Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suidwester - Torreke
Suidwester - Torreke [boodskap #116469] Ma, 03 Maart 2008 07:58 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Kan een van julle asb aan my verduidelik hoe 'n dubbel dekker bus dit regkry
om nie om elke hoek en draai om te val nie. Ek het al gesien hoe van daai
busse om 'n draai kom en erg skuins oorval, maar om een of ander rede nie
omval nie.

Toe ek nog student was, het ek geweier om bo in so bus te sit.
Re: Suidwester - Torreke [boodskap #116471 is 'n antwoord op boodskap #116469] Ma, 03 Maart 2008 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:1204530934.731308@vasbyt.isdsl.net...
> Kan een van julle asb aan my verduidelik hoe 'n dubbel dekker bus dit
> regkry om nie om elke hoek en draai om te val nie. Ek het al gesien hoe
> van daai busse om 'n draai kom en erg skuins oorval, maar om een of ander
> rede nie omval nie.
>
> Toe ek nog student was, het ek geweier om bo in so bus te sit.

1) As hy vinnig genoeg om die draai gaan om die balans ver genoeg te
versteur, sal hy beslis omval! - definitief!
2) Toyota waarsku dat my Hilux 4x4 se "centre of gravity" hoër as as die van
'n sedan voertuig is wat platter gebou is - common sense! - en dat mens
daarom dit versigtiger om 'n draai moet vat as met bv. 'n Corolla of jy gaan
die voertuig omsmyt.
3) Die "centre of gravity" van die dubbeldekker bus sal beslis aansienlik
hoër geleë wees as dié van 'n enkeldek bus, maar die gewig van die enjin en
onderstel sal waarskynlik daartoe bydra dat dit nie so groot is as wat dit
op die oog af mag lyk nie. Ek veronderstel dat hulle aansienlike swaarder
metaal vir die dubbeldekker se onderstel sal gebruik as vir 'n enkeldek - of
ten minste die onderstel met addisionele metaal sal versterk om die dubbele
gewig te dra! - wat dus meer gewig naby die grond gee as by die enkeldek -
die enjin is waarskynlik groter en swaarder, en so ook die aste. Die
swaarder gewig van die onderstel, enjin, en ander komponente laag af sal die
"centre of gravity" outomaties laer maak as wat op die gesig af mag lyk.
Die uiteindelike effek is waarskynlik iets soortgelyk aan die plastiek
speelgoedmannetjies met 'n halfronde loodbasis waarop dit staan; jy kan hom
hoe hard stamp; hy sal sleg oorhel, heen en weer wieg, maar telkens weer op
sy loodvoetjie tot stilstand kom.
Re: Suidwester - Torreke [boodskap #116496 is 'n antwoord op boodskap #116471] Di, 04 Maart 2008 06:25 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:3emdnW5nPPbRWFbanZ2dnUVZ8vqdnZ2d@saix.net...
>
> "Riaan" wrote in message
> news:1204530934.731308@vasbyt.isdsl.net...
>> Kan een van julle asb aan my verduidelik hoe 'n dubbel dekker bus dit
>> regkry om nie om elke hoek en draai om te val nie. Ek het al gesien hoe
>> van daai busse om 'n draai kom en erg skuins oorval, maar om een of ander
>> rede nie omval nie.

>> Toe ek nog student was, het ek geweier om bo in so bus te sit.
------Dink aan 'n seiljag. Lang mas en seile en tog moer hy nie om nie.
Die rede is onder die water, die kiel ek dink, wat as 'n counter weight vir
die mas werk.
Die dubbeldekker se onderstel is ekstra swaar en baie laag tussen die wiele.
Ek is nie seker nie, maar ek sal nie verbaas wees as die dubbeldekker nie
ook spesiale gewigte op sy onderstel dra om sy hoogte te 'counter ' nie.
Vorige onderwerp: Re: Gloudina, wat is jou reaksie hier op?
Volgende onderwerp: Vir Ferdie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 08:55:39 MGT 2024