Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hy praat Afrikaans
Hy praat Afrikaans [boodskap #116454] Sa, 01 Maart 2008 13:35
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kovsies: Joernalis in eetplek aangerand
Mar 01 2008 01:21:23:513AM - (SA)

Llewellyn Prince

Kaapstad. - 'n Joernalis van die Engelstalige gesinstydskrif Drum is
in 'n vermoedelik rassistiese voorval in Bloemfontein deur 'n
"frisgeboude, wit man" in 'n restaurant aangerand terwyl hy oor die
rasse-herrie by die Universiteit van die Vrystaat (UV) wou verslag
doen.

Elmari Rautenbach, Drum se adjunk-redakteur, het gister in 'n
verklaring gesê Themba Makamo, wat Donderdag 26 geword het, het
dieselfde oggend saam met Lucia Swart, 'n joernalis by Drum se
sustertydskrif, Huisgenoot, van hul Johannesburg-kantoor na
Bloemfontein gereis.

Volgens Rautenbach sou die twee joernaliste vir hul onderskeie
tydskrifte verslag doen oor die rasse-woelinge rondom die omstrede
video van die Reitz-koshuis op die kampus van die UV.

Hulle is vergesel deur die fotograaf Papi Morake.

Volgens Rautenbach het die voorval kort voor middernag in die Café on
Second Avenue, van mev. Irna en mnr. Theunis Nortjé, plaasgevind.

" 'n Frisgeboude wit man, wat volgens teenwoordiges nie 'n student is
nie, het Makamo by sy tafel aangespreek en hom later na die badkamer
gevolg.

"In die badkamer het hy Makamo met die kop geslaan, geskop en met die
vuis in die gesig geslaan nadat die aanvaller ander mans in die
badkamer gevra het of hulle van k*****s hou."

Rautenbach het gesê Makamo het 'n klag van aanranding by 'n nabygeleë
polisiekantoor ingedien en is later na 'n hospitaal geneem waar hy
steke ontvang het. Volgens haar het die eienaars van dié uithangplek
hul spyt oor die voorval uitgespreek en bygevoeg dat dit altyd hul
beleid is en was om bakleiers en enigiemand wat rassistiese
aanmerkings in hul restaurant maak, uit te jaag.

Die Nortjés werk tans saam met die polisie om die identiteit van die
vermeende aanvaller vas te stel.

Makamo het ná die voorval gesê dit is nie die verjaarsdaggeskenk
waarvoor hy gewens het nie. "Ons is gewaarsku oor die geweld naby die
kampus, maar ek het nie dit verwag nie." Hy is sedert middel verlede
jaar 'n joernalis by Drum.

Rautenbach het gesê Drum veroordeel die voorval en "glo dat daar geen
plek vir sulke rassistiese gedrag is nie".
Vorige onderwerp: Hulle praat Afrikaans
Volgende onderwerp: Re: Gloudina, wat is jou reaksie hier op?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 03:07:37 MGT 2024