Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reaksie uit New Zealand
Reaksie uit New Zealand [boodskap #116440] Vr, 29 Februarie 2008 12:30 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die waarheid blootgelê maak bitter seer
Feb 29 2008 11:28:55:360AM - (SA)

Louise Luttig

Ná dae van lees oor die sogenaamde walgvideo, waaroor ook hier in Nieu-
Seeland berig word, en nadat die ouers van die studente dit afgemaak
het as studentepret, het ek gaan kyk waaroor die video uiteindelik
gaan.

Ek skaam my. Regtig. My arme, arme alma mater.

Maar die gevoelens wat in my wakker gemaak word, is meer as een van
skaamte.

Iewers, iewers het dinge verskriklik skeefgeloop as jong mansstudente
na al die jare van post-1990 - en selfs vooraf - reken hulle kan so
omgaan met ander mense, en spesifiek dan ook mense van kleur, en van
'n ander geslag.

Swart vrouens.
Op hulle kniee.
Kos opgedwing soos vir 'n dier.
Ingesleep by 'n sogenaamde spel van onderdanigheid en sinspeling op
seksuele aspekte.

Deur jong mans, sowat vier jaar ouer as my oudste kind.

Die rouigheid daarvan wil nie weggaan nie, dit druk swaar op my. Ook
die implikasies vir die Afrikaneragtergrond waarop ek steeds trots
hier waar ek bly in Nieu-Seeland. Ons is mos goed grootgemaak.

Of is ons?

En skielik wonder ek, wie is ons, dan nou regtig. Afrikaners. Want
eenders in uitkyk is ons as groep - net omdat ons Afrikaans praat -
duidelik nie.

Is dit waarvoor vrouens en kinders gesterf het in die groot oorlog 'n
honderd jaar gelede - vir slegte maniere, en disrespek teenoor ander?

Is dit waarvoor jong mans dood is op die grens destyds - sodat ons
mense op hulle knieë kan dwing en verneder?

Is dit hoekom Afrikaanssprekendes al die jare die grond bewerk het, en
gebou het aan die land, waarvoor mense soos Anton Rupert en Elise
Botha, om maar enkeles te noem, 'n Afrikanersskat opgebou het en
Afrikaanse instellings gevestig het, sodat jong Afrikaners,
bevóórregte jong Afrikaners, steeds nie kan opgroei met 'n besef dat
elke mens 'n mens is nie.

Selfs in die donkerste dae van apartheid, was die algemene verhouding
tussen mense van kleur en my mense meestal een van begrip en respek.
Ten spyte van ons verlede. Ten spyte van die optrede van sommige, sou
die optrede van baie 'n verskil maak.

Of so wou ek tot onlangs nog glo.

Hoekom weet so baie jong mense, post apartheid en al, dit nog steeds
nie. 'n Mens is 'n mens is 'n mens, as dink hy nie soos jy nie, al
doen hy nie soos jy nie, al praat en lyk hy nie soos jy nie.

Jy hoef nie met hom saam te stem of selfs van hom te hou nie.

Maar hy bly steeds 'n mens.

Daar was natuurlik uitsonderings, meestal polities, a la Jimmy Kruger:
Dit laat my koud. En Eugene du Kock se gewraakte braai van 'n lyk, of
was dit nou Dirk Coetzee? "The horror, the horror..."

Maar dit was oorlog, kon 'n mens sê, en in oorlog vervaag die grense
tussen dit wat reg en verkeerd is. Maar dit was oorlog, kon mens sê,
en in oorlog vervaag die grense tussen dit wat reg en verkeerd is.

Maar daar was ook die aanranding van 'n swart voetganger deur standerd
nege seuns aan my skool destyds - waarvoor hulle geskors is, as ek reg
onthou, en met 'n misdaadrekord opgeeindig het.

Daar was vele, vele berigte van die mishandeling van aangehoudenes,
die verdwyning van aktiviste, en later die vele stories van die
Waarheids en Versoeningskommissie wat mens, as jy dit nie meer kon
hanteer nie, kon beskou as ongetoetste getuienis.

Maar in die eeu van die televisie oog, van Facebook en Youtube, van
openbaarmaking van die kleinste, intiemste detail, word ek skielik
gekonfronteer met 'n waarheid oor my Afrikanerskap en identiteitsoeke
waarvan ek nie hou nie.

Daar is 'n donker, donker smet op die Afrikaner, en ek voel om te vlug
daarvan.

Die vraag is of ek kan. Twee vriendinne wat hier in Nieu-Seeland
skoolhou vertel nou die dag van die rassisme by Afrikaanse kinders
hier wat hulle verslae laat. Uitgesproke, rou rassisme, van kinders
wat miskien al twee, drie jaar of langer uit Suid-Afrika is, en dit
saamgebring het in hulle bagasie. 'n Erfenis van hul ouers en hul
samelewing wat hulle hier, sonder enige voorbehoud, luidkeels
verkondig: We don't like K**s, miss."

En vir 'n Kiwi meisie met 'n Indiese vriend - "Can't you get a white
boyfriend?"

Dis om van te ween.

Waar kom hierdie geslag vandaan, post-1990, om soos 'n siekte oor die
wereld te versprei?

Waar is hulle ouers, wat moet toesien dat hulle van kleins af weet wat
is reg en wat verkeerd?

En waarom wonder ek deesdae of ek iets het om trots te wees oor my
erfenis?

NS. Na werk ry ek by 'n koffiekroeg aan vir 'n koffie. Hulle is toe,
die koffiemasjien skoongemaak, alles weggepak vir die dag.
Maar die man agter die toonbank hoor my aksent. "You Afrikaans?" sê
hy. Ja, sê ek, en jy? "I'm Yugoslavian", sê hy, "but my girlfriend is
South African. From Pretoria." En net daar maak Ilya van Joego-Slawië
vir my koffie, gratis, net omdat ek Afrikaans praat. En skielik is my
dag sommer beter.
Re: Reaksie uit New Zealand [boodskap #116443 is 'n antwoord op boodskap #116440] Vr, 29 Februarie 2008 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
>  Die waarheid blootgelê maak bitter seer
> Louise Luttig

> Is dit hoekom Afrikaanssprekendes al die jare die grond bewerk het, en
> gebou het aan die land, waarvoor mense soos Anton Rupert en Elise
> Botha, om maar enkeles te noem, 'n Afrikanersskat opgebou het en
> Afrikaanse instellings gevestig het, sodat jong Afrikaners,
> bevóórregte jong Afrikaners, steeds nie kan opgroei met 'n besef dat
> elke mens 'n mens is nie.

Laat dit egter nie vergeet word dat Elise
Botha se seun uiteindelik in die hof getuig
het dat hy 'n aapfetus in ontvangs geneem
het, 'n aapfetus wat uiteindelik in die tuin
van Aartsbiskop Tutu opgehang is. Die
video in Bloemfontein is presies in die
tradisie van Frederik Botha se aapfetus.

Gloudina
Re: Reaksie uit New Zealand [boodskap #116446 is 'n antwoord op boodskap #116443] Vr, 29 Februarie 2008 22:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sprokie van die Spikkelkoei
D.J. Opperman

Uit holtes van 'n boom
het kuddes vee gekom,
toe kies my broer
die spikkelkoei vir hom.

Ek stoot hom oor 'n krans,
hy val in 'n mik,
toe het 'n kraai
op die spikkelkoei gaan sit.

Smeer vet aan die klip,
korrel fyn, moenie kwes,
toe sak 'n duisend vere
noord, suid, oos, wes -

sak 'n duisend kraaie
oor die bloed, oor die klip...
O waar sal ek skuil
teen die stippels wat pik?

Vir die soveelste keer gaan ek weer uitwys
dat hierdie gedig van Opperman die gedig
was waaroor Elise Botha ( néé Lindes)
haar doktorsproefskrif geskryf het.
Profeties.
En ja, ek weet dat Elize Botha oorlede
is. Maar die Afrikanerpsige moet onthou dat
een van die "moeders" van hulle kultuur 'n
seun gebaar het wat gewillig was om onheilige
dinge te doen, vir korttermyn gewin. Ek dink
die Afrikaner behoort ernstig te kyk na sy
wortels en wie sy helde behoort te wees.
Ek wonder of Bram Fischer nie 'n ernstiger
kandidaat as held vir die Afrikaner moet wees
as Elize Botha en Pik Botha nie. As die
Afrikaner nie ernstig sy hand in eie boesem
slaan nie, dan dink ek die dae van die Afrikaner
as 'n groep se dae is getel. En ons weet wie
Lady Macbeth was.

Gloudina
Re: Reaksie uit New Zealand [boodskap #116447 is 'n antwoord op boodskap #116440] Vr, 29 Februarie 2008 22:44 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
>  Die waarheid blootgelê maak bitter seer
> Feb 29 2008 11:28:55:360AM  - (SA)
>
> Louise Luttig


> Waar kom hierdie geslag vandaan, post-1990, om soos 'n siekte oor die
> wereld te versprei?
>
> Waar is hulle ouers, wat moet toesien dat hulle van kleins af weet wat
> is reg en wat verkeerd?
Vorige onderwerp: Aai, aai, die witborskraai, hiervandaan na Mosselbaai
Volgende onderwerp: Hulle praat Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 06:40:48 MGT 2024