Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bitter woedendes veg teen Osama
Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117767] |
Sun, 22 June 2008 08:53  |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Lig in die tonnel.
Hillary se ondersteuners gebruik nou hul energie om John McCain te
ondersteun. So, daar's hoop:-)
(Sy het gewys wat haar politieke denke werd is, deur gat oor kop te
slaan en vìr dit te wees warteen sy met alle mag geveg het. Is dit
omdat Osama haar kan help om $31 miljoen skuld te delg? Of is dit
omdat 'n mening daar is om verander te word? Of omdat sy 'n
vise-presidentskap aangebied is?
Dallax
(Dave se weergawe van Pollux)
|
|
|
|
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117769 is 'n antwoord op boodskap #117767] |
Sun, 22 June 2008 14:16   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dave skryf
> (Sy het gewys wat haar politieke denke werd is, deur gat oor kop te
> slaan en vìr dit te wees warteen sy met alle mag geveg het. Is dit
> omdat Osama haar kan help om $31 miljoen skuld te delg? Of is dit
> omdat 'n mening daar is om verander te word? Of omdat sy 'n
> vise-presidentskap aangebied is?
Ek twyfel of Hilary-mense vir John McCain sal
stem. Die gevaar is dat hulle van die stembus
sal wegbly.
Vir sover 'n Kanadees nou sy predileksie
oor Amerikaners se verkiesing kan uitspreek- -
ek het nogal gehoop dat sy die kandidaat sou
wees met Obama as vise-president. Maar nou
het dinge anders uitgedraai. Hy versamel blykbaar
geld soos water in, terwyl haar bydraes opdroog.
En geld is al wat tel.
John McCain het homself uitgenooi om
die verlede week in Kanada te kom deurbring.
Hy wil dit baie duidelik maak dat hy vierkantig
agter NAFTA ( North American Free Trade
Agreement) staan. Daar was 'n hoe-ha oor
NAFTA 'n ruk gelede, toe Obama en Hillary
albei verkondig het dat, as hulle president word,
hulle die terme van NAFTA sal hersien. Die
hoe-ha het gekom toe dit uitgekom het dat
iemand uit Obama se kamp Kanadese diplomate
gebel het en gesê het Kanada hoef nie te vrees nie.
Dis sommer net verkiesings-gepraat om hulle
meer populêr te maak in die Upper Mid-West.
Die grap is natuurlik dat Kanada glad nie
rede het om "te vrees" nie. As enige Amerikaanse
president NAFTA wil hersien, dan sal hulle fyn
moet oppas. Op die oomblik het Kanada hom
verbind om al die olie, wat die VSA uit Kanada
wil aankoop, aan hulle te verkoop. As NAFTA
hersien word, kan Kanada maklik weier om weer
hierdie ding te onderneem, want die hele wêreld
is agter Kanada se olie. Dan sal dit die VSA
wees wat met die gebakte pere sit.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117782 is 'n antwoord op boodskap #117780] |
Mon, 23 June 2008 10:25   |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 23 Jun 2008 11:43:26 +0200, "Torreke" wrote:
>
> "Dave" < wrote
>> Lig in die tonnel.
>> Hillary se ondersteuners gebruik nou hul energie om John McCain te
>> ondersteun. So, daar's hoop:-)
>> (Sy het gewys wat haar politieke denke werd is, deur gat oor kop te
>> slaan en vìr dit te wees warteen sy met alle mag geveg het. Is dit
>> omdat Osama haar kan help om $31 miljoen skuld te delg? Of is dit
>> omdat 'n mening daar is om verander te word? Of omdat sy 'n
>> vise-presidentskap aangebied is?
>> Dallax
>> (Dave se weergawe van Pollux)
>
> Daar's 'n intersaante berig in vandag se DD.
>
> Daarvolgens loop McCain op hierdie stadium met 48% teen 47% voor. Maar wat
> op stemdag baie moontlik die deurslag kan gee is dat sowat 60% respondente
> gesê het McCain is 'n "veiliger" keuse as Obama. Sowat 'n derde van wit
> respondente het erken dat ras wel vir hulle 'n rol speel.
Baie interessant. Ek gaan dit lees.
Tog vreend dat hy (McCain) by ons lokale poniekoerante geen
mediadekking kry nie. Dit word op 'n manier geskryf asof die wedstryd
slegs tussen Hillary en Obama was. En volgens wat jy hier sê, word ons
mislei. Vele artikels het vertel van die piolitieke stryd tussen hulle
sonder om self net McCain se naam te noem.
Ek hoop McCain wen. Nie net omdat hy wit is nie, maar ook omdat hy
meer konserwatief is. Ouer, meer ervare, en hy hang opsigtelik 'n meer
konserwatiewe denkrigting aan.
Dan is daar ook die kiesers wat hulself die vraag afvra, wat sou
gebeur met die Amerikaanse politiek as Obama, wat (blykbaar) voorheen
'n moslem was en toe die Christelike geloof aangeneem het, weer moslem
word.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bitter woedendes veg teen Osama [boodskap #117829 is 'n antwoord op boodskap #117769] |
Mon, 23 June 2008 16:20  |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 22 Jun 2008 07:16:59 -0700 (PDT), Hessie wrote:
> Hy versamel blykbaar geld soos water in, terwyl haar bydraes opdroog.
> Gloudina
>
Jy neuk ons mooi taal op erger as wat
die Argentiniërs kan dink om te doen.
Mens samel geld in en kan nie geld in versamel nie.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 10:47:04 UTC 2025
|