Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » re. Hjalmar Gerber se houding
re. Hjalmar Gerber se houding [boodskap #11723 is 'n antwoord op boodskap #11724] Ma, 08 Desember 1997 00:00
Marius du Plessis  is tans af-lyn  Marius du Plessis
Boodskappe: 3
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Geagte nuusgroep,
Ek sou my geskaam het as ek Hjalmar Gerber was om homself 'n Afrikaner te
noem, om Afrikaans as sy moedertaal te beskou, om so baie oor ons land te
weet wat hy so lank gelede reeds verlaat het. My mening is dat ons nie
mense soos hy nodig het om 'n ongevraagde opinie oor iets waarvan hy
absoluut niks weet nie op die internet te kom verkoop nie.
"Die beste stuurman staan aan wal" lyk dit my, hoekom bemoei hy hom nie met
sy eie land, hulle kultuur, gemeenskapsbetrokkenheid ens. nie, in stede
daarvan om te probeer regverdiging vir homself te soek hier op die
nuusgroeep nie.
Overgesetsynde " Ek wens drommels soos hy wil hulle ry kry"
Groetnis
Doep
Re: re. Hjalmar Gerber se houding [boodskap #11724 is 'n antwoord op boodskap #11723] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
mari...@icon.co.za kla. . .

> Geagte nuusgroep,

'n Nuusgroep is nie formele groep nie. Dis 'n ope forum.

> Ek sou my geskaam het as ek Hjalmar Gerber was om homself 'n Afrikaner te
> noem, om Afrikaans as sy moedertaal te beskou, om so baie oor ons land te
> weet wat hy so lank gelede reeds verlaat het.

Jy kan egter nie die feit wegwens nie. Ek "voel" jou pyn. :-)

Doep, 'n mening is soos 'n poephol: Elkeen het een. Jy hou
skynbaar nie van my reuk nie, en ek moet byvoeg dat ek liewer
bo-wind van jou en Gloudina (met die rooi onderrok) en TV wil wees.

> My mening is dat ons nie mense soos hy nodig het om 'n
> ongevraagde opinie oor iets waarvan hy absoluut niks weet
> nie op die internet te kom verkoop nie. "Die beste stuurman
> staan aan wal" lyk dit my. . .

Doep, synde dat jy jouself nou as die amptelike keurder van
waardige menings aangestel het, mag ek voorstel dat elkeen op
die nuusgroep voortaan hulle skrywe aan jou voorl^e vir goed-
keuring voordat hulle dit plaas ?

As jy nie van my mening hou nie, hoef jy dit nie te lees nie.
Die anargie van die internet is een van die merkwaardigste
ontwikkelings in kommunikasie en demokrasie - ooit! Dis
tyd dat jy jou by die medium aanpas.

> . . . hoekom bemoei hy hom nie met sy eie land, hulle kultuur,
> gemeenskapsbetrokkenheid ens. nie,

Dit doen ek wel. . . tot Gloudina se ergernis. ;-)

> . . . in stede daarvan om te probeer regverdiging vir homself
> te soek hier op die nuusgroeep nie. Overgesetsynde " Ek wens
> drommels soos hy wil hulle ry kry"

Ek het my ry gekry. Is jy nou tevrede ?

Ek hoef dit nie te regverdig nie - nie vir jou nie, nie vir my
nie, nie vir enigiemand nie. As iemand my mening vra - en dis
wat op hierdie nuusgroep gebeur het, dan gee ek dit soms. As
jy 'n vraag vra, moet jy bereid wees om die antwoord te hou.

Verlang jy miskien nie te veel na die ou dae van sensorskap
en die volstruispolitiek nie ? Ek dwing jou nie om te lees
wat ek skryf nie. Mag ek voorstel dat jy voortaan alles wat
ek skryf, vermy ? Dan hoef jy jou nie vir my te skaam nie.

Hjalmar
________
Vorige onderwerp: Re: Kom ons praat Afrikaans!
Volgende onderwerp: Re: Wat nou, Koos?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 21:29:52 MGT 2024