Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skuus Lou
|
|
|
|
|
|
Re: Skuus Lou [boodskap #11715 is 'n antwoord op boodskap #11593] |
Mon, 08 December 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message
> Was die deursnee
> Afrikaner altyd so katterig, of is ek al te
> lank uit die land uit?
Die deursnee-Afrikaner is, volgens my waarneming, van die katterigste mense
te wêreld.
Ek dink dit het daarmee te doen dat die "deursnee-Afrikaner" geen of weinig
respek het vir ander mense Jy kom dit gou agter as jy hoor hoe "regses",
byvoorbeeld, van swartmense praat. Maar as jy hoor hoe hulle praat van
"liberales" (iets waarvoor ek in daardie kringe uitgeskel word die oomblik
as ek my bek oopmaak - glo dit as jy wil), of selfs van regses uit 'n ander
kamp, dan kom jy agter dat die rassekwessie bloot insidenteel is. Hulle het
geen respek vir swartmense nie, nie soseer omdat die mense swart is nie,
maar eenvoudig omdat hulle self niemand respekteer wat nie op elke punt met
hulle saamstem nie.
En nee, Gloudina, dit is nie 'n nuwe kwaal nie, en nie beperk tot "regses"
nie. Jy is self volkome daarmee besmet, soos jou bydraes op hierdie poslys
deurentyd toon - jou jongste episteel aan At in besonder.
Leendert
|
|
|
|
|
|
Re: Skuus Lou [boodskap #11719 is 'n antwoord op boodskap #11593] |
Mon, 08 December 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
>
> Jy sê jy het getrek toe SA nog relatief
> beskaaf was. Op daardie tydstip was daar
> 'n laegraadse burgeroorlog in die land,
> veroorsaak deur die feit dat die nie-blanke
> meerderheid geen ander manier kon sien om
> onder die juk van die blanke minderheid uit
> te kom nie.
Heeltemal waar. Maar, soos gewoonlik , net gedeeltelik waar.
> Wel, as dinge daar onhoudbaar word, sal ek optree
> soos ek goeddink. Ek het verlede week aan my suster
> in Pretoria direk gevra of sy onveilig voel in die
> strate, en sy het gesê dat sy vry rondbeweeg waar
> sy graag wil wees.
Die sleutel lê in die laaste vyf woorde hierbo. Dit lyk nie asof baie
Pretorianers uit 'n bepaalde stratum van die samelewing veel buite Menlyn
Sentrum en die Carousel "wil" beweeg nie.
'n Gesin wat Saterdag 'n seminaar van my bygewoon het moes ma by die huis
los om dit op te pas. Twee Sondae gelede is bure se huis totaal en al
vernietig terwyl die gesin in die kerk was - niks geestell nie, alles
verpletter. "Huis" is 400 meter van die naaste huise van Mamelodi. Ma is 'n
dosent by die Malmelodi tegniese kollege. Pa is een van die middlejarige
witmans wat 'n pakket gekry het. Hy bedryf nou 'n winkeltjie op die plot, en
onderrig sy kinders tuis. (Drie dogters, oudste 12.)
Die gesin het nooddrils wat hulle instel wanneer hulle aangeval word.
Verlede Woensdag het dit hulle lewe gered toe iemand die voordeur begin
afbreek terwyl hulle TV kyk.
> Ons vriendin
> wat ons onlangs besoek het, en wie se man in enige
> Universiteit werk kan kry weens sy kundigheid, sê
> dat hulle geen plan het om uit SA te trek nie, want
> die land is te interessant vir haar op die oomblik.
> So daar is nou die opinie van iemand wat daar bly,
> en met wie ek kort gelede gepraat het. 'n Afrikaner,
> oorspronklik van die Noordweste.
Ek stem saam. Dit is een van die interessantste plekke in die wêreld om te
bly - as jy 'n opsie het, soos jou vriendin, en soos sy op kort kennisgewing
kan besluit daar is ander interessanter plekke.
As jy nie in die posisie is om "in enige universiteit" werk te kry weens jou
kundigheid nie - as jy weens ouderdom onwelkom is in ander lande, of omdat
jou kundighede in ander lande minder skaars is as in SA, raak dit minder
interessant.
Jou bronne is miskien minder divers as wat jy dink, Gloudina.
Leendert
|
|
|
|
|
Re: Skuus Lou [boodskap #11737 is 'n antwoord op boodskap #11593] |
Tue, 09 December 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Key Bored wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" wrote:
>
>> Swak regerings kom in alle kleure.
>
> Jawohl
>
>> Die een wat ons nou het is ten minste so swak as die vorige.
>
> Aber nein! Wat ons gehad het is 'n regering wat met alle mag en
> geweld die land opgefok het.
En 'n buiteparlementêre opposisie wat met groot kundigheid, geduld, en 'n
wonderlike respek vir menseregte almaardeur daaraan gwerk het om die land op
te bou soos ons nou sien, nie waar nie?
> Al wat ons nou het is 'n opgefokte land
> - en 'n regering wat ten minste in die regte rigting probeer gaan.
1) Opgefok, inderdaad - ek let op dat baie lede van die huidge regering nou
amnestie vra vir "opfok" -aksies - sanksies en so meer(en sommer deur die
bank amnestie toegestaan word, sonder verdere vrae).
2) Wat is, volgens jou, die "regte rigting"? (Enige rigting waarin die
regering gaan?)
3) Is daar enige ander rigtings waarin die regering ook gaan? - benewens
nou die "regte" een?
>
> OK daar is probleme - die houding wat ons deesdae in die binnekringe
> van die toekomstige ANC leierskap sien is kommerwekkend. MAAR anders
> as in die vorige 40 jaar is daar 'n eenvoudige meganisme waarmee (so
> kan ons ten minste hoop) hulle ergste hubris in die bek geruk kan
> word: Repeat after me: the vote.
Soos ek gister op gewys het - "the vote" van agt hiënas en twee skape wat
stem oor die spyskaart vir aandete.
> En soos die onlangse manewales in
> Gauteng se leierskapverkiesings vir ons mooi gewys het kan daai
> leierskap nie so maklikl wegkom met ondemokratiese en outoritere
> optrede soos van tevore nie.
Jy beweer dus dat hierdie regering ("daai leierskap" oftewel "die
toekomstige ANC leierskap") tevore maklik weggekom het met ondemokratiese en
outoritêre optrede?
> En waar vryheid heers, waar debat kan
> heers is daar meer van 'n kans dat beleid in 'n sinvolle rigting kan
> verander. Maar dan het jy 'n vlymskerp swaard nodig, en nie 'n stomp
> byl (dis kak, daai's kak nie).
Dink jy ons samelewing is toegerus met 'n vlymskerp swaard? - of met 'n
stomp byl (gedagtig nou aan "daai leierskap" waarna jy hierbo verwys).
>> Die enigste ding wat erger is, is om van rassisme beskuldig te word as jy
>
> Ag ek word gereeld van rassisme beskuldig; wat is so bad daaraan.
>
> Feit is, ek IS rassisties. Jy is rassisties. Al wat 'n witmens in
> hierdie land is, is rassisties
Net witmense?
Leendert
|
|
|
Re: Skuus Lou [boodskap #11738 is 'n antwoord op boodskap #11593] |
Tue, 09 December 1997 00:00   |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> My vrou en dogters het baie van hul boeke en CD's by die stadsbiblioteek
> uitgeneem (die enigste tak wat CD's en videos aanhou, en die grootste keuse
> van boeke). Nou is dit net te gevaarlik.
>
> Leendert
>
> Hallo Leendert
Presies dieselfde het met my gebeur. Op 'n Saterday oggend in Februarie
hierdie jaar, is ek biblioteek toe, ook vir CD's ens., en my vriend is om die
hoek om solank bank toe te gaan. Hy is erg aangerand, terwyl mense links en
regs verbygestroom het. Niemand wil betrokke raak nie.
Ek gaan nie meer na die hoofbiblioteek toe nie.
Terwyl ek daar was, het ek opgemerk dat daar vir die eerste keer versoeke
opgeplak is, in die dames kleedkamer, dat daar tog nie hare gewas mag word of
gebad word in die handwasbakke nie. Daar is 'n geweldige tekort aan nuwe
boeke, en die begroting is kwaai gesny. Daar's mense wat aan die toonbanke sit
wat skaars kan lees of skryf - hulle kan nie 'n boek vir jou opspoor nie, omdat
hulle die eenvoudigste woord nie kan spel nie. Hulle sit maar daar, terwyl 'n
paar ander al die werk moet doen.
Ek het op 'n stadium gedroom van die dag wanneer biblioteeksboeke vrylik
beskikbaar sou wees, vir alle mense van alle rasse. Die teenoorgestelde het
toe gebeur.
Groete
V.
|
|
|
|
Re: Skuus Lou [boodskap #12000 is 'n antwoord op boodskap #11593] |
Mon, 05 January 1998 00:00  |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote:
>
> On Tue, 09 Dec 1997 09:58:19 +0200, Lou wrote:
>
[color=blue]>
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:50:51 UTC 2025
|