Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Om van NAAR te raak
Om van NAAR te raak [boodskap #118161] Do, 17 Julie 2008 09:17 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie brief kom uit die Beeld - Wonder of ek maar vir die 2 'n kamer by 'n
goedkoop Formula F1 Hotel moet bespreek. - Ek is nou redelik naar, waar is
my pakkie valoid's ?

Theresa Welgemoed, Skukuza
Ek wil vir oudpres. Nelson Mandela lang, maer boerbeskuite bak vir sy 90ste
verjaardag. Met hope anys.

En ek wil hom om verskoning vra. Namens soveel ander wat nie die moed het om
dit te doen nie. Ek wil vir hom die pad van vryheid loop; 'n tweede keer. Ek
wil vir hom 'n droom waar maak.

Ek wil vir hom wilde vygies pluk. Om saam te dra. Om te ruik. Om te onthou.
Ek wil vir hom die wind vang en toebind in 'n streepsak.

Ek wil hom vry maak van hierdie aarde want hy is so 'n goddelike wese in my
oë. Ek wil vir hom vrede bring.

Ek wil sy handtekening vra - verewig op papier. Ek wil vir hom 'n vlinder
vang - sommer maar net.

Ek wil vir hom 'n hawe wees sodat hy altyd veilig, gekoester, geborge van
die wêreld kan wees. Ek wil vir hom 'n gebed wees. Ek wil vir hom 'n huis
wees waar die lig altyd brand.

Ek wil vir hom vergifnis bring. Ek wil vir hom 'n hartjie van hout gee - vir
ewige liefde. Ek wil hom toevou in 'n karos - beskerm teen die koue. Ek wil
vir hom goeie gesondheid gee. Ek wil vir hom 'n granaat pluk - met rooi-ryp
peulende pitte.

Ek wil hom vra vir 'n foto - waar hy lag met kraaie om sy oë. Ek wil vir hom
'n gedig skryf omdat hy die waarde sal besef.

Ek wil vir hom 'n tafel dek - gul onder koelte bome. Ek wil vir hom 'n
storie lees wyl hy agteroor sit met sy oë toe.

Ek wil vir hom 'n koppie rooibostee maak met 'n skeutjie heuning by. Ek wil
vir hom 'n engel stuur - oor strate heen - om te waak oor hom.

Ek wil vir hom 'n kniekombersie brei, vir eendag, op sy oudag, wanneer hy
sit en tuur op die stoep. Ek wil vir hom 'n vuurvliegie vang in 'n
Consol-bottel: om lig te maak daar waar sy oë nie meer kan sien.

Ek wil vir hom 'n kristal ophang aan die naaste tak sodat die son daar deur
kan dring.

Ek wil sy held wees soos wat hy vir my is.

Ek wil 'n glasie skink en 'n heildronk drink op hom - sy Madiba magic!
Re: Om van NAAR te raak [boodskap #118165 is 'n antwoord op boodskap #118161] Do, 17 Julie 2008 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" gooi op

> Hierdie brief kom uit die Beeld

Moet dan nie die nuwe "Time" koop nie. Richard Stengel,
een van die hoofredakteure van Time Magazine, skryf daar
oor Mandela se leierskap-reëls. Richard Stengel het glo
'n jaar en 'n half in SA gebly en vir Mandela gehelp om vorm
te gee aan die "Long Walk to Freedom."
Hierdie artikel is baie interessant. Een van die dinge
wat daar uitkom, is dat dit Mandela se idee was om te begin
onderhandel met die "vyand," op 'n stadium toe die leierskap
van die ANC nog gekant was teen enige onderhandelings,
voordat alle politieke gevangenes nog nie vrygestel was nie.
'n Ander reël wat Mandela gevolg het, was "probeer jou
opponent se mentaliteit verstaan." Daarom het hy aktief
Afrikaans op Robbeneiland begin leer, baie boeke in
Afrikaans gelees, en in onderhandelings maklik vir homself
in Afrikaans bedien. Hy het ook sy kennis van rugby
ontwikkel, iets wat nie natuurlik gekom het vir hom nie.

Gloudina
Re: Om van NAAR te raak [boodskap #118174 is 'n antwoord op boodskap #118165] Ma, 28 Julie 2008 07:23 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:171a97d3-4de8-4a5c-93f3-9b714f4f2676@a70g2000hsh.google groups.com...
"Riaan" gooi op

> Hierdie brief kom uit die Beeld

Moet dan nie die nuwe "Time" koop nie. Richard Stengel,
een van die hoofredakteure van Time Magazine, skryf daar
oor Mandela se leierskap-reëls. Richard Stengel het glo
'n jaar en 'n half in SA gebly en vir Mandela gehelp om vorm
te gee aan die "Long Walk to Freedom."
Hierdie artikel is baie interessant. Een van die dinge
wat daar uitkom, is dat dit Mandela se idee was om te begin
onderhandel met die "vyand," op 'n stadium toe die leierskap
van die ANC nog gekant was teen enige onderhandelings,
voordat alle politieke gevangenes nog nie vrygestel was nie.
'n Ander reël wat Mandela gevolg het, was "probeer jou
opponent se mentaliteit verstaan." Daarom het hy aktief
Afrikaans op Robbeneiland begin leer, baie boeke in
Afrikaans gelees, en in onderhandelings maklik vir homself
in Afrikaans bedien. Hy het ook sy kennis van rugby
ontwikkel, iets wat nie natuurlik gekom het vir hom nie.

Gloudina

------Jy moet plek ooplaat vir die idee dat alles nie so ooglopend is nie.
Mandela was 'n gevangene gewees maar die Sa regering het al jare voor sy
vrylating met hom onderhandel en selfs uit die tronk gehad vir klandestiene
besoeke. Dit was alles deel van 'n plan vir vreedsame
magsdeling.....natuurlik 'n ding waarvoor die ou regering geen krediet sou
kry nie.
Vorige onderwerp: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Almal die gaaaaat gevat?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 06:27:51 MGT 2024