Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika
Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118133] Ma, 14 Julie 2008 00:51 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien deesdae so in die verbyloop nogal baie
rugby op die TV, veral noudat my man die Currie-
beker wedstryde kan volg ( al is dit 'n paar dae
nadat dit oorspronklik gespeel is.) So elke dan
en wan sien mens dus cheerleaders optree. Ek
was nog nooit 'n bewonderaar van cheerleading
by sportsgeleenthede nie. Maar dis blykbaar
'n instelling in die VSA, en word as 'n soort sport
beoefen. Maar die vreeslike skamel geklede
cheerleaders wat ek op die sportsvelde in SA
sien, is darem eens te veel vir my. Dit tref mens
as amper pornografies, so vreeslik skamel
gekleed is hulle. Ek dink ook in hulle poging
om die Amerikaners na te aap, verstaan hulle
die verskynsel heeltemal mis. Dis nooit 'n
goeie idee om die Amerikaners na te aap nie.
Gedurende die hippie-jare het ons eenkeer
'n gesin Afrikaans hoor praat hier in Ontario.
Die seun by die ouers was aangetrek soos
wat hy gedink het 'n hippie behoort te lyk.
Die jeans en die bandjie om die voorhoof.
Maar dit was baie duidelik dat hy die klere
'n dag of wat gelede nuut gekoop het.
Hy het die punt dus heeltemal gemis. En
effens pateties gelyk.
Wanneer hulle sokker in SA speel,
is daar dan ook cheerleaders?

Gloudina
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118134 is 'n antwoord op boodskap #118133] Ma, 14 Julie 2008 07:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:a78d2ba1-1549-4e77-8a93-416c77971b76@c65g2000hsa.google groups.com...
> Ek sien deesdae so in die verbyloop nogal baie
> rugby op die TV, veral noudat my man die Currie-
> beker wedstryde kan volg ( al is dit 'n paar dae
> nadat dit oorspronklik gespeel is.) So elke dan
> en wan sien mens dus cheerleaders optree. Ek
> was nog nooit 'n bewonderaar van cheerleading
> by sportsgeleenthede nie. Maar dis blykbaar
> 'n instelling in die VSA, en word as 'n soort sport
> beoefen. Maar die vreeslike skamel geklede
> cheerleaders wat ek op die sportsvelde in SA
> sien, is darem eens te veel vir my. Dit tref mens
> as amper pornografies, so vreeslik skamel
> gekleed is hulle. Ek dink ook in hulle poging
> om die Amerikaners na te aap, verstaan hulle
> die verskynsel heeltemal mis. Dis nooit 'n
> goeie idee om die Amerikaners na te aap nie.
> Gedurende die hippie-jare het ons eenkeer
> 'n gesin Afrikaans hoor praat hier in Ontario.
> Die seun by die ouers was aangetrek soos
> wat hy gedink het 'n hippie behoort te lyk.
> Die jeans en die bandjie om die voorhoof.
> Maar dit was baie duidelik dat hy die klere
> 'n dag of wat gelede nuut gekoop het.
> Hy het die punt dus heeltemal gemis. En
> effens pateties gelyk.
> Wanneer hulle sokker in SA speel,
> is daar dan ook cheerleaders?
>
> Gloudina

------Jy moet die cheerleading by rugbywedstryde sien in die konteks van
vermaak vir die skares. Dis darem ook nie soos doer in die VSA by daai kak
voetbol waar onfikse, vet mannetjies so 30 sekondes speel en 10 minute
rondstaan en kak praat nie! Lyk hulle ie vir jou ook soos 'n spul idiote
met die pot op die kop en arms en bene opgestop? As ek reg verstaan, dan
is die VSA se chearleaders in diens van die span en het hulle in die week
ander pligte om ook die spelers te diens?
Die vroumense op die SA velde is professionele dansers wat via 'n
dansgeselskap in diens geneem word. By die sokker? Dansende vet meme's
werk nie vir TV nie!
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118137 is 'n antwoord op boodskap #118133] Ma, 14 Julie 2008 10:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:a78d2ba1-1549-4e77-8a93-416c77971b76@c65g2000hsa.google groups.com...
> Ek sien deesdae so in die verbyloop nogal baie
> rugby op die TV, veral noudat my man die Currie-
> beker wedstryde kan volg ( al is dit 'n paar dae
> nadat dit oorspronklik gespeel is.)

Watter span ondersteun hy ?
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118139 is 'n antwoord op boodskap #118134] Ma, 14 Julie 2008 14:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

  Lyk hulle ie vir jou ook soos 'n spul idiote
> met die pot op die kop en arms en bene opgestop?   As ek reg verstaan, dan
> is die VSA se chearleaders in diens van die span en het hulle in die week
> ander pligte om ook die spelers te diens?

Ek stem met jou saam dat Amerikaanse football
'n belaglike sport is. Helfte van die tyd staan hulle
met hulle agterente in die lug en driekwart van die
ander tyd lê hulle in 'n hoop op die grond. Rugby
is amper net so erg. Gee vir my sokker enige dag.

Jy dink alweer pornografies oor die cheerleading
in die VSA. Dis 'n kompetisie-sport. Nie dat ek
vreeslik smaak het vir daarna kyk nie.

Gloudina
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118140 is 'n antwoord op boodskap #118137] Ma, 14 Julie 2008 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Riaan skryf

> Watter span ondersteun hy ?

Ek dink nie hy ondersteun enige span spesifiek
nie. Hy wil maar net weet wat aangaan. Hy het
'n suster in Durban wat vreeslik rugby mal is,
en sy broers bly in verskillende dele van SA
en skree vir verskillende spanne.
Ek weet nie eens hoekom hy so getrou
rugby kyk nie. Hy was nooit entoesiasties
oor rugby in sy jong dae nie. Hy het bietjie
krieket gespeel en was 'n goeie bokser.

Gloudina
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118143 is 'n antwoord op boodskap #118139] Di, 15 Julie 2008 07:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:f7111e67-6487-45cb-b56c-be5fa1515de4@26g2000hsk.googleg roups.com...
"Suidwester" skryf

Ek stem met jou saam dat Amerikaanse football
'n belaglike sport is. Helfte van die tyd staan hulle
met hulle agterente in die lug en driekwart van die
ander tyd lê hulle in 'n hoop op die grond. Rugby
is amper net so erg. Gee vir my sokker enige dag.
-------Sokker? Aggenee. Die bol is rond en te voorspelbaar. Die
mannetjies soen mekaar as hulle 'n goal gescore het en tjank vreeslik as
iemand sy maermerrie raakgeskop het. Rugby is darem veel meer kompleks as
die rondebol-roetine.

Jy dink alweer pornografies oor die cheerleading
in die VSA. Dis 'n kompetisie-sport. Nie dat ek
vreeslik smaak het vir daarna kyk nie.
-------Ons hier ken net van die koekies met die bossies in hulle hande wat
skrou by die Amerkiaanse voetbol. Weet niks van die kompetisiesport nie?
Ek dog die byvoordele vir die spelers was die chearleaders se sports? Noem
hulle daai deng nou sport? Kan julle Kanadese kleure kry vir spyker?
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118144 is 'n antwoord op boodskap #118143] Di, 15 Julie 2008 11:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

  Kan julle Kanadese kleure kry vir spyker?

Jy sien nie teveel cheerleaders langs Kanadese
sport soos icehockey en curling nie.

As daar 'n Olimpiese kroon vir spyker ingestel word,
is ek seker dat Kanadese baie kompeterend sal
wees. Hulle het juis nou die dag op Canada Day
in een koerant 'n vergelyking gemaak tusssen ons
en die Amerikaners: Ons het glo 'n hoër inkomste
per persoon as hulle, is gesonder al spandeer ons
minder per persoon aan gesondheid as hulle, en
spyker onder andere meer as hulle.

Gloudina
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118145 is 'n antwoord op boodskap #118144] Di, 15 Julie 2008 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:f4baa1ad-6809-4f3c-a647-a56943743fb1@k30g2000hse.google groups.com...

en spyker onder andere meer as hulle.

Gloudina

En hier het ek nog altyd gedink al wat die Kanadese kan doen is yshokkie
speel
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118146 is 'n antwoord op boodskap #118145] Di, 15 Julie 2008 11:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> En hier het ek nog altyd gedink al wat die Kanadese kan doen is yshokkie
> speel

Beskryf vir my die tipiese Kanadees in jou
kop.

Gloudina
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118147 is 'n antwoord op boodskap #118144] Di, 15 Julie 2008 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:f4baa1ad-6809-4f3c-a647-a56943743fb1@k30g2000hse.google groups.com...
"Suidwester" skryf

Kan julle Kanadese kleure kry vir spyker?

Jy sien nie teveel cheerleaders langs Kanadese
sport soos icehockey en curling nie.

As daar 'n Olimpiese kroon vir spyker ingestel word,
is ek seker dat Kanadese baie kompeterend sal
wees. Hulle het juis nou die dag op Canada Day
in een koerant 'n vergelyking gemaak tusssen ons
en die Amerikaners: Ons het glo 'n hoër inkomste
per persoon as hulle, is gesonder al spandeer ons
minder per persoon aan gesondheid as hulle, en
spyker onder andere meer as hulle.

Gloudina
-----Tante, jy verstom my! So waaragtig het jy 'n humorsin. Ou Torreke
se dop gaan sag word as hy dit moet hoor! Natuurlik sal die Kanadese meer
spyker as die Yanks bloot omdat daar minder is om te doen in Kanada. Ek
meen, om binnenshuis te moet bly vir maande kan net tot een ding
lei......nou speel julle nie rugby nie, en eet ook nie biltong nie. So
julle sal maar moet dit doen wat julle eintlik nie wil doen nie, al is dit
ook hoe aaklig: Sleep die ou vrou nader! Hehe!!!!!!

Hoe beskryf 'n boer 'n G-string? 'n Halfduim fênbelt oor 'n 3 duim
pulley!
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118148 is 'n antwoord op boodskap #118146] Di, 15 Julie 2008 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:dc28fd6e-84cf-4a77-94a4-69fccd6ee544@x35g2000hsb.google groups.com...
> "Riaan" skryf
>
>> En hier het ek nog altyd gedink al wat die Kanadese kan doen is yshokkie
>> speel
>
> Beskryf vir my die tipiese Kanadees in jou
> kop.
>
> Gloudina

--------Die algemene beeld wat die media van die ouens doer in koue Kanada
het, is so soort van Eskimo-like. Maw mense wat swaar klere dra en onder
'n boepmagie het om genoeg vet te hê vir die winterkoue. Ek dink julle is
egter die koue weergawe van die Yanks. Groot bek, dink hulle weet alles,
voor op die wa, ens.
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118149 is 'n antwoord op boodskap #118147] Di, 15 Julie 2008 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

  Natuurlik sal die Kanadese meer
> spyker as die Yanks bloot omdat daar minder is om te doen in Kanada.   Ek
> meen, om binnenshuis te moet bly vir maande kan net tot een ding
> lei

Was jy al ooit in die VSA? Het jy al ooit na 'n
landkaart gekyk? Miljoene Amerikaners bly
baie na aan die grens van Kanada en is net
so koud as ons in die winter. Daar is dele van
die VSA wat meer noord is as waar ek hier
in Ottawa bly ( waar ons net 'n uur van die
grens van New York Staat is.) Buitendien
is mense hier in die winter net so besig
uithuisig as binneshuis. Hulle ski, die kinders
gly van elke sneeubank af, hulle ry met
snowmobiles op "trails" wat spesiaal geskep
word vir hulle, hulle hou braaivleis in die
sneeu, vis op die bevrore riviere en mere.
Ensovoorts, ensovoorts.

Gloudina
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118150 is 'n antwoord op boodskap #118148] Di, 15 Julie 2008 14:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> --------Die algemene beeld wat die media van die ouens doer in koue Kanada
> het, is so soort van Eskimo-like.   Maw mense wat swaar klere dra en onder
> 'n boepmagie het om genoeg vet te hê vir die winterkoue.   Ek dink julle is
> egter die koue weergawe van die Yanks.   Groot bek, dink hulle weet alles,
> voor op die wa.

Ek is bly jy dink aan Kanadese as "Eskimo-like."
Daarin is jy seker in die minderheid. Meeste
Suid-Afrikaners dink aan Kanada as 'n "wit"
land, asof daar net die afstammelinge van
Engelse en Franse hier is.
So mense is verbaas as hulle hier kom
en sien hoe vol die strate is van vrouens met
hijabs en hoe baie swart mense daar is.
Sommige swart mense bly al in Kanada vir
meer as 'n eeu, afstammelinge van die slawe
wat op die underground railway na Kanada
gevlug het. Maar meeste swart mense kom
van plekke soos Haiti. Omdat die swart
mense van Haiti Frans kan praat, is hulle
baie gesog in plekke soos kunsgalerye
waar daar vlot Frans gepraat moet word
wanneer dit nodig is. Ons Goewerneur-
Generaal is ook 'n baie beelskone swart
vorige joernalis van Haiti.
Daarbenewens is daar dele van
Ottawa waar Sjinees selfs op die banke
verskyn, en in Toronto is daar dele waar
Engels nie te maklik verstaan word nie.

Gloudina
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118153 is 'n antwoord op boodskap #118150] Di, 15 Julie 2008 20:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hessie skryf
-
> beelskone <

Moet natuurlik "beeldskone" wees. Wonder hoekom
ons "baie mooi" as "beeldskoon" beskryf. Asof niks
wat in die natuur is, nou eintlik die skoonheid van 'n
beeld kan oortref nie. Wys ons Griekse/Romeinse
kultuurwortels. Mens kry 'n heeltemal ander konsep
van "mooiwees" in die ooste, en in die midde-ooste
is daar weer 'n antipatie teen beelde en beeldeskep.

Gloudina
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118154 is 'n antwoord op boodskap #118149] Wo, 16 Julie 2008 06:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:904c2d3f-8e44-4a16-86c5-c1df649f5fe3@25g2000hsx.googleg roups.com...
"Suidwester" skryf

Natuurlik sal die Kanadese meer
> spyker as die Yanks bloot omdat daar minder is om te doen in Kanada. Ek
> meen, om binnenshuis te moet bly vir maande kan net tot een ding
> lei

Was jy al ooit in die VSA? Het jy al ooit na 'n
landkaart gekyk? Miljoene Amerikaners bly
baie na aan die grens van Kanada en is net
so koud as ons in die winter. Daar is dele van
die VSA wat meer noord is as waar ek hier
in Ottawa bly ( waar ons net 'n uur van die
grens van New York Staat is.) Buitendien
is mense hier in die winter net so besig
uithuisig as binneshuis. Hulle ski, die kinders
gly van elke sneeubank af, hulle ry met
snowmobiles op "trails" wat spesiaal geskep
word vir hulle, hulle hou braaivleis in die
sneeu, vis op die bevrore riviere en mere.
Ensovoorts, ensovoorts.

Gloudina
-----O, ek was al in die VSA en die wonderlike New York waaroor almal kwyl,
vind en in goeie Afrikaans 'n 'kak plek'. Ek is nie 'n mier of 'n
kakkerlak wat in gate moet bly saam met miljoene ander nie. Kan ook vir al
die geld in die wêreld nie verstaan hoekom 'n ou op sneeu wil speel as jy op
die woestyn se sand kan staan nie? Maar dankie, dankie dat julle spul daar
bly want anders was julle almal in ons leë woestyn!
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118155 is 'n antwoord op boodskap #118150] Wo, 16 Julie 2008 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:ac07a189-4c45-49ec-9917-f80bcb4b24e3@y21g2000hsf.google groups.com...
"Suidwester" skryf

> --------Die algemene beeld wat die media van die ouens doer in koue Kanada
> het, is so soort van Eskimo-like. Maw mense wat swaar klere dra en onder
> 'n boepmagie het om genoeg vet te hê vir die winterkoue. Ek dink julle is
> egter die koue weergawe van die Yanks. Groot bek, dink hulle weet alles,
> voor op die wa.

Ek is bly jy dink aan Kanadese as "Eskimo-like."
Daarin is jy seker in die minderheid. Meeste
Suid-Afrikaners dink aan Kanada as 'n "wit"
land, asof daar net die afstammelinge van
Engelse en Franse hier is.
------Ek dink jy maak 'n fout deur te besluit jy weet wat die meeste
Suid-Afrikaners dink! Hoe sal jy weet, of is dit jou massa familie wat jou
vertel? Ek het weer meer gedink Indiaan van wie julle die grond gesteel
het!
So mense is verbaas as hulle hier kom
en sien hoe vol die strate is van vrouens met
hijabs en hoe baie swart mense daar is.
------Dis julle spul wat daar gaan plak het toe sake te warm word in Afrika.
Sommige swart mense bly al in Kanada vir
meer as 'n eeu, afstammelinge van die slawe
wat op die underground railway na Kanada
gevlug het.
-------Vir meer as 'n honderd jaar 'n 'underground railway' allie pad na
Kanada? Bliksem. Vertel!

Maar meeste swart mense kom
van plekke soos Haiti. Omdat die swart
mense van Haiti Frans kan praat, is hulle
baie gesog in plekke soos kunsgalerye
waar daar vlot Frans gepraat moet word
wanneer dit nodig is. Ons Goewerneur-
Generaal is ook 'n baie beelskone swart
vorige joernalis van Haiti.
-------Wat's fout met Haiti?
Daarbenewens is daar dele van
Ottawa waar Sjinees selfs op die banke
verskyn, en in Toronto is daar dele waar
Engels nie te maklik verstaan word nie.
------Hier in Nam word daai gebrekkige Engels Namlish genoem. By julle
Canlish? Hehe!
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118156 is 'n antwoord op boodskap #118146] Wo, 16 Julie 2008 08:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:dc28fd6e-84cf-4a77-94a4-69fccd6ee544@x35g2000hsb.google groups.com...

> Beskryf vir my die tipiese Kanadees in jou
> kop.
>
> Gloudina

Moeilike vraag - Sal se baie dieselfde as die Engelse, in hulle houding,
humor, en allerdaagse omgang.
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118158 is 'n antwoord op boodskap #118156] Do, 17 Julie 2008 01:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Moeilike vraag - Sal se baie dieselfde as die Engelse, in hulle houding,
> humor, en allerdaagse omgang.

Nee, ek dink nie Kanadese is soos Engelse nie.
Eintlik steek enige persoon met 'n duidelike
Britse aksent hier uit soos 'n seer duim ( as
ek my nou dié anglisisme kan veroorloof. )
Soos ek alreeds verduidelik het, eintlik is
die bevolking van Kanada baie kosmopolities.
Daar is byvoorbeeld vreeslik baie mense
wat mens Indiërs sou noem, maar wat nie
in Indië gebore is nie maar in plekke soos
British Guyana of Oos-Afrika of sulke
plekke. Selfs die mense wat jy "wit" sou
noem, kom meeste van die tyd uit Oos-
Europese lande.
Eintlik is Engelse mense nie te populêr
hier nie. Veral as hulle uit redelike lae klas
kringe in Engeland kom, en dan hier in
Kanada vir hulle saaits kom aansit.

Gloudina
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118159 is 'n antwoord op boodskap #118155] Do, 17 Julie 2008 01:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> -------Vir meer as 'n honderd jaar 'n 'underground railway' allie pad na
> Kanada?   Bliksem.   Vertel!

As jy werklik nie weet van die Underground
Railroad in die negentiende eeu nie, sal ek
graag daarvan vertel. Maar jy het seker tog
al daarvan gehoor?

Gloudina
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118162 is 'n antwoord op boodskap #118159] Do, 17 Julie 2008 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:17dcbf4a-59d8-4de0-a1a5-999ac7aa20ac@8g2000hse.googlegr oups.com...
"Suidwester" skryf

> -------Vir meer as 'n honderd jaar 'n 'underground railway' allie pad na
> Kanada? Bliksem. Vertel!

As jy werklik nie weet van die Underground
Railroad in die negentiende eeu nie, sal ek
graag daarvan vertel. Maar jy het seker tog
al daarvan gehoor?

Gloudina
---Vertel my.
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118164 is 'n antwoord op boodskap #118162] Do, 17 Julie 2008 12:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf
> ---Vertel my.

Soos jy seker weet is die aanhou van slawe in die
Britse Ryk vroeg in die negentiende eeu al verbied.
( Dis een van die redes wat aangegee word vir die
Groot Trek in SA, omdat die slawe-eienaars
ontevrede was om hulle slawe as besittings te
verloor.) In die VSA is slawerny egter alleen
verbied na die Amerikaanse Burgeroorlog wat
in die sestigerjare van die 19de eeu geveg is.
Daar was teen daardie tyd baie mense wat
teen slawerny gekant was, veral die Quakers,
en hulle het aktief gehelp om slawe te help
ontsnap. So hulle het ontsnap-roetes beplan
na Kanada, waar slawerny nie meer toegelaat
is nie. Dit het die terme van die spoorweg
gebruik om aan te dui waar die veilige hawens
was en wie die pogings gelei het. In Kanada
was daar dan mense wat hulle ontvang het en
vir hulle beskerm het teen die Amerikaanse
"bounty hunters" wat oor die grens gekom
het om hulle te probeer ontvoer terug na die
VSA toe.
As jy "Underground Railway" google,
kan jy baie oor hierdie aktiwiteit lees.

Gloudina
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118168 is 'n antwoord op boodskap #118164] Vr, 18 Julie 2008 08:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
On Jul 17, 2:19 pm, Hessie wrote:

         ( Dis een van die redes wat aangegee word vir die
>          Groot Trek in SA,  omdat die slawe-eienaars
>          ontevrede was om hulle slawe as besittings te
>          verloor.)  

STRONT!!!

Hulle was nie ontevrede oor die verlies van die slawe nie, maar oor
die geldelike verlies as gevolg van hopeloos ontoereikende kompensasie
deur die Britse Owerheid.

Lees die Retief traktaat en ook ook die verduidelikings deur ander
Trekkers

http://husky1.stmarys.ca/~wmills/retief_manifesto.html

"2. We complain of the severe losses which we have been forced to
sustain by the emancipation of our slaves..."
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118169 is 'n antwoord op boodskap #118168] Vr, 18 Julie 2008 10:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf
> STRONT!!!

> Hulle was nie ontevrede oor die verlies van die slawe nie, maar oor
> die geldelike verlies as gevolg van hopeloos ontoereikende kompensasie
> deur die Britse Owerheid.
> "2. We complain of the severe losses which we have been forced to
> sustain by the emancipation of our slaves..."

Dis hare kloof.

Gloudina
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118173 is 'n antwoord op boodskap #118164] Ma, 28 Julie 2008 07:18 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:c171faab-bb71-40fa-980e-e963e80c4378@z66g2000hsc.google groups.com...
> "Suidwester" skryf
>> ---Vertel my.
>
> Soos jy seker weet is die aanhou van slawe in die
> Britse Ryk vroeg in die negentiende eeu al verbied.
> ( Dis een van die redes wat aangegee word vir die
> Groot Trek in SA, omdat die slawe-eienaars
> ontevrede was om hulle slawe as besittings te
> verloor.) In die VSA is slawerny egter alleen
> verbied na die Amerikaanse Burgeroorlog wat
> in die sestigerjare van die 19de eeu geveg is.
> Daar was teen daardie tyd baie mense wat
> teen slawerny gekant was, veral die Quakers,
> en hulle het aktief gehelp om slawe te help
> ontsnap. So hulle het ontsnap-roetes beplan
> na Kanada, waar slawerny nie meer toegelaat
> is nie. Dit het die terme van die spoorweg
> gebruik om aan te dui waar die veilige hawens
> was en wie die pogings gelei het. In Kanada
> was daar dan mense wat hulle ontvang het en
> vir hulle beskerm het teen die Amerikaanse
> "bounty hunters" wat oor die grens gekom
> het om hulle te probeer ontvoer terug na die
> VSA toe.
> As jy "Underground Railway" google,
> kan jy baie oor hierdie aktiwiteit lees.
>
> Gloudina
----As ek jou storie nou reg het, dan het Kanada 'n hoop slawe ontvang uit
die VSA? Soos vlugtelinge van orals uit die wêreld, ook Suid-Afrika?
Wat's fout met Kanada dat mense nie uit eie meriete wil soontoe nie?
Vorige onderwerp: Buchan se lekker roomys 2...
Volgende onderwerp: Om van NAAR te raak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 23:15:18 MGT 2024