Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Persvryheid en onverdraagsaamheid
Persvryheid en onverdraagsaamheid [boodskap #115565] |
Sun, 02 December 2007 15:03  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
By: Jy kan Afrikaners uit apartheid haal...maar kan jy apartheid uit
Afrikaners haal?
Nov 30 2007 07:19:23:490PM - (SA)
Christi van der Westhuizen
Twee verbandhoudende kwessies is van belang in die Deon Maas-
afdankingsage: persvryheid en onverdraagsaamheid. Hoewel ek met min
saamstem wat Maas te sê het, glo ek hy het die reg om sy mening uit te
spreek. Maar 'n klomp Afrikaners - ons weet nie hoe verteenwoordigend
hulle werklik is van Rapport se lesers nie - voel klaarblyklik vere
vir hierdie grondliggende demokratiese reg en het met hul misbruik van
tegnologie persvryheid 'n slag toegedien.
Die gebrek aan verdraagsaamheid ná 13 jaar van demokrasie is
kommerwekkend. Dit was tog 'n oorbekende situasie in die dae van
apartheid: die Afrikaner-groep se uiterse onverdraagsaamheid teenoor
diegene wat anders gedink het.
Dié onverdraagsaamheid het 'n primêre rol gespeel om die kollektiewe
Afrikaner-psige "skoon" te hou van idees wat nie met die hoofstroom
ooreengestem het nie.
En wat presies was hierdie idees van die hoofstroom? Dit het in groot
mate daaroor gegaan dat 'n wit vel jou verhewe maak. Dié mite was een
van die hoekstene van Afrikaner-nasionalisme, wat ondersteun is deur
ideologiese regverdigings wat, ironies genoeg, geleen is by Afrikaner-
nasionalisme se oorspronklike teenstander: Britse kolonialisme.
DIE praatjies oor hoe dit aan die Afrikaners oorgelaat is om die
Westerse beskawing en Christendom in die "donker Afrika" in te dra,
was geensins uniek nie. Die kolonialiste in Suid-Amerika, Indië,
Australië, Noord-Amerika en elders het hul oorname van die grond en
die mense op dieselfde manier goedgepraat.
Eers is Christenskap/heidenskap gebruik as die hoofverdeling tussen
kolonialiste en inheemse mense. Later is die beskawingsrasioneel
sterker ingespan. Om die waarheid te sê, die Britte het dié diskoers
gebruik teen die Iere, die inwoners van die eerste gebied wat hulle
gekoloniseer het.
Dat wit gelykstaande aan beskaafdheid is, is weerspreek deur die
barbaarshede wat die kolonialiste gepleeg het. Kolonialisme is
gekenmerk deur geweld en plundering en, in sommige plekke,
menseslagting. Dink aan die lot wat die inheemse mense van Peru,
Tasmanië en die Kongo getref het.
'n Kragtige ideologie was nodig om hierdie vergrype aanvaarbaar te
maak namate kolonialisme in die 19de eeu verskerp het. Dít is waar
"ras" ontdek is en gelaai is met allerlei diskriminerende simbole om
'n maatskaplike hiërargie te skep. Die menslikheid van diegene aan die
onderpunt van die hiërargie is selfs betwyfel as deel van die poging
om die vergrype te regverdig.
Die Afrikaner-nasionalisme het die rassisme en idees van
"Christelikheid" en "beskawing" by die kolonialisme geleen as deel van
die projek om 'n etnies-spesifieke dominasie aanvaarbaar te maak.
En só aanvaarbaar was dit vir wit mense en spesifiek Afrikaners dat
die party wat die ideologie in werking gestel het - die Nasionale
Party - amper vyf dekades jaar in en jaar uit ondersteun is.
Die handhawing van dié hegemonie het deels afgehang van die
onderdrukking van dissidensie. J.G. Strijdom het onbeskaamd aangedring
op "eendersdenkendheid" oor apartheid.
Soos PJ Furlong in sy boek Between crown and swastika - The impact of
the radical right on the Afrikaner nationalist movement in the fascist
era gesê het, Afrikanerskap was voorwaardelik: ondersteuning vir die
Nasionale Party en sy beleid is sinoniem gemaak met Afrikanerskap. Om
lidmaatskap van die volk te kry, moes jy apartheid steun. Dus was
rassediskriminasie 'n integrale aspek van Afrikaner-identiteit.
NOU is die vraag: Afrikaners is uit apartheid gehaal, maar kan
apartheid uit Afrikaners gehaal word?
Afrikaner-afvalliges wat die diskriminerende aspek van Afrikaner-
identiteit gekonfronteer het, is op allerlei maniere ondermyn. Van die
gevalle is bekend: Bram Fischer, Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker en
ander. Maar talle verhale moet nog vertel word: van gewone dag-tot-dag-
dissidensie in Afrikanergeledere en hoe mense benadeel is. Dit is 'n
belangrike deel van ons geskiedenis as Afrikaners waarby ons nog min
uitgekom het.
Deels is dit omdat ander diskoerse oorheers - die retoriek van
ontkenning, van gegriefdheid, van slagofferskap, van
onverdraagsaamheid. Al hierdie narratiewe is defensief: Witheid as
politieke identiteit kan nie meer dieselfde wees as voor 1994 nie,
maar wit mense wil dit klaarblyklik nie aanvaar nie. Ons is kwaad
daaroor.
Dit kom na vore in opmerkings soos: "Ons weet in elke geval nie
waaroor 'hulle' (kodetaal vir swart mense) so aangaan oor die verlede
nie." "Ons ly nou, en waarom moet ons?" "Ons het tog nie geweet wat
regtig aan die gebeur was nie." "Ons het hard gewerk vir wat ons
vandag het."
En, blyk dit uit die Maas-geval, ons gaan diegene in ons midde wat
dinge kwytraak wat ons nog meer onveilig laat voel, doodskree. 'n Mens
kon dit ook duidelik sien in die reaksies op Sampie Terreblanche se
artikel in die By van 3 November.
Dit is die destabilisering van wit identiteit ná die veranderings van
1994 wat Afrikaners laat vervreemd voel - eerder as suiwer die ANC se
"harde Afro-nasionalisme", soos Johann Rossouw aanvoer in Glasoog in
die By van 10 November.
Rossouw sê ook dat Afrikaners "nie meer oor 'n stel simbole beskik wat
in gesprek met hul eie geskiedenis hulle in staat kan stel om met
selfrespek hulle en die land se toekoms te bou nie".
Die vorige "stel simbole" waarna verwys word, is Afrikaner-
nasionalisme, wat finaal aan flarde geruk is toe sy vernaamste
skepping, 'n wit oligargie wat Afrikaners insluit, hul eksklusiewe
politieke mag in 1994 verloor het.
Ons moet onsself herinner dat die Afrikaner-nasionalisme die
monolitiese "Afrikaner" geskep het - dit is 'n sosiale konstruksie
gegrond op ras en kultuur wat eers sowat sewe dekades gelede regtig
aan die gang gekom het.
Identiteit is nie primordiaal nie, maar veranderlik. Dit is soveel te
meer die geval met Afrikaner-identiteit noudat eksklusiewe,
rasgebaseerde politieke mag daarmee heen is en die veranderende
omstandighede die volksvreemde stelsel van demokrasie, gerugsteun deur
die ewe volksvreemde idee van menseregte, insluit.
Ek gebruik die woord "volksvreemd" hier omdat die Afrikaner-
nasionaliste, soos die Britse kolonialiste, 'n obsessie daaroor gehad
het om gelykheid te voorkom. Dit was ook deel van die NP se beheptheid
met die kommunisme.
Demokrasie en regte bring 'n mate van ras- en geslagsgelykheid wat
nooit voorheen bestaan het nie en wat reëlreg met Afrikaner-
nasionalistiese idees bots. Dít is wat baie Afrikaners
Ontkenning is die voortsetting van 'n grondliggende aspek van
apartheid: Dit is essensieel om die werklike historiese en huidige
realiteite te ontken, want dit is hoe wit bevoorregting in stand gehou
word.
Die onverdraagsaamheidskwaal gaan oor verskansing teen die "euwels"
van demokrasie, soos spraakvryheid. Selfs nie Maas se ligweg-
provokerende gespot kan geduld word in hierdie klimaat van angstige
vasklou aan 'n verbrokkelende identiteit nie.
Dit is van belang dat die aspek van die identiteit wat in die Maas-
geval in die gedrang gekom het, godsdiens is. Gegewe hoe Afrikaner-
nasionaliste die Christelike godsdiens aangewend het om die vergrype
van rassediskriminasie te perpetueer, het 'n mens gehoop vir 'n meer
kritiese kyk na die doktrine. Maar weer beskaam die hoop.
Terwyl baie Afrikaners verbitterd probeer hang aan fantasieë van wit
meerderwaardigheid en eksklusiewe politieke mag, is daar Afrikaners
wat met ander dinge besig is.
Ons lewer byvoorbeeld die ongelooflikste kunstenaars en skrywers op
wat anders met hulself en die wêreld omgaan - Claudette Schreuders,
Wim Botha, Antjie Krog, Marlene van Niekerk. In die burgerlike
samelewing kom 'n mens Afrikaners teë wat stilweg en konstruktief die
land se eise in die oë kyk. Ek glo daar is baie meer, maar die meeste
van hulle skryf nie briewe aan die Afrikaanse media nie.
Vir mense soos dié was Afrikaner-nasionalisme 'n dwangbuis waaruit ons
nou ontsnap. Waar apartheid 'n geslote stelsel was met 'n rigiede
inperking van die beweegruimte vir selfverwesenliking, bied die
erkenning van ons regte en ons gelyke burgerskap veelvlakkige ruimtes
waarin ons as mense tot ons reg kan kom.
Die vraag dus aan alle Afrikaners is: Het ons die moed om hierdie
potensialiteite met al hul onsekerhede aan te gryp en n volwaardig
nuwe Suid-Afrikanerskap vir onsself uit te kerf?
Christi van der Westhuizen is 'n joernalis en skrywer van White Power
& The rise and fall of the National Party (Zebra Press).
|
|
|
|
Re: Persvryheid en onverdraagsaamheid [boodskap #115569 is 'n antwoord op boodskap #115568] |
Sun, 02 December 2007 21:53   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dave skryf
> Ek het so paar paragrawe gelees en dit toe vervelig gevind en opgehou
> lees. 2 Dinge is waaraan ek toe gedink het:
is dit glad nie snaaks dat jy nou advertensies ten
> gunste van Maas op die nuusgroep plaas nie.
Dis net soos ek verwag het. As jy sulke dinge, deur
'n Afrikanervrou geskryf, vervelig vind, dan is dit snelskrif vir
die feit dat sy op die kol tref, te na aan die waarheid
kom, en die enigste manier om van die ongemaklike
waarheid weg te kom, is om te maak asof dit nie belangrik
is nie. Maar toemaar, in die middel van die nag as
jy skielik wakker word, wéét jy hierdie goed is waar.
Ek weet baie min van die Maas-besonderhede.
Maar ek vind dit bemoedigend dat iemand met 'n
Afrikanernaam, wat heelwaarskynlik nie met hom
saamstem nie, sy vryheid van spraak verdedig.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Persvryheid en onverdraagsaamheid [boodskap #115574 is 'n antwoord op boodskap #115569] |
Mon, 03 December 2007 07:57   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:0e6e62a6-b6df-4305-a2ed-6fc4018fe517@d4g2000prg.googleg roups.com...
Dave skryf
die feit dat sy op die kol tref, te na aan die waarheid
kom, en die enigste manier om van die ongemaklike
waarheid weg te kom, is om te maak asof dit nie belangrik
is nie. Maar toemaar, in die middel van die nag as
jy skielik wakker word, wéét jy hierdie goed is waar.
Ek weet baie min van die Maas-besonderhede.
Maar ek vind dit bemoedigend dat iemand met 'n
Afrikanernaam, wat heelwaarskynlik nie met hom
saamstem nie, sy vryheid van spraak verdedig.
Gloudina
----Dink jy vryheid van spraak is geldig vir alle mense onder alle
omstandighede? As iemand byvoorbeeld die geld het om vir die advertensies
te betaal en hy skryf 'n volbladadvertensie in 'n koerant elke week en hy
val Boedisme aan deur gevaarlike en sensitiewe stellings te maak, gaan jy
steeds bly by jou standpunt van vryheid van spraak? Dis presies wat Maas
gedoen het. Hy weet Satanisme is 'n sensitiewe onderwerp vir enige
gelowige en as jy die storie gaan skryf juis om te probeer reaksie uitlok by
die gelowiges, dan moet jy verwag om reaksie te kry. Vryheid van spraak
werk darem mos beide kante toe? As ek nie hou van wat jy sê nie, kan ek
mos reageer?
Wat Maas nie mee rekening gehou het nie, was die Rapport se dilemma.
Koerantverkope en advertensies maak dat hy bestaan. Die meerderheid van
die Rapport se lesers is godsdiens-sensitief. Hulle keuse was eenvoudig.
Bly steun vir Maas met sy 'klip-in-die-water'-tipe van standpunt en vat 'n
massa finansiële 'knock', of laat Maas gaan en alles is rustig.
Om te reken dat die Afrikaner oor die algemeen nou skielik
onverdraagsaam is, is twak.
|
|
|
Re: Persvryheid en onverdraagsaamheid [boodskap #115575 is 'n antwoord op boodskap #115569] |
Mon, 03 December 2007 07:59   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: March 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 2 Dec 2007 13:53:45 -0800 (PST), Hessie wrote:
> Dave skryf
>
>> Ek het so paar paragrawe gelees en dit toe vervelig gevind en opgehou
>> lees. 2 Dinge is waaraan ek toe gedink het:
>
> is dit glad nie snaaks dat jy nou advertensies ten
>> gunste van Maas op die nuusgroep plaas nie.
>
> Dis net soos ek verwag het. As jy sulke dinge, deur
> 'n Afrikanervrou geskryf, vervelig vind, dan is dit snelskrif
> vir
> die feit dat sy op die kol tref, te na aan die waarheid
> kom, en die enigste manier om van die ongemaklike
> waarheid weg te kom, is om te maak asof dit nie belangrik
> is nie. Maar toemaar, in die middel van die nag as
> jy skielik wakker word, wéét jy hierdie goed is waar.
> Ek weet baie min van die Maas-besonderhede.
> Maar ek vind dit bemoedigend dat iemand met 'n
> Afrikanernaam, wat heelwaarskynlik nie met hom
> saamstem nie, sy vryheid van spraak verdedig.
>
> Gloudina
Deon Maas is 'n rubriekskrywer wat 'n lewe daarvan maak om omstrede te
wees.
Sy rubrieke het bitter min om oor te dink in.
Sy oplossing vir die vlaag van dwelm-misbruik wat SA tans tref is bv
om voor te stel dat ouers hul kinders leer om dwelms korrek te
gebruik.
Dit het - soos hy seker verwag het - opspraak verwek. Suksesvolle
rubriek in sy oë.
|
|
|
|
Re: Persvryheid en onverdraagsaamheid [boodskap #115581 is 'n antwoord op boodskap #115575] |
Mon, 03 December 2007 11:38   |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: July 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Dec 3, 9:59 am, Ferdi wrote:
> On Sun, 2 Dec 2007 13:53:45 -0800 (PST), Hessie wrote:
>
>>> Ek het so paar paragrawe gelees en dit toe vervelig gevind en opgehou
>>> lees. 2 Dinge is waaraan ek toe gedink het:
>
>> is dit glad nie snaaks dat jy nou advertensies ten
>>> gunste van Maas op die nuusgroep plaas nie.
>
>> Dis net soos ek verwag het. As jy sulke dinge, deur
>> 'n Afrikanervrou geskryf, vervelig vind, dan is dit snelskrif
>> vir
>> die feit dat sy op die kol tref, te na aan die waarheid
>> kom, en die enigste manier om van die ongemaklike
>> waarheid weg te kom, is om te maak asof dit nie belangrik
>> is nie. Maar toemaar, in die middel van die nag as
>> jy skielik wakker word, wéét jy hierdie goed is waar.
>> Ek weet baie min van die Maas-besonderhede.
>> Maar ek vind dit bemoedigend dat iemand met 'n
>> Afrikanernaam, wat heelwaarskynlik nie met hom
>> saamstem nie, sy vryheid van spraak verdedig.
>
>> Gloudina
>
> Deon Maas is 'n rubriekskrywer wat 'n lewe daarvan maak om omstrede te
> wees.
> Sy rubrieke het bitter min om oor te dink in.
> Sy oplossing vir die vlaag van dwelm-misbruik wat SA tans tref is bv
> om voor te stel dat ouers hul kinders leer om dwelms korrek te
> gebruik.
> Dit het - soos hy seker verwag het - opspraak verwek. Suksesvolle
> rubriek in sy oë.- Hide quoted text -
>
> - Show quoted text -
Poephol of te not, hy kon sy eie sê en hy het. Soms doelbewus
uitlokkend, maar minstens het hy die warm sweterige kombers van
volksopinie nou en dan bietjie lug gegee. Dit staan mos enigeen vry om
van hom te verskil of repliek te lewer. Maar stilmaak is iets wat bang
mense doen.
|
|
|
|
Re: Persvryheid en onverdraagsaamheid [boodskap #115584 is 'n antwoord op boodskap #115582] |
Mon, 03 December 2007 12:22   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: March 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 3 Dec 2007 03:39:07 -0800 (PST), Koot wrote:
> On Dec 3, 9:57 am, Ferdi wrote:
>> On Sun, 2 Dec 2007 07:03:50 -0800 (PST), Hessie
>> wrote:
>> > onwaarhede bevat.
>
> Genuine? Wat het sy gesê?
De Kock sê boek belaster hom
Nov 23 2007 11:22:24:967PM - (SA)
Jeanne-Marié Versluis
Leuens en lasterlike bewerings word oor hom kwytgeraak in die boek
White power and the Rise and Fall of the National Party.
Só sê Eugene de Kock, die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, oor dié
boek wat hy nou met 'n dringende hofbevel van die winkelrakke afhou.
De Kock, wat lewenslange tronkstraf uitdien in die
Pretoria-Sentraal-gevangenis, het vandeesweek 'n tussentydse interdik
in die Pretoriase hooggeregshof verkry teen Christi van der
Westhuizen, die boek se skrywer, asook Inter Press Service en Zebra
Press.
Regter Willie Hartzenberg het die respondente verbied om verdere
eksemplare van die boek te versprei. Dit is deur Inter Press Service
gepubliseer en word deur Zebra Press gedruk.
Zebra Press word ook verbied om verdere eksemplare van die boek,
"waarin vals en lasterlike bewerings" oor De Kock verskyn, te druk,
het Hartzenberg gelas.
Die respondente moet ook eksemplare wat al aan boekwinkels,
nuusagente, biblioteke, agente of ander verspreiders gelewer is,
terugvat. Hulle moet die verspreiders opdrag gee om nie voort te gaan
met die verkoop van die boek aan die publiek nie.
De Kock, wat tronkstraf uitdien vir misdade wat hy gepleeg het terwyl
hy in die vorige regering se diens was, sê in hofstukke hy het in
boekresensies bewus geword van die blatante leuens in die boek.
Hy sê Van der Westhuizen skryf onder meer: "Another example would be
Eugene de Kock braaing meat and drinking for hours next to a corpse
that they had set on fire."
Hy sê die uitsluitlike doel hiervan is om die lesers te mislei of te
skok "slegs vir doeleindes van sensasie".
"Geen van die bewerings kan hoegenaamd gestaaf word nie."
Hy is ook in geen stadium van sulke optrede aangekla of daaraan
skuldig bevind nie.
Volgens De Kock weeg sy reputasie, sy reg tot eer en waardigheid en
die reg om die waarheid vertel te kry, swaarder as enige ander regte
wat die respondent mag geniet.
Hy sê in hofstukke as Van der Westhuizen as oudwerknemer van die Vrye
Weekblad die moeite gedoen het om Max du Preez of Jaques Paauw, van
haar kollegas, te nader, sou sy dadelik die korrekte inligting bekom
het.
Volgens De Kock wil hy 'n aksie in die hooggeregshof instel om
vergoeding te eis vir skade wat hy reeds gely het.
Hy het gesê hy het "eers Sondag van die verdraaiing van die waarheid
bewus geword".
Hartzenberg het die respondente opgeroep om Woensdag redes aan te voer
waarom die interdik nie bekragtig moet word nie.
Hy het die balju gelas om die respondente of die verspreiders se
persele te betree en beslag te lê op die eksemplare van die boek.
Die respondente moet ook De Kock se koste van die aansoek betaal.
|
|
|
|
Re: Persvryheid en onverdraagsaamheid [boodskap #115588 is 'n antwoord op boodskap #115584] |
Mon, 03 December 2007 12:52   |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: July 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Dec 3, 2:22 pm, Ferdi wrote:
> On Mon, 3 Dec 2007 03:39:07 -0800 (PST), Koot
> wrote:
>
>
>>> On Sun, 2 Dec 2007 07:03:50 -0800 (PST), Hessie
>>> wrote:
>
>>> >> onwaarhede bevat.
>
>> Genuine? Wat het sy gesê?
>
> De Kock sê boek belaster hom
> Nov 23 2007 11:22:24:967PM - (SA)
>
> Jeanne-Marié Versluis
>
> Leuens en lasterlike bewerings word oor hom kwytgeraak in die boek
> White power and the Rise and Fall of the National Party.
>
> Só sê Eugene de Kock, die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, oor dié
> boek wat hy nou met 'n dringende hofbevel van die winkelrakke afhou.
>
> De Kock, wat lewenslange tronkstraf uitdien in die
> Pretoria-Sentraal-gevangenis, het vandeesweek 'n tussentydse interdik
> in die Pretoriase hooggeregshof verkry teen Christi van der
> Westhuizen, die boek se skrywer, asook Inter Press Service en Zebra
> Press.
>
> Regter Willie Hartzenberg het die respondente verbied om verdere
> eksemplare van die boek te versprei. Dit is deur Inter Press Service
> gepubliseer en word deur Zebra Press gedruk.
>
> Zebra Press word ook verbied om verdere eksemplare van die boek,
> "waarin vals en lasterlike bewerings" oor De Kock verskyn, te druk,
> het Hartzenberg gelas.
>
> Die respondente moet ook eksemplare wat al aan boekwinkels,
> nuusagente, biblioteke, agente of ander verspreiders gelewer is,
> terugvat. Hulle moet die verspreiders opdrag gee om nie voort te gaan
> met die verkoop van die boek aan die publiek nie.
>
> De Kock, wat tronkstraf uitdien vir misdade wat hy gepleeg het terwyl
> hy in die vorige regering se diens was, sê in hofstukke hy het in
> boekresensies bewus geword van die blatante leuens in die boek.
>
> Hy sê Van der Westhuizen skryf onder meer: "Another example would be
> Eugene de Kock braaing meat and drinking for hours next to a corpse
> that they had set on fire."
>
> Hy sê die uitsluitlike doel hiervan is om die lesers te mislei of te
> skok "slegs vir doeleindes van sensasie".
>
> "Geen van die bewerings kan hoegenaamd gestaaf word nie."
>
> Hy is ook in geen stadium van sulke optrede aangekla of daaraan
> skuldig bevind nie.
>
> Volgens De Kock weeg sy reputasie, sy reg tot eer en waardigheid en
> die reg om die waarheid vertel te kry, swaarder as enige ander regte
> wat die re-spondent mag geniet.
>
> Hy sê in hofstukke as Van der Westhuizen as oudwerknemer van die Vrye
> Weekblad die moeite gedoen het om Max du Preez of Jaques Paauw, van
> haar kollegas, te nader, sou sy dadelik die korrekte inligting bekom
> het.
>
> Volgens De Kock wil hy 'n aksie in die hooggeregshof instel om
> vergoeding te eis vir skade wat hy reeds gely het.
>
> Hy het gesê hy het "eers Sondag van die verdraaiing van die waarheid
> bewus geword".
>
> Hartzenberg het die respondente opgeroep om Woensdag redes aan te voer
> waarom die interdik nie bekragtig moet word nie.
>
> Hy het die balju gelas om die respondente of die verspreiders se
> persele te betree en beslag te lê op die eksemplare van die boek.
>
> Die respondente moet ook De Kock se koste van die aansoek betaal.
OK dankie.
Sjie, sy't seker nie hierdie angle verwag nie.
|
|
|
|
Re: Persvryheid en onverdraagsaamheid [boodskap #115591 is 'n antwoord op boodskap #115584] |
Mon, 03 December 2007 18:15   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 03 Dec 2007 14:22:17 +0200, Ferdi wrote:
> Leuens en lasterlike bewerings word oor hom kwytgeraak in die boek
> White power and the Rise and Fall of the National Party.
>
> Só sê Eugene de Kock, die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, oor dié
> boek wat hy nou met 'n dringende hofbevel van die winkelrakke afhou.
> Regter Willie Hartzenberg het die respondente verbied om verdere
> eksemplare van die boek te versprei. Dit is deur Inter Press Service
> gepubliseer en word deur Zebra Press gedruk.
>
> Zebra Press word ook verbied om verdere eksemplare van die boek,
> Âwaarin vals en lasterlike bewerings oor De Kock verskyn, te druk,
> het Hartzenberg gelas.
>
> Die respondente moet ook eksemplare wat al aan boekwinkels,
> nuusagente, biblioteke, agente of ander verspreiders gelewer is,
> terugvat. Hulle moet die verspreiders opdrag gee om nie voort te gaan
> met die verkoop van die boek aan die publiek nie.
>
>
> Hy sê Van der Westhuizen skryf onder meer: ÂAnother example would be
> Eugene de Kock braaing meat and drinking for hours next to a corpse
> that they had set on fire.Â
>
> Hy sê die uitsluitlike doel hiervan is om die lesers te mislei of te
> skok Âslegs vir doeleindes van sensasieÂ.
>
> ÂGeen van die bewerings kan hoegenaamd gestaaf word nie.Â
>
> Hy is ook in geen stadium van sulke optrede aangekla of daaraan
> skuldig bevind nie.
>
bouwwer is ook een van die leuenaars wat die tipe liegstories, tot
vervelens toe, versprei het.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Persvryheid en onverdraagsaamheid [boodskap #115629 is 'n antwoord op boodskap #115624] |
Thu, 06 December 2007 08:12   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Koot" wrote in message
news:e1f64c76-b0d6-4be4-bdc3-01c68a26b1ba@b15g2000hsa.google groups.com...
>
> ----Dis presies wat ek s?. Was Maas se bedoeling om 'n saak te bespreek
> of
> net om mense te skok en reaksie uit te lok? Is dit nie dan misbruik maak
> van die vryheid van spraak nie?
Ek reken nie so nie. Ek dink kolomskrywers het lank genoeg geskryf wat
mense wil hoor en behoort so nou en dan dinge op te roer, net om 'n
gesprek aan die gang te sit. Denke word nie ruimer as ons ons
kolomskrywers aanhou kies en aansê om net die lekker goed te sê nie.
Die By-bylae by die Burger is 'n wonderlike stimulerende geskryf oor
alles en nog wat. Ou Masie het nogal goed daar ingepas met sy krap-
krap aan tradisies en denkwyses. Ek dink net in die rugbygerigte,
moord-en-seksbehepte Sondagkoerant het hy te veel gewaag. Al wat ons
daar wil hoor, is hoe sleg dit met misdaad gaan, hoe goed dit met
rugby gaan, who-naai-who en watter gemeente skeur. Ons wil definitief
nie toesien dat 'n lelike klein donner ons norme bevraagteken nie.
----Miskien is ek uit die oude doos, maar daar is iets soos respek ook.
Juis dit wat vreeslik ontbreek in die moderne lewe van vandag. Wyl ek nie
omgee dat enige persoon sy mening lug nie, is daar 'n tyd en 'n plek vir
alles. As jy moedswillig 'n ding doen om ander mense te kwets net om
reaksie uit te lok, dan moet jy nie gaan sit en tjank as die reaksie dalk
groter en ernstiger is as wat jy verwag het nie. Net soos enige iemand die
reg het om 'n ding te sê, net so het die publiek die reg om daarvan te dink
wat hulle wil, of werk dit net een kant toe?
|
|
|
|
|
Re: Persvryheid en onverdraagsaamheid [boodskap #115640 is 'n antwoord op boodskap #115637] |
Fri, 07 December 2007 05:39  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Koot" skryf in boodskap news:de8e9fd8-d16f-4e2e-9382-f66ef94ba20e@t47g2000hsc.google groups.com...
Suidwester wrote:
> ----Miskien is ek uit die oude doos, maar daar is iets soos respek ook.
> Juis dit wat vreeslik ontbreek in die moderne lewe van vandag. Wyl ek
> nie
> omgee dat enige persoon sy mening lug nie, is daar 'n tyd en 'n plek vir
> alles. As jy moedswillig 'n ding doen om ander mense te kwets net om
> reaksie uit te lok, dan moet jy nie gaan sit en tjank as die reaksie dalk
> groter en ernstiger is as wat jy verwag het nie. Net soos enige iemand die
> reg het om 'n ding te s?, net so het die publiek die reg om daarvan te dink
> wat hulle wil, of werk dit net een kant toe?
Natuurlik kan hulle dink wat hulle wil. Dis net primitief om hom te
dwing om stil te bly.
----OK. So as 'n ou besluit om iets te doen wat die meerderheid van die
publiek aanstoot gee, kan hy dit maar doen want dis primitief om hom te
dwing om nie uiting te gee aan sy vrye wil nie? Wat sluit jy uit en wat
in? Wat maak praat spesiaal vry en handeling nie?
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:47:13 UTC 2025
|