Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is representivity wetenskaplik verantwoordbaar?
Is representivity wetenskaplik verantwoordbaar? [boodskap #116847] Do, 10 April 2008 06:56 na volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
Die huidige ANC-Regering het as verklaarde en uitgesproke beleid dat
regstellende aksie daartoe moet lei dat alle terreine van die samelewing,
staatsdiens, privaatsektor, sportspanne, ens. die bevolkingsamestelling van
SA moet verteenwoordig.

Hierdie pos is NIE oor die noodwendige diskriminasie op grond van ras wat
inherent aan so 'n beleid is nie.

My vraag gaan oor: IS DIT WETENSKAPLIK VERANTWOORDBAAR?

1) Is dit statisties verantwoordbaar?
1.1 ) Die bevolkingsamestelling is op geen twee plekke in SA presies
dieselfde nie. Is dit (a) haalbaar, en (b) verantwoordbaar om die nasionale
bevolkingsamestelling op elke dorp en stad en sfeer van die samelewing af te
pro-beer dwing?

Of is die beleid besig om (1) nuwe "gedwonge verskuiwings" te veroorsaak, en
(2) belaglikhede te veroorsaak soos handevol Karoodorpe waar 90%+ van die
bevolking Afrikaanssprekend is, maar hulle het polisiekantore met
polisielede wat dié taal nie magtig is nie - soms nie eens Engels behoorlik
magtig is nie.

1.2) Word ras- en geslagskwotas in ouditeursfirmas, ingeneurs-omgewings,
sportspanne gebasseer op beskikbaarheid in elke kategorie volgens
statistiese gegewens vir daardie kategorie, of bloot op die nasionale
bevolkingssamestelling?

2) Is daar wetenskaplike studies beskikbaar oor die aanleg en/of
belangstelling onder bepaalde bevolkingsgroepe vir bepaalde beroepe /
sportsoorte?

2.1 ) Is dit nie wetenskaplik uiters onverantwoordelik om van die standpunt
uit te gaan dat alle bevolkingsgroepe en albei geslagte oor presies
dieselfde soort aanleg en/of belangstelling beskik? - dat die verskille
tussen rasse en geslagte bloot uitwendig is? Ek probeer nie suggereer dat
Swartes minder intelligent of swakker sportaanleg het nie!!!!! - ek probeer
bloot sê dat hulle aanleg en/of belangstelling moontlik anders is en vra die
vraag of die beleid van representivity op weteskaplike geverifieerde feite
berus?

2.2) Is daar enige statistiese navorsing gedoen of verskillende rasse en/of
verskillende geslagte oor presies dieselfde hoeveelheid persone beskik wat
bv. die aanleg en/of belangstelling het om ingeneurs of boekhouers te word?

Uiteindelik: Is die huidige ANC-beleid op enige beter wetenskaplike basis
gebou as wat die apartheidsbeleid was, of gaan albei mank aan presies
dieselfde fout: 'n Total sosiale rekonstruksie van die samelewing wat gebou
is bloot op 'n politieke filosofie en NIE op die resultate van behoorlike
wetenskaplike navorsing nie?
Re: Is representivity wetenskaplik verantwoordbaar? [boodskap #116848 is 'n antwoord op boodskap #116847] Do, 10 April 2008 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:BqydnRNTys_VJ2DanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...

Torreke die antwoord op al jou vrae is NEE. Ongelukkig maak dit aan die
regering geen verskil nie, inteendeel dit maak aan die regering sowel as 'n
klomp ander mense (soos gesien kan word in die Rugbyraad) geen verskil nie.

Vold die geld - Indien daar iemand is wat sy vraatsige handjies kan kry op
die geld koffers, dan sal hulle die wet so aanpas indien nodig om dit vir
hom moontlik te maak. As daar nie geld is nie dan verloor hulle
belangstelling. Gaan kyk maar wie is die grootbaas van die SA jukskei en
rolbal span - dit is baie beslis nie 'n swarte nie, want daar is nie geld en
'n gratis oorsese reis om hom te lok nie.
Re: Is representivity wetenskaplik verantwoordbaar? [boodskap #116849 is 'n antwoord op boodskap #116847] Do, 10 April 2008 15:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> 2.1 )  Is dit nie wetenskaplik uiters onverantwoordelik om van die standpunt
> uit te gaan dat alle bevolkingsgroepe en albei geslagte oor presies
> dieselfde soort aanleg en/of belangstelling beskik?

Hier in Noord-Amerika ( en ek neem oral in die
wêreld) het dit nou duidelik geword dat meisies
in skole en vrouestudente in universiteite as 'n
groep beter as seuns en mans presteer. Die
aantal vroue-studente in Kanadese universiteite
is veel groter as die van mans-studente.
Een van die rigsnoere van ANC-beleid is
om die vroulike geslag meer verteenwoordiging
te gee in magstrukture. En elke keer wanneer
ek 'n SA regerings-departement woordvoerder se
naam sien, of 'n publieke aanklaer se naam,
en dis in meeste gevalle Afrikaanse vroue,
dan weet ek dat daardie belofte van die ANC
nie sommer 'n klomp wind was nie.
Ondersoek die motief agter jou denke
in die stuk wat jy geskrywe het. Is dit nie
maar 'n bedekte "argument" om te sê hoekom
is daar skielik nie meer so baie wit mans in die
magstrukture nie? Jy het grootgeword in 'n
tyd toe die vyf miljoen Afrikaners en Engelse
witmense alle magstrukture beklee het. En
hierdie mense was meestal mans, want die
apartheidsvaders het nie geglo in geslags-
gelykheid in die werksmark nie. Nou, ongelukkig
vir jou, is daardie dae oor.

Gloudina
Re: Is representivity wetenskaplik verantwoordbaar? [boodskap #116851 is 'n antwoord op boodskap #116849] Do, 10 April 2008 16:28 Na vorige boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:179249f0-a392-4aba-bb03-ee83d09db18b@y18g2000pre.google groups.com...
"Torreke" skryf

> 2.1 ) Is dit nie wetenskaplik uiters onverantwoordelik om van die
> standpunt
> uit te gaan dat alle bevolkingsgroepe en albei geslagte oor presies
> dieselfde soort aanleg en/of belangstelling beskik?

Hier in Noord-Amerika ( en ek neem oral in die
wêreld) het dit nou duidelik geword dat meisies
in skole en vrouestudente in universiteite as 'n
groep beter as seuns en mans presteer. Die
aantal vroue-studente in Kanadese universiteite
is veel groter as die van mans-studente.
Een van die rigsnoere van ANC-beleid is
om die vroulike geslag meer verteenwoordiging
te gee in magstrukture. En elke keer wanneer
ek 'n SA regerings-departement woordvoerder se
naam sien, of 'n publieke aanklaer se naam,
en dis in meeste gevalle Afrikaanse vroue,
dan weet ek dat daardie belofte van die ANC
nie sommer 'n klomp wind was nie.
Ondersoek die motief agter jou denke
in die stuk wat jy geskrywe het. Is dit nie
maar 'n bedekte "argument" om te sê hoekom
is daar skielik nie meer so baie wit mans in die
magstrukture nie? Jy het grootgeword in 'n
tyd toe die vyf miljoen Afrikaners en Engelse
witmense alle magstrukture beklee het. En
hierdie mense was meestal mans, want die
apartheidsvaders het nie geglo in geslags-
gelykheid in die werksmark nie. Nou, ongelukkig
vir jou, is daardie dae oor.

Gloudina

Jy't nie die vermoë om buitekant jou klein boksie te dink nie...
Jy't nie die vermoë om 'n muntstuk om te draai en na die ander kant te kyk
nie...
Jou brilletjie het konkawe lensies - dit kan net binnetoe kyk en gee jou
tonnelvisie...

Voor jy weer met my probeer gesels, gaan besoek 'n oogkundige en laat hy vir
jou 'n beter bril voorskryf.

Tot dan moet jy my verskoon, ek het beter dinge te doen as om al in die
ronde met jou te redeneer.
Vorige onderwerp: Berouw (tawbah)
Volgende onderwerp: David Bullard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 01:20:41 MGT 2024