Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » '" 'n Wit Berk het in die Bos gestaan " deur BAREND TOERIEN
'" 'n Wit Berk het in die Bos gestaan " deur BAREND TOERIEN [boodskap #116400] So, 24 Februarie 2008 14:34
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
'N WIT BERK HET IN DIE BOS GESTAAN - Variasies
Barend Toerien

1
'n Wit berk het in die bos gestaan
drie wit stamme met wit basse aan

dun vingers
met vingertoppe in 'n blou bak blare

2
Die spikkels op die berk
die sproete op jongmeisiebene
die negatief van 'n naghemel-foto

3
As ek net lank genoeg hier wag
sal 'n meisie verskyn en haar lang wit arms
saggies om my slaan. Ag -

4
Waar sit die blaarmatryse?
Soms dink ek hulle is ondergronds
in 'n groot doenigheid
soos die groen deeg uitgerol
en uitgedruk word in soetkoek-vormpies.

5
Herfs is haar blaartjies geel
'n anemiese sitroen
en op vlug van die boom
giggel hulle en jil
en pointe.

6
'n Wurm met 'n mond vol verrotte blare
sê : "Dankie tog, Tannie Berk, dat jy hulle vir my afgooi."
Toe kom daar 'n koor van ver stemmetjies, versmoor:
Sy't my g'n afgegooi nie, ek het self laat los!
(en stiltewaarts gesneeu?)

7
Winters is dit 'n gewedywer
om wie is die witste wit.
Witter as sneeu laat my skyn
kraak die takkies, saggies
en die nuwe bassies.

8
Deur die splete van die hemel
dring die vlokke kapok.
Die berk trek haar nerts net stywer.

9
In die diep sneeu het 'n bokkie kom skuur
teen die stamme, en die bassies geknaag
en toe ek my asem ophou, het dit effe gehurk
en 'n string stomende krale die sneeu ingestuur.
Vorige onderwerp: " Meriba " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Uit " Lewensdood" deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:45:27 MGT 2024