Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika
Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118133] |
Ma., 14 Julie 2008 00:51  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek sien deesdae so in die verbyloop nogal baie
rugby op die TV, veral noudat my man die Currie-
beker wedstryde kan volg ( al is dit 'n paar dae
nadat dit oorspronklik gespeel is.) So elke dan
en wan sien mens dus cheerleaders optree. Ek
was nog nooit 'n bewonderaar van cheerleading
by sportsgeleenthede nie. Maar dis blykbaar
'n instelling in die VSA, en word as 'n soort sport
beoefen. Maar die vreeslike skamel geklede
cheerleaders wat ek op die sportsvelde in SA
sien, is darem eens te veel vir my. Dit tref mens
as amper pornografies, so vreeslik skamel
gekleed is hulle. Ek dink ook in hulle poging
om die Amerikaners na te aap, verstaan hulle
die verskynsel heeltemal mis. Dis nooit 'n
goeie idee om die Amerikaners na te aap nie.
Gedurende die hippie-jare het ons eenkeer
'n gesin Afrikaans hoor praat hier in Ontario.
Die seun by die ouers was aangetrek soos
wat hy gedink het 'n hippie behoort te lyk.
Die jeans en die bandjie om die voorhoof.
Maar dit was baie duidelik dat hy die klere
'n dag of wat gelede nuut gekoop het.
Hy het die punt dus heeltemal gemis. En
effens pateties gelyk.
Wanneer hulle sokker in SA speel,
is daar dan ook cheerleaders?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118154 is 'n antwoord op boodskap #118149] |
Wo., 16 Julie 2008 06:40   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:904c2d3f-8e44-4a16-86c5-c1df649f5fe3@25g2000hsx.googleg roups.com...
"Suidwester" skryf
Natuurlik sal die Kanadese meer
> spyker as die Yanks bloot omdat daar minder is om te doen in Kanada. Ek
> meen, om binnenshuis te moet bly vir maande kan net tot een ding
> lei
Was jy al ooit in die VSA? Het jy al ooit na 'n
landkaart gekyk? Miljoene Amerikaners bly
baie na aan die grens van Kanada en is net
so koud as ons in die winter. Daar is dele van
die VSA wat meer noord is as waar ek hier
in Ottawa bly ( waar ons net 'n uur van die
grens van New York Staat is.) Buitendien
is mense hier in die winter net so besig
uithuisig as binneshuis. Hulle ski, die kinders
gly van elke sneeubank af, hulle ry met
snowmobiles op "trails" wat spesiaal geskep
word vir hulle, hulle hou braaivleis in die
sneeu, vis op die bevrore riviere en mere.
Ensovoorts, ensovoorts.
Gloudina
-----O, ek was al in die VSA en die wonderlike New York waaroor almal kwyl,
vind en in goeie Afrikaans 'n 'kak plek'. Ek is nie 'n mier of 'n
kakkerlak wat in gate moet bly saam met miljoene ander nie. Kan ook vir al
die geld in die wêreld nie verstaan hoekom 'n ou op sneeu wil speel as jy op
die woestyn se sand kan staan nie? Maar dankie, dankie dat julle spul daar
bly want anders was julle almal in ons leë woestyn!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Oor "cheerleaders" in Suid-Afrika [boodskap #118173 is 'n antwoord op boodskap #118164] |
Ma., 28 Julie 2008 07:18  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:c171faab-bb71-40fa-980e-e963e80c4378@z66g2000hsc.google groups.com...
> "Suidwester" skryf
>> ---Vertel my.
>
> Soos jy seker weet is die aanhou van slawe in die
> Britse Ryk vroeg in die negentiende eeu al verbied.
> ( Dis een van die redes wat aangegee word vir die
> Groot Trek in SA, omdat die slawe-eienaars
> ontevrede was om hulle slawe as besittings te
> verloor.) In die VSA is slawerny egter alleen
> verbied na die Amerikaanse Burgeroorlog wat
> in die sestigerjare van die 19de eeu geveg is.
> Daar was teen daardie tyd baie mense wat
> teen slawerny gekant was, veral die Quakers,
> en hulle het aktief gehelp om slawe te help
> ontsnap. So hulle het ontsnap-roetes beplan
> na Kanada, waar slawerny nie meer toegelaat
> is nie. Dit het die terme van die spoorweg
> gebruik om aan te dui waar die veilige hawens
> was en wie die pogings gelei het. In Kanada
> was daar dan mense wat hulle ontvang het en
> vir hulle beskerm het teen die Amerikaanse
> "bounty hunters" wat oor die grens gekom
> het om hulle te probeer ontvoer terug na die
> VSA toe.
> As jy "Underground Railway" google,
> kan jy baie oor hierdie aktiwiteit lees.
>
> Gloudina
----As ek jou storie nou reg het, dan het Kanada 'n hoop slawe ontvang uit
die VSA? Soos vlugtelinge van orals uit die wêreld, ook Suid-Afrika?
Wat's fout met Kanada dat mense nie uit eie meriete wil soontoe nie?
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 13 16:36:57 UTC 2025
|