “the people… the poorest of the poor” oral in
Afrika voor die wit boer uitgedryf is uit vele Afrika-state. Ons ken
die geskiedenis.

Tans heers armoede, wetteloosheid, honger en politieke chaos in
daardie state en streke. As jy die wit boer land-uit jag, jaag jy
armoede, honger, wetteloosheid en chaos die land-in. Probeer dit nog
‘n laaste keer – hier in Suid-Afrika.

Waarom altyd weghardloop as die harde werklikheid m.b.t. Afrika
bespreek word ? Waarom altyd die skuldgevoelens ? Waarom altyd
vreesbevange en huiwerig om die feite te noem ? Sommige wit boere in
Zimbabwe huur hul eie grond terug van die sogenaamde “war veterans” af
wat die eens spogplase – nou afgebreekte plase – verlaat het en
teruggetrek het stad toe, soos jare gelede ook die geval was in die
Trichardsdal-distrik naby Tzaneen. Ontnugterd omdat boerdery, geldmaak
en sukses harde werk vereis.

Dinge gaan hand-uit ruk omdat die insypeling uit ons buurlande eerder
aangemoedig as bestuur word in belang van “the people” van Suid-
Afrika. Grond in Suid-Afrika is dieselfde as grond in die res van
Afrika – net so bruikbaar, of onbruikbaar ! Onthou, daar is wel grond,
gras, bome, wind, son en reën in die res van Afrika. Die res van
Afrika bestaan nie net uit een groot klipbank nie – en dis ook nie
waar dat die een droogte op die ander noord van Suid-Afrika se grense
heers nie, al wil sommige dit aanvoer as rede vir al die mislukkings
wat kosproduksie, werkloosheid en onstabiliteit betref !

Maar, helaas, dis nie die byl nie – dis die man wat die byl swaai wat
die verskil maak ! Die situasie in Afrika se state noord van ons wat
die wit boer uitgedryf het, het gewys wet en orde en struktuur stort
daarna mettertyd in duie, en dan volg armoede. Dis geen geheim nie.
Die onoordeelkundige uitdeel van grond en die onbetwiste gevolge
daarvan, gaan hierdie regering ook uiteindelik tipeer as ’n
voortsetting van die rits mislukkings wat Afrika voortge- bring het.

Dit gaan weer in ’n bespotting ontaard : selfvernietiging, uiterste
armoede wat juis “the people” gaan raak, mislukking en murasies. Net
die politici word positief geraak deur die grondkwessie-ideologie –
sien Zimbabwe. Zimbabwe jaag die wit boer uit sy land. Van die boere
word gewerf deur Zambië. Nou voer Zambië die eerste keer mielies uit
en verkoop aan die roggelende Zimbabwe dieselfde mielies wat deur die
250 verjaagde Zim-boere geproduseer is. Dis ‘n sirkus – amusant, om
die minste te sê…

Die pers, by monde van verskeie ingeligte persone uit swart geledere,
het onlangs berig dat die kultuur van die “Bantoestamme” in Afrika
deur die eeue nie voorsiening gemaak het vir landbouers nie, maar dat
die mense net bestaansboere was en dus nie kommersieel “dink” wat
betref landbou nie. Prominente swart politieke leiersfigure verklaar
in die pers die swartman wil nie en kan nie boer nie. Bestaansboerdery
word oral in Afrika bedryf en is oorbekend aan diegene wat in Afrika
reis. Ongelukkig is die tyd aan die verbygaan dat bestaansboerdery
versoenbaar is met ekonomiese vooruitgang, werkverskaffing en
grootskaalse kosproduksie aan die massas.

Die vraag duik op – gaan Suid Afrika dieselfde pad volg as die res van
Afrika ? Vir enige ingeligte persoon is dit geen nuus dat die
grondkwessie as ‘n politieke instrument gebruik word in verskeie state
noord van ons nie. Ook hier by ons is ‘n radikale faksie wat dié perd
bloots ry.

Wie en wat dryf dié faksie ? En wat is die doelwit ?

’n Baie bekende en gewilde Amerikaanse sielkundige wat gereeld op TV
is, maak ’n uitlating wat kommerwekkend is : “Past behaviour
determines future behaviour.” Mens hoop nie dis van toepassing op Suid-
Afrika en sy huidige politieke beleid nie, want skynbaar steek daar
waarheid in... as ek noord kyk.

My boodskap aan die regering en ander (die liberalis) is : word
wakker, oordeel nugter en realisties ; weerhou jou daarvan om weg te
skram van die waarheid. Bestuur die grondkwessie sinvol en
intelligent. Maar as jy die tipiese Afrika-mentaliteit gaan deel maak
van die bestuursproses, sal dié soort bestuurstyl ook die tipiese
Afrika-resultaat oplewer – mislukking, murasies, geweld en die
ineenstorting van die sosiale orde en infrastruktuur. Kyk noord en
oordeel self of ek lieg, en of dit die politici, konsultante en die
misbruikte of gebruikte pers is wat lieg.

‘n Belangrike opmerking : onbetwiste finansiële voordele vir die sterk
ekonomiese lande in die Weste lê gesetel in die verarming van Afrika.
Die strategie : Adviseer die swart regerings oor “gelykheid” m.b.t.
sekere dinge soos landbougrond en eiendomsreg. Vervreem dan die grond
van die suksesvolle wit boer. Die gevolg is dat die arm, honger,
werklose swartman wat homself nie kan help met kosproduksie nie,
gevoer moet word deur sy regering met kos-invoer uit die groot lande
waarvoor ten duurste betaal moet word. Iemand maak groot geld !
Grondstowwe betaal daarvoor en voortspruitend daaruit sekere
besigheidstransaksies en “joint ventures “wat plaasvind tussen sekere
prominente regeringsamptenare en vriende, (gelykes m.a.w.) van die
onderskeie lande. Net mense (gelykes) wat in bevoorregte posisies is
om sulke transaksies aan te gaan, kan uiteraard betrokke raak. Onthou
jy die aanhaling “wrong never lies in unequal rights, but lies in the
pretention of equal rights” ?

“Voedsel vir die armes-programme” volg, wat die een ná die ander
misluk in Afrika omdat die regeringsamptenare en ander gelyke vriende
wat effens meer gelyk is as die ander gelykes, net vir eie gewin dié
kos versprei en verkoop soos dit hulle pas. Dit is ‘n spiraal dié wat
uiteindelik maar weer net destruktief inwerk op Afrika. Maak bedelare
van die naïewe mense van Afrika, wat dan uiteindelik maar weer bakhand
moet staan en vir ander witmanne van ander lande uit die Europas en
Amerikas vra om pap in sy bord te kry...

Abraham Lincoln het eenkeer gesê : “He reminds me of the man who
murdered both his parents, and then, when sentenced was about to be
pronounced, pleaded for mercy on the grounds that he was an orphan.”
So tipies van die situasie in Afrika… wanneer die betrokke land (soos
Zimbabwe) in duie stort, dan wil die mense weet maar waarom die
allerverskriklikste lyding hulle en hulle families tref, en waarom die
ekonomie knak, en waarom die lewe hel geword het in hulle verarmde
gemeenskappe… en dit nadat dieselfde lotsbeklaers hulle dan beywer het
vir die dinge deur saam te gaan met hulle regering se
selfvernietigende beleidsrigtings en strategieë om bv. die landbou
dood te druk…boere land-uit te jaag, die gans wat die goue eiers lê se
lewe uit hom uit te wurg…

Nie lank hierna, sleep die burgers hulleself met moeite oor die
stowwerige strate en leë markpleine van ‘n flenter ekonomie, ‘n
stukkende land… Selfvernietiging volg op die uitdeel van waardevolle
landbougrond aan onbevoegdes wat nie die vermoë, ambisie of werklike
drang het – om watter rede ook al – ‘n suksesvolle boer /
voedselprodusent / of werkverskaffer in die landbousektor te wees
nie.

Verander die negatiewe propaganda. Kry ‘n ander voertuig vir politieke
oorlewing, en leef.

...
Re: Die Klug van Grondhervorming [boodskap #118181 is 'n antwoord op boodskap #118180] Ma, 28 Julie 2008 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Duif[1]  is tans af-lyn  Duif[1]
Boodskappe: 20
Geregistreer: Julie 2008
Karma: 0
Junior Lid
On Jul 28, 9:26 pm, "Jim Again..." wrote:
> Die Klug van Grondhervorming
>
> Geskryf deur Ludolf du Toit
>
> Kom ons vergeet die window dressing, toneelspelery, opgesmuktheid,
> politieke retoriek, woordgimnastiek,
> intellektuele ego-orgies, talkshops, geldmaak-konsultasies, die
> sogenaamde regsgeleerde menings, die sensasionele vergrype van die
> media, plastiek politieke korrektheid en die gewetenspropaganda.
> Kortom – kom ons hou op lieg vir mekaar ! Kom ons kom by die pit van
> die perske uit – die waarheid. Geen illusies, relativering en
> persepsies van persepsies nie.
>
> Die volgende (valse) bewerings word gemaak : grond is geld ; grond
> word gelykgestel aan armoedeverligting; grond moet uitgedeel word aan
> die massas ter wille van die oorlewing van “the people” ; en die
> toekenning van grond word ’n morele saak – dis die regte ding om te
> doen !
>
> Net voor ek verder gaan : as jy voortdurend in jou lewe die waarheid
> ontduik, die waarheid vrees en nie die waarheid in die oë kan kyk nie,
> altyd probeer om die populêre standpunt te steun en “in” te wees met
> die groep, moenie verder lees nie.
>
> Ongeveer 4 jaar gelede in Zambië praat ek met ’n swartman wat redelik
> geletterd en ingelig is. My vraag aan hom – omgesit in Afrikaans :
>
> “Ek hoor die mense in Zimbabwe praat van grond vat by die wit boere en
> dat hulle dan beter gaan leef... dis blykbaar die regte ding om te
> doen ?”
>
> Ja, ek hoor die ding !
>
> “Is jy ’n man van Zambië ?”
>
> Ja !
>
> “Hoe lyk die lewe dié kant , hier in Zambië ?”
>
> Die lewe is baie swaar dié kant.
>
> “Hoe so ?”
>
> Hier’s nie werk nie.
>
> “Nie werk nie, nou hoe dan ? Hoekom is hier nie werk nie ?”
>
> Hier is nie wit boere nie !
>
> Ek val amper om, maar slaag tog daarin om my ewewig te herwin... Ek
> buk, vat ’n handvol grond en laat dit tussen my vingers deurloop.
>
> “Die ding van grond¬ – dis mos grond hierdie ?”
>
> Ja, dis grond !
>
> “So julle het grond ?”
>
> Ja, ons het grond.
>
> “Julle het gras ?”
>
> Ja !
>
> “Bome ?”
>
> Ja !
>
> “Reën ?”
>
> Ja !
>
> “Die son – hy skyn ook hier ?”
>
> Ja !
>
> “Die wind – hy waai hy ook hierdie kant ?”
>
> Ja – hy waai !
>
> “Maar julle het dan dieselfde hulpbronne as wat ons in Suid-Afrika
> het ?”
>
> Ja – dis waar… ons het dieselfde.
>
> “Nou wat is dit dan wat Zambië nie het nie ? Hoekom is daar soveel
> werk en kos en geld in Suid Afrika – wat kom kort hier in Zambië ?”
>
> Die boere, meneer. Dis die boere wat werk skep… wat die verskil maak.
>
> “Ek sien in Mosambiek is duisende werkgeleenthede geskep kort ná die
> wit boere van
> Zimbabwe na Mosambiek getrek het.”
>
> Ja – ek hoor die ding.
>
> “Beteken grond dan geld ?”
>
> Nee, meneer, grond beteken nie geld nie – werk bring geld !
>
> “Hoekom is daar dan nou skielik werk in Mosambiek waar eers niks was
> nie – net bos ?”
>
> Dis die boere, meneer. Waar die boer gaan – gaan die werk saam !
>
> “Is jy gelukkig met jou omstandighede ?”
>
> Nee !
>
> “Wat soek jy in die lewe ?”
>
> Ek soek werk en geld en kos vir my vrou en kinders... opvoeding vir my
> kinders…
>
> “Maar wat van die politiek… jy kan mos stem ?”
>
> Meneer, politiek maak ons arm – laat ons swaarkry !
>
> Ek skud sy hand, groet en ry weg – die vlaktes in, terwyl ek na die
> ongerepte aarde rondom my kyk. Ek sien nêrens geld nie... net tiene
> van duisende hektaar onbenutte grond ?
>
> Sy laaste woorde aan my… “meneer, kom maak besigheid hierso, kom skep
> werk, ons gee vir jou grond, jy hoef nie te koop nie. Ons kinders is
> honger – asseblief, kom help ons !”
>
> In my kop maal talle vrae en feite oor Afrika en die status quo op die
> kontinent wat kosvoorsiening, kosproduksie en politieke stabiliteit
> betref.
>
> Harde werk, pligsbesef, vasbyt, kennis, selfrespek, selfdissipline –
> het Afrika dit ? Ek hoor weer die retoriek… uitdrukkings wat reeds ‘n
> irriterende vlak van herhaling bereik het… “We need land – land for
> the people to be prosperous. For the poorest of the poor…”. Voor my
> doem skadu’s van Afrika op. Ek worstel en soek na “prosperity” in
> Afrika, waar miljoene hektaar onbenutte grond lê.
>
> Wat sien ek ? Mosambiek se emigrerende honger massas ; Zimbabwe se
> ontwrigte honger massas ; Uganda se vlugtende honger massas ; Angola
> se kreperende honger massas ; die Kongo se vegtende honger massas ;
> die Sudan se sterwende honger massas ; Ethiopië se pleitende honger
> massas… Reuse-armoede en -ellende in Afrika-state… in lande waar grond
> geen kwessie is nie ?
>
> Logiese gevolgtrekking : Grond per se het niks, maar niks, met jou
> persoonlike welstand te make nie. M.a.w. “grond” op sigself maak nie
> arm of ryk nie.
>
> Hoe is dit dan dat letterlik miljoene van die mense wat na dié land
> toe hardloop, juis weghardloop van lande waar grond geen kwessie is
> nie, waar grond in oorvloed is ? Hulle wil nie op die vlaktes bly om
> te “boer” nie, maar bondel eerder saam in die krotbuurte van hul
> stede, of ons stede in Suid-Afrika !
>
> Waarom het 10 000 arbeiders nou skielik werk in Mosambiek op die
> blom-, groente- en tabakplase van die Zim- boere ? En dit op onbesette
> en onbewerkte grond waartoe die plaaslike mense wel toegang gehad het,
> maar waarop niks aangegaan het nie, geen sinvolle ontwikkeling van
> enige aard plaasgevind het nie… jare lank net gelê het. Grond wat deur
> die Mosambiekse regering gegee is vir die vlugtende wit boere van
> Zimbabwe – honderdduisende hektaar wat nog steeds daar lê - braak…
> onbenut !?
>
> Maar, die sogenaamde “armoede” in die grondryke Mosambiek en Zimbabwe
> dryf hul mense uit na Suid-Afrika, waar die wit boer sy rug breek, kos
> produseer, ’n bestaan prober maak op marginale grond, met nie net die
> natuur en misdaad teen hom nie, nee… selfs die staat is teen hom. Dink
> byvoorbeeld arbeidswetgewing, geen subsidies, waterwetgewing,
> grondbelasting, misdaad, ens.
>
> As grond dan geld en die alfa en omega is – die sleutel tot
> armoedeverligting – en politieke stabiliteit beteken, waarom verlaat
> desperate swart massas hul geboortelande waar miljoene hektaar grond
> braak en on-ontwikkel lê, en vlug letterlik in hul tienduisende weg
> van die land waar hulle grondbesitters is, na dié sogenaamde
> verdrukkende en geknelde apartheidsland waar die wit boer beskawing
> gekap het uit bar Afrika – waar juis nie grond is nie, waar enorme
> druk op grond is ?
>
> Die politiek gefabriseerde persepsie is mos : grond is geld ; grond
> verlig armoede en maak ryk ; grond bewerkstellig politieke stabiliteit
> en geweldloosheid ; grond is ‘n onvervreembare erfreg wat jy nie minag
> en eenkant laat verwildernis nie ; grond maak gelukkig en kalmeer
> politieke aggressiwiteit. (Dié persepsies word mos voortdurend as
> voertuig gebruik om sekere politieke doelwitte te bereik).
>
> Weer eens, waarom verlaat jy dan die gunstige klimaat wat grond by
> implikasie bewerkstellig en wat grens aan die “paradyslike” met al die
> groot potensiaal, en vlug letterlik van jou “erfgrond” af na ‘n plek
> waar jy as vlugteling in terme van wetgewing geen reg het om grond te
> besit, te bekom of om te stem nie, ens… en meesal nie eens belangstel
> om enigsins op grond ( plaasgrond ) te werk nie ?
>
> Dis duidelik dat die aanname dus gemaak kan word op grond van
> bogenoemde feite en gebaseer op omstandigheidsgetuienis elders in
> Afrika dat grond opsigself : nie armoede verlig nie ; nie outomaties
> rykdom beteken nie ; nie hongersnood voorkom nie ; nie politieke
> stabiliteit bewerkstellig nie ; nie werk skep nie ; nie ‘n basis skep
> vir beskaafde leefstyle nie ; nie werklik die status het wat daaraan
> toegedig word deur die liberaliste, die oorsese konsultante met
> verskuilde agendas en die regering nie.
>
> Ál hierdie dinge is wel moontlik, maar word verkry deur : INTELLEK,
> KENNIS, INTREPRENEURSKAP, DISSIPLINE, RESPEK, HARDE WERK, ‘n
> KOMPETERENDE GEAARDHEID, ETIKET, DRYFKRAG, WERKSTROTS,
> DOELWITGEDREWENHEID EN PRODUKSIEGERIGTHEID.
>
> Maghebsug, korrupsie en sogenaamde gelyke beregting knak enige land.
> Om Nietzsche aan te haal : “Wrong never lies in unequal rights, it
> lies in the pretention of equal rights.” In die natuur soos deur God
> geskep, sien ek nêrens gelykheid onder lewende organismes nie. Nie een
> land of regering het dit nie en sal dit ook hê nie… dis nie ‘n
> bereikbare ideaal nie.
>
> Dis net ‘n voertuig of instrument vir regerings van die wêreld om die
> massas verder vir die bereiking van politieke doelwitte te manipuleer.
> Net voor jy met die “window dressing” en plastiek politieke argumente
> begin : Sowat 15 miljoen verbode immigrante hoort nie in dié land nie.
> Miljoene inwoners van Zimbabwe, Mosambiek en ander state belas dié
> “geknelde land” op vele terreine.
>
> Die werkloosheid, armoede, misdaad en sogenaamde “grondhonger”
> vererger omdat hier te veel mense is wat nie hier hoort nie. Hordes
> naturelle parasiteer op die land en sy natuurlike hulpbronne
> (geweldsmisdade is ook ‘n direkte uitvloeisel van dié byna onbeheerde
> instroming) en maak selfs ook aanspraak op behuising. Hulle oefen
> uiteraard ook druk uit op die grondkwessie ter tafel en op munisipale
> begrotings – belastinggeld wat weer van wie verhaal word ?
>
> Bestaande landbougrond in swart besit is grootliks onproduktief. Dis
> ‘n bekende feit. Wat gaan in die tradisionele tuislande aan ? Waarom
> verlaat derduisende hul grond en drom saam in die groot stede ? Waarom
> is duisende hektaar stamgrond grootliks onproduktief, onderbenut en/of
> verniel deur onbeheerde gronderosie en ander wanpraktyke m.b.t.
> boerdery ? Is dit dalk omdat boerdery nie werklik so aantreklik,
> maklik of ekonomies is nie ? Of vereis boerdery dalk te veel in die
> vorm van harde werk, toewyding, uithouvermoë, kennis, ‘n werklike
> liefde vir grond, ‘n aanvoeling vir boerdery en alles wat daarmee
> saamgaan ?
>
> Daar’s talle voorbeelde van die totale ineenstorting van eens
> pragplase wat ekonomies hul bestaan geregverdig het, nie net in Suid-
> Afrika nie, maar ook in Namibië, Zimbabwe, Mosambiek, Zambië, ens. Ek
> was persoonlik en fisiek op talle van hulle. Werk op dié eens
> ekonomies suksesvolle projekte en pragplase is voorheen verskaf aan
> honderdduisende van “the people… the poorest of the poor” oral in
> Afrika voor die wit boer uitgedryf is uit vele Afrika-state. Ons ken
> die geskiedenis.
>
> Tans heers armoede, wetteloosheid, honger en politieke chaos in
> daardie state en streke. As jy die wit boer land-uit jag, jaag jy
> armoede, honger, wetteloosheid en chaos die land-in. Probeer dit nog
> ‘n laaste keer – hier in Suid-Afrika.
>
> Waarom altyd weghardloop as die harde werklikheid m.b.t. Afrika
> bespreek word ? Waarom altyd die skuldgevoelens ? Waarom altyd
> vreesbevange en huiwerig om die feite te noem ? Sommige wit boere in
> Zimbabwe huur hul eie grond terug van die sogenaamde “war veterans” af
> wat die eens spogplase – nou afgebreekte plase – verlaat het en
> teruggetrek het stad toe, soos jare gelede ook die geval was in die
> Trichardsdal-distrik naby Tzaneen. Ontnugterd omdat boerdery, geldmaak
> en sukses harde werk vereis.
>
> Dinge gaan hand-uit ruk omdat die insypeling uit ons buurlande eerder
> aangemoedig as bestuur word in belang van “the people” van Suid-
> Afrika. Grond in Suid-Afrika is dieselfde as grond in die res van
> Afrika – net so bruikbaar, of onbruikbaar ! Onthou, daar is wel grond,
> gras, bome, wind, son en reën in die res van Afrika. Die res van
> Afrika bestaan nie net uit een groot klipbank nie – en dis ook nie
> waar dat die een droogte op die ander noord van Suid-Afrika se grense
> heers nie, al wil sommige dit aanvoer as rede vir al die mislukkings
> wat kosproduksie, werkloosheid en onstabiliteit betref !
>
> Maar, helaas, dis nie die byl nie – dis die man wat die byl swaai wat
> die verskil maak ! Die situasie in Afrika se state noord van ons wat
> die wit boer uitgedryf het, het gewys wet en orde en struktuur stort
> daarna mettertyd in duie, en dan volg armoede. Dis geen geheim nie.
> Die onoordeelkundige uitdeel van grond en die onbetwiste gevolge
> daarvan, gaan hierdie regering ook uiteindelik tipeer as ’n
> voortsetting van die rits mislukkings wat Afrika voortge- bring het.
>
> Dit gaan weer in ’n bespotting ontaard : selfvernietiging, uiterste
> armoede wat juis “the people” gaan raak, mislukking en murasies. Net
> die politici word positief geraak deur die grondkwessie-ideologie –
> sien Zimbabwe. Zimbabwe jaag die wit boer uit sy land. Van die boere
> word gewerf deur Zambië. Nou voer Zambië die eerste keer mielies uit
> en verkoop aan die roggelende Zimbabwe dieselfde mielies wat deur die
> 250 verjaagde Zim-boere geproduseer is. Dis ‘n sirkus – amusant, om
> die minste te sê…
>
> Die pers, by monde van verskeie ingeligte persone uit swart geledere,
> het onlangs berig dat die kultuur van die “Bantoestamme” in Afrika
> deur die eeue nie voorsiening gemaak het vir landbouers nie, maar dat
> die mense net bestaansboere was en dus nie kommersieel “dink” wat
> betref landbou nie. Prominente swart politieke leiersfigure verklaar
> in die pers die swartman wil nie en kan nie boer nie. Bestaansboerdery
> word oral in Afrika bedryf en is oorbekend aan diegene wat in Afrika
> reis. Ongelukkig is die tyd aan die verbygaan dat bestaansboerdery
> versoenbaar is met ekonomiese vooruitgang, werkverskaffing en
> grootskaalse kosproduksie aan die massas.
>
> Die vraag duik op – gaan Suid Afrika dieselfde pad volg as die res van
> Afrika ? Vir enige ingeligte persoon is dit geen nuus dat die
> grondkwessie as ‘n politieke instrument gebruik word in verskeie state
> noord van ons nie. Ook hier by ons is ‘n radikale faksie wat dié perd
> bloots ry.
>
> Wie en wat dryf dié faksie ? En wat is die doelwit ?
>
> ’n Baie bekende en gewilde Amerikaanse sielkundige wat gereeld op TV
> is, maak ’n uitlating wat kommerwekkend is : “Past behaviour
> determines future behaviour.” Mens hoop nie dis van toepassing op Suid-
> Afrika en sy huidige politieke beleid nie, want skynbaar steek daar
> waarheid in... as ek noord kyk.
>
> My boodskap aan die regering en ander (die liberalis) is : word
> wakker, oordeel nugter en realisties ; weerhou jou daarvan om weg te
> skram van die waarheid. Bestuur die grondkwessie sinvol en
> intelligent. Maar as jy die tipiese Afrika-mentaliteit gaan deel maak
> van die bestuursproses, sal dié soort bestuurstyl ook die tipiese
> Afrika-resultaat oplewer – mislukking, murasies, geweld en die
> ineenstorting van die sosiale orde en infrastruktuur. Kyk noord en
> oordeel self of ek lieg, en of dit die politici, konsultante en die
> misbruikte of gebruikte pers is wat lieg.
>
> ‘n Belangrike opmerking : onbetwiste finansiële voordele vir die sterk
> ekonomiese lande in die Weste lê gesetel in die verarming van Afrika.
> Die strategie : Adviseer die swart regerings oor “gelykheid” m.b.t.
> sekere dinge soos landbougrond en eiendomsreg. Vervreem dan die grond
> van die suksesvolle wit boer. Die gevolg is dat die arm, honger,
> werklose swartman wat homself nie kan help met kosproduksie nie,
> gevoer moet word deur sy regering met kos-invoer uit die groot lande
> waarvoor ten duurste betaal moet word. Iemand maak groot geld !
> Grondstowwe betaal daarvoor en voortspruitend daaruit sekere
> besigheidstransaksies en “joint ventures “wat plaasvind tussen sekere
> prominente regeringsamptenare en vriende, (gelykes m.a.w.) van die
> onderskeie lande. Net mense (gelykes) wat in bevoorregte posisies is
> om sulke transaksies aan te gaan, kan uiteraard betrokke raak. Onthou
> jy die aanhaling “wrong never lies in unequal rights, but lies in the
> pretention of equal rights” ?
>
> “Voedsel vir die armes-programme” volg, wat die een ná die ander
> misluk in Afrika omdat die regeringsamptenare en ander gelyke vriende
> wat effens meer gelyk is as die ander gelykes, net vir eie gewin dié
> kos versprei en verkoop soos dit hulle pas. Dit is ‘n spiraal dié wat
> uiteindelik maar weer net destruktief inwerk op Afrika. Maak bedelare
> van die naïewe mense van Afrika, wat dan uiteindelik maar weer bakhand
> moet staan en vir ander witmanne van ander lande uit die Europas en
> Amerikas vra om pap in sy bord te kry...
>
> Abraham Lincoln het eenkeer gesê : “He reminds me of the man who
> murdered both his parents, and then, when sentenced was about to be
> pronounced, pleaded for mercy on the grounds that he was an orphan.”
> So tipies van die situasie in Afrika… wanneer die betrokke land (soos
> Zimbabwe) in duie stort, dan wil die mense weet maar waarom die
> allerverskriklikste lyding hulle en hulle families tref, en waarom die
> ekonomie knak, en waarom die lewe hel geword het in hulle verarmde
> gemeenskappe… en dit nadat dieselfde lotsbeklaers hulle dan beywer het
> vir die dinge deur saam te gaan met hulle regering se
> selfvernietigende beleidsrigtings en strategieë om bv. die landbou
> dood te druk…boere land-uit te jaag, die gans wat die goue eiers lê se
> lewe uit hom uit te wurg…
>
> Nie lank hierna, sleep die burgers hulleself met moeite oor die
> stowwerige strate en leë markpleine van ‘n flenter ekonomie, ‘n
> stukkende land… Selfvernietiging volg op die uitdeel van waardevolle
> landbougrond aan onbevoegdes wat nie die vermoë, ambisie of werklike
> drang het – om watter rede ook al – ‘n suksesvolle boer /
> voedselprodusent / of werkverskaffer in die landbousektor te wees
> nie.
>
> Verander die negatiewe propaganda. Kry ‘n ander voertuig vir politieke
> oorlewing, en leef.
>
> ...

Jy het pos, Jim

Dave
Re: Die Klug van Grondhervorming [boodskap #118182 is 'n antwoord op boodskap #118180] Di, 29 Julie 2008 05:34 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Jim Again..." skryf in boodskap news:3da70898-be4b-4c9b-a23a-44aae215c20c@2g2000hsn.googlegr oups.com...
Die Klug van Grondhervorming

Statement issued by SACP Politburo July 28 2008

On Friday 25th July 2008 the SACP Politburo (PB) held an ordinary, scheduled
meeting. The PB of the SACP takes place against the background of serious
global and domestic challenges facing our country. Globally and
domestically, energy and food prices are soaring, and we are now on the
threshold of an almost irreversible climate change that threatens human
civilisation as we know it. Once more it is poor of the world and our
country that have to bear the brunt of a crisis which is not of their own
making.

This PB also takes place as we celebrate the SACP's 87th anniversary during
29-31 July 2008. To this end the SACP will be holding a number of
commemorative events throughout the country within the next two weeks,
culminating in a national commemorative rally on 3 August 2008 to be held in
Kimberley in the Northern Cape Province.

Ditch South African governnment's neo-liberal, GEAR inspired economic
policies

Here in South Africa , this crisis has been worsened by ill-advised, and
imposed, economic and social policies based on neo-liberal, GEAR-related
policies adopted in the mid-1990s. It is a set of policies adopted by our
government, against the advice of the Alliance and other progressive forces
at the time, that have elevated the profit-driven interests of the
capitalist class over the interests of the overwhelming majority of our
people.

The SACP PB also strongly condemns the failure of government to respond with
some short-term, urgent measures to the rising cost of living of the
overwhelming majority of our people. The PB strongly condemns the arrogant
attitude of the Minister of Finance, Trevor Manuel, towards COSATU's
proposals, which the SACP fully subscribes to, to alleviate the plight of
the overwhelming majority of our people.

It is also for the above reasons that the SACP totally rejects the
half-hearted measures adopted by the Cabinet lekgotla in dealing with the
dire situation faced by the overwhelming majority of the workers and poor,
as these remain imprisoned within the framework of the neo-liberal GEAR
policies.

For these reasons the SACP fully supports and calls for the intensification
of the mass offensive by the working class against the scandalous erosion of
the living standards of the poor of our country, based on an ill-informed
macro-economic policy. The SACP calls upon the working class and the poor of
our country to intensify the struggles against the neo-liberal policies of
the Mbeki government, and calls upon the incoming ANC administration after
the 2009 elections to radically change the current economic growth path.

There must be radical changes to our economic policies

There is currently an intense campaign to make it unthinkable for there to
be any alteration in prevailing economic policies. The PB re-affirmed its
stance that there must be change in economic policy, including the
abandonment of the neo-liberal GEAR policies. The SACP rejects the notion,
from whatever quarter it comes from, that we must maintain the current
economic policies. Changes urgently required include a radical land and
agrarian reform policies, including a radical policy to expropriate land,
and an industrial policy directed aimed at transforming colonial character
of our current growth path, all aimed at benefitting the overwhelming
majority of our people.

Failure of government to adequately respond to the immediate socio-economic
crises facing our people is a graphic reflection of the extent to which the
government has become a prisoner of its neo-liberal, anti-working class, and
anti poor policies, since the adoption of GEAR in 1996. The SACP calls for
an interventionist, developmental state, aimed at creating an economic path
to address the dire socio-economic conditions of the workers and the poor of
our country.

Abuse of state organs

The SACP has been briefed about both the current content and context of what
has come to be known as the NIA's 'document X'. The SACP remains deeply
concerned about continuing evidence of abuse, especially of, state security
organs. We call upon all the state intelligence and security organs, to
categorically state that they are not being used to fight internal ANC and
Alliance battles.

Document X is of serious concern to the SACP, especially because it emerges
after a long history of selective handling of abuse of state organs. This
document emerges after failure by government to act on its promise against
those responsible for the production of the Special Browse Mole, after we
had been promised that by now culprits will have been exposed and charged.

The SACP calls upon the post 2009 government to go into depth on all the
matters relating to the abuse of state organs and selective application of
the 'rule of law'. It is only such decisive action that will go a long way
towards restoring the confidence of the overwhelming majority of our people
in the criminal justice system.

Mobilisation in support of the President of the ANC, Jacob Zuma

The PB also re-affirmed the decisions taken by the SACP and the Alliance to
support the President of the ANC in his current tribulations. The SACP calls
upon all the members of the SACP and our people as a whole to embark on
maximum mobilisation, both in the run up and during the appearance of the
ANC President in court on 4 August 2005. The city of Pietermaritzburg must
be brought to a standstill in order to highlight the violation of the rights
of Cde Zuma, and the threat this poses to the rights of all South Africans
as enshrined in our constitution.

The SACP remains convinced that the trial of Cde Zuma is not a criminal
trial, but may as well constitute the first post-apartheid political trial,
and that Cde Zuma can never have a fair trial given all what has happened
over the last 7 years. Cde Zuma's trial is a further manifestation of the
continued abuse of state organs to further narrow political goals.

On the way forward

The PB of the SACP is strongly of the view that the only way forward for our
country is the mass mobilisation of our people to deepen a radical national
democratic revolution. To this end the SACP is going to deepen both its mass
and policy work in order to ensure that we focus all our attention on job
creation, sustainable livelihoods and intensification of the struggle
against poverty.

The SACP PB also calls upon all communists and the mass of the people of our
country to support the current COSATU-led actions, including maximum support
for the general strike planned for 6 August 2008.
Vorige onderwerp: Almal die gaaaaat gevat?
Volgende onderwerp: Alles is weer Hônkie Dôrrie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 03:57:27 MGT 2024