Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Meneer met 'n gesplete tong
| Meneer met 'n gesplete tong [boodskap #115648] |
Sa., 08 Desember 2007 18:51  |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi, waarom word na mense soos ncube en moyo, selfs na so 'n
erkenning, as meneer verwys? 'n Titel voor 'n naam is tog om respek te
betoon.
Die vraag is sonder enige bybedoelings, maar slegs iets wat ek lankal
aan iemand wat betrokke is by beriggewing wou vra.
* http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2235083,00. html
Martel-aanval: 'Dít was my motief'
Dec 07 2007 09:59:04:163PM - (SA)
Marietie Louw-Carstens
Mookgopong (Naboomspruit). Hy wou mnr. Theuns Janse van Rensburg
"seermaak" omdat hy hom "sleg" behandel het, het die onwettige
Zimbabwiër wat van dié martelaanval beskuldig is, gister buite die hof
gesê.
Janse van Rensburg (72), wat herhaaldelik met 'n panga oor die kop
geslaan is, se toestand het gister in die hospitaal begin versleg en
sy familie verwag die ergste.
Sy vrou, Hettie (70), se vingertoppe is met 'n snoeiskêr in die
gru-aanval afgesny.
Mnr. Brain Ncube (23), 'n Zimbabwiër wat onwettig in die land is, het
gister saam met mnr. Tapiswa Moyo (24), ook 'n onwettige Zimbabwiër,
op aanklagte van poging tot moord en huisbraak met verswarende
omstandighede hier in die hof verskyn.
"Ek wou hom nie doodmaak nie. Ek wou hom net seermaak want hy het my
geslaan.
"(Janse van Rensburg) het my baie sleg behandel. Hy het my daarvan
beskuldig dat ek sy graaf gesteel het. Ek wou hom seermaak," het Ncube
gesê.
Ncube het vir mnr. Janse van Rensburg se tuindiensonderneming gewerk.
Hy is vroeër vandeesweek gearresteer en het gister vir die eerste keer
vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.
Hy was kaalvoet en het 'n swart hemp en broek met 'n khaki-baadjie
gedra.
Sy linkeroogbank was erg toegeswel, soos wat hy glo geslaan is toe
lede van die gemeenskap hom Dinsdagaand in dié dorp vasgetrek het.
Beeld verneem Janse van Rensburg en Ncube het glo wel onlangs 'n
onderonsie gehad waarin die Zimbabwiër 'n paar keer geklap is.
Ncube het gister by die hof boeie aan sy hande en voete gehad en
stadig by die hofsaal ingeloop. Moyo het nie vir Janse van Rensburg
gewerk nie.
Hulle is Dinsdagaand in dieselfde straat as die Janse van Rensburgs se
huis deur lede van die gemeenskap aangekeer toe hulle glo by 'n huis
ingebreek het.
Moyo het gister buite die hof saam met ander aangehoudenes gelag toe
hy terugbegelei is na die polisieselle.
Hy kan net Shona praat en verstaan nie Engels nie.
Sowat 40 lede van die gemeenskap het gister die hofsaal volgepak. "Kap
hulle hande af," het 'n vrou gesê toe die twee verdagtes in die
beskuldigdebank gestaan het.
"Hulle lyk dan nie eens gevaarlik nie," het nog 'n hofganger opgemerk.
"Dit lyk nie eens of hulle enige berou het nie," het 'n vriendin van
die slagoffers gesê.
Die twee mans word in die polisieselle op die dorp aangehou en moet
weer Maandag in die hof verskyn om vir staatsregshulp aansoek te doen.
Die Janse van Rensburgs is Sondagaand kort voor 19:00 in hul huis in
7de Straat oorval.
Mnr. Janse van Rensburg is, nadat hy herhaaldelik met 'n panga oor sy
kop geslaan is en sy bewussyn verloor het, kaal op die bed neergelê.
Een van die aanvallers het ure lank langs hom gaan lê en TV kyk. Vier
van sy vrou se vingers aan haar linkerhand is afgesny. Haar regterarm
is só gebreek dat twee bene by die vel uitgesteek het en sy het ook
erge wonde aan haar gesig opgedoen.
Sy kon daarin slaag om in die hoofslaapkamer se badkamer te skuil en
het gedink haar man is dood.
Mnr. Pierré Janse van Rensburg, 'n seun van die egpaar, het gister
gesê sy pa is in 'n kritieke toestand en sy regterlong het gister
platgeval. "Ons moet ons maar voorberei vir die ergste."
Janse van Rensburg het moontlik breinskade opgedoen en het ook geen
gevoel aan die regterkant van sy lyf nie.
Me. Kate Cvitanic, woordvoerder van die Unitas-hospitaal, sê mnr.
Janse van Rensburg se toestand is besig om te versleg. Hy is steeds
onder verdowing en is in die waakeenheid van die hospitaal.
Mnr. Pierré Janse van Rensburg sê sy stiefma praat gelukkig al. "Sy sê
haar hande is vreeslik seer."
Mev. Janse van Rensburg se vier vingers wat afgesny is, moes tot by
die eerste lit geamputeer word.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Meneer met 'n gesplete tong [boodskap #115654 is 'n antwoord op boodskap #115648] |
Ma., 10 Desember 2007 14:45   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf in boodskap news:T_KdnXayKI001cDanZ2dnUVZ8v6dnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>
>> ----Wat van die ge-oom en ge-antie? Ek's met niemand se antie getroud
>> nie, so ek is niemand se oom nie! Dis kak irriterend as mense wat net
>> so oud soos jy is, jou oom en reken dis uit respek. Kak.
>
> Stem weereens saam.
>
> Wou eers in my pos na die "oom" en "tannie" storie verwys, toe dink ek dan
> skoor jy dalk met my ouderdom. Is nie vandag in 'n bui vir gekskeer nie.
> :-)
>
> Ek verdra dit nog dat skoolgaande kinders "oom" sê - ek hou nie daarvan
> nie, maar verdra dit! - maar as iemand uit die skool is en werk, verkies
> ek dat hy/sy my op my naam noem en klaar. As hy/sy ongemaklik is daarmee,
> dan liewers "Mnr Sus-en-so", maar nie "oom" nie. Soos jy sê, as ek nie
> familie van die persoon is nie, dan is ek nie sy/haar oom nie, finish en
> klaar.
>
> Ek het broers- en susterskinders wat al naby die veertig trek met
> skoolgaande kinders van my kinders se ouderdom - ek verdra dit dat hulle
> my "oom" noem (ek is immers regtig hulle oom en ook meer as 10 jaar ouer
> as hulle) maar hulle weet dat ek selfs in hulle geval sou verkies dat
> hulle my op my voornaam te noem. Ek sit gewoon net my voornaam onder aan
> my eposkorrespondensie met hulle.
-----Die familie se kinders gee ek nie voor om nie want dit is bloot respek
en soos ons plasies maar lewe. Die dag as hierdie jong meisietjies jou
begin oom, dan weet jy die einde stap nader!
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Meneer met 'n gesplete tong [boodskap #115657 is 'n antwoord op boodskap #115648] |
Di., 11 Desember 2007 10:07   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" wrote in message
news:B4SdnZoa5M8A08PanZ2dnUVZ8qWhnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" > ----So jy skrop in die kindergarten, so te sê? Hulle sê mos daai groen
>> grassie is sag op die ou tandvleise! Hehe!
>
> My vrou is die beste ding wat ooit met my gebeur het.
>
>> Wat vir my snaaks is van die jongvolk van vandag is dat ek nie 'n clue het
>> om hulle ouderomme te bepaal nie. Vandag trek 12-14 jariges net so sexy
>> aan soos wat meisies van 19,20 doen, grimeer dieselfde en het dieselfde
>> hare. Vir my lyk dit asof die oë dieselfde ervaring inhet want ek
>> verstaan hulle begin deesdae vroeg-vroeg die ou dae se verbode vrugte pluk
>> en dit geniet ook. Kindwees is deesdae eintlik so effe uit?
>
> Dit maak kind grootmaak des te moeiliker. Ons glo aan openheid en
> eerlikheid van kleins af. Ons kinders, 11 en 10 ken die feite, ons
> 4-jarige weet sy het uit mama se "maag" gekom. Nog nie by die vraag gekom
> hoe sy in ma se "maag" beland het nie. Ons het ons 10- en 11-jarige reeds
> ingelig oor VIGS en ander SOS. Hulle weet dis vuur waarmee nie gespeel
> moet word nie. Ons leer hulle as jy met iemand in die bed klim, is jy met
> daardie persoon "getroud" en moet jy dit ook wetlik maak. So jy moet
> seker wees!
>
> Tot dusver het ons nie rede om bekommerd te wees nie, want die hormone
> jaag hulle nog nie. Maar hoe dit verder vorentoe sal gaan, sal die tyd
> moet leer.
----Wat tragies is [vir my] is die feit dat die moderne lewe die kinders ryp
druk. Kinders wat op die plaas grootword weet lankal waar klein diertjies
en kinders vandaan kom want dit word so geleer so met die werk met die diere
saam. Die plaas leer egter ook hiermee saam die reëls van die natuur.
Dat daar 'n sekere rangorde in die lewe is wat jy moet gehoorsaam. Ouers
se gesag owrd gerespekteer en meer belangrik, as jy respek vir ander het,
dan is selfrespek sommer outomaties. Dit lyk vir my die algemene stadskind
het geen respek meer vir rangorde en gesag nie en maak in elk geval net soos
hulle wil. Vroeë seks is die norm en die ouers, veral op TV, kyk na
losbandige goed wat vir die kind die boodskap oordra dat dit nie verkeerd
kan wees as ma en pa daarna kyk nie.
Vanoggend help ek 'n Engelse laaitie uit Pretoria wat vir sy grootouers
kom kuier het langs die kus. Die kind is nog so 10, 11 jaar oud en hy pluk
maklik amper 'n R1000 in R100 note uit om vir die knipmes te betaal wat hy
vir sy Oupa gekoop het. Die oupa het net so vir my geloer en toe sê hy
hulle weet nie eintlik hoe om hom te hanteer nie. Hy blaas geld waarvoor
hulle nie eintlik kans sien nie. Sowat van selfvertroue. Ek wonder nou
net of sy ouers hom so selfstandig grootgemaak het dat hy nie eintlik meer
ouers nodig het nie! Waarvoor is ouers dan daar? Net om te bly spyker om
nuwe items in die gemeenskap te plaas? Hulle mis die hele lekkerte van 'n
familie wees!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Meneer met 'n gesplete tong [boodskap #115723 is 'n antwoord op boodskap #115650] |
Di., 08 Januarie 2008 08:00   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
>> "Dave"
>>> Ferdi, waarom word na mense soos ncube en moyo, selfs na so 'n
>>> erkenning, as meneer verwys? 'n Titel voor 'n naam is tog om respek te
>>> betoon.
Ek was vir bykans 'n maand nie hier nie, en ek spoor nie my
oorspronklike brief op nie, maar dit lyk nie asof Ferdi hierop
geantwoord het nie. Ek sien ook geen onlangse pos van hom nie,
wat dit laat lyk asof hy steeds vakansie hou. Hopelik sal hy steeds
(na hierdie hernuwing) hierop antwoord.
> Torreke
>> Die vraag word selfs nog meer relevant as mens na die oorspronklike
>> betekenis van "meneer" kyk. Dis 'n kontraksie van die Nederlandse woorde
>> "mijn heer". Sulke geweldenaars is alles behalwe "here".
>> Iemand het onlangs in die Daily Dispatch daarop gewys dat die polities
>> mode geword het om na al wat leef en beef as "ladies" and "gentleman" te
>> verwys. Dieselfde argument geld; so iemand is alles behalwe 'n "gentleman"
Dit is presies waaroor my vraag gaan. Sê die regter dus aan 'n
misdadiger "meneer, jy is skuim"..?
> Suidwester
> ----Weet jy wat irrieer my? Dis as omroepers op die radio nuusberigte
> uitsaai en dit klink so: "Voormalige president Nelson Mandela het Soweto
> besoek vandag waar hy die skare toegespreek het. Mandela het
> gesê...................."
> Ek voel dis nie reg om sommer so van Mandela te praat nie want dis nie
> respekvol nie.
>
Ek aanvaar jou beswaar gaan nie net oor hooggeplaastes nie, maar ook
oor my buurvrou wat in die koerant slegs eenmaal 'Mev Buurvrou' genoem
word, en daarna word gesê:
' en Buurvrou het gesê..'
Laasgenoemde (dink ek) is internasionale gebruik wat deur die
plaaslike media gekopieer is, sonder enige verbeelding van hul eie.
Dit is asof dit selfs meer onvanpas is wanneer van 'n vrou gepraat
word.
.. of 'me' wat gebruik word terwille van die besparing van
drukkersink op een letter 'v' of 'j'.
|
|
|
|
| Re: Meneer met 'n gesplete tong [boodskap #115730 is 'n antwoord op boodskap #115648] |
Di., 08 Januarie 2008 16:42   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: Maart 2007
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 08 Dec 2007 20:51:33 +0200, Dave wrote:
> Ferdi, waarom word na mense soos ncube en moyo, selfs na so 'n
> erkenning, as meneer verwys? 'n Titel voor 'n naam is tog om respek te
> betoon.
>
> Die vraag is sonder enige bybedoelings, maar slegs iets wat ek lankal
> aan iemand wat betrokke is by beriggewing wou vra.
Nou eers terug van vakansie. Het nie die res van die posse in die
thread gelees nie, miskien het iemand al geantwoord.
Gewoonlik is die rede regstegnies - as iemand nie krimineel skuldig
bevind is nie, is hy 'n meneer. As hy skuldig is, verloor hy die
meneer.
En iemand is net skuldig as die hof sy bevindig gemaak het - al pleit
iemand skuldig met aanvang van die saak. Die tegniese rede hiervoor is
heel waarskynlik omdat mense wat skuldig bevind is, al onskuldig
bevind is.
Logies duik die vraag op waarop word die verhoor voortgesit as iemand
skuldig bevind? Omdat die regter hom helder daarvan moet vergewis of
die man wel skuldig is. Die hof gaan nie om wat die beskuldigde (in
watter graad van skuldgevoelens of nie) oor homself dink nie, maar oor
wat objektief as die ware feite vasgestel kan word.
|
|
|
|
| Re: Meneer met 'n gesplete tong [boodskap #115731 is 'n antwoord op boodskap #115730] |
Di., 08 Januarie 2008 18:04   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 08 Jan 2008 18:42:11 +0200, Ferdi wrote:
> On Sat, 08 Dec 2007 20:51:33 +0200, Dave wrote:
>
> meneer.
> En iemand is net skuldig as die hof sy bevindig gemaak het - al pleit
> iemand skuldig met aanvang van die saak.
> Die tegniese rede hiervoor is
> heel waarskynlik omdat mense wat skuldig bevind is, al onskuldig
> bevind is.
Het jy miskien by dié laaste sin bedoel om te sê dat mense wat skuldig
'gepleit het' al onskuldig bevind is? Jou laaste paragraaf laat dit so
klink, en ek weet dat dìt 'n feit is.
Daar is insidente bekend waar mense na jare in 'n tronk onskuldig
bevind is, en dit kan tog nie rede wees om maar vir in case steeds
respek te betoon nie.
>
> Logies duik die vraag op waarop word die verhoor voortgesit as iemand
> skuldig bevind? Omdat die regter hom helder daarvan moet vergewis of
> die man wel skuldig is. Die hof gaan nie om wat die beskuldigde (in
> watter graad van skuldgevoelens of nie) oor homself dink nie, maar oor
> wat objektief as die ware feite vasgestel kan word.
Ek het nie meer die links na die spesifieke geval waarna ek verwys
nie, (ek sou dit aangehaal het maar is nie nou lus vir Google nie)
maar wat jy sê is ek tog bewus van, en raai dat daar na mense wat
reeds skuldig bevind is aan verskriklikhede, eervol verwys word deur
'n verslaggewer. So, my vraag bly steeds geldig.
|
|
|
|
|
|
| Re: Meneer met 'n gesplete tong [boodskap #115734 is 'n antwoord op boodskap #115732] |
Di., 08 Januarie 2008 20:19  |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 08 Jan 2008 20:52:39 +0200, Ferdi wrote:
> On Tue, 08 Jan 2008 20:04:08 +0200, Dave wrote:
>
>
> skuldig
>> 'gepleit het' al onskuldig bevind is? Jou laaste paragraaf laat dit so
>> klink, en ek weet dat dìt 'n feit is.
>
> Ja, sorry. Vinnig getig. Moet "skuldig pleit" wees. Op twee plekke het
> ek soos my gat getik. Sorry.
>
LOL
'Don't worry, be happy...'
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 21:18:02 UTC 2026
|