Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dit laat haar koud!
Dit laat haar koud! [boodskap #11395] |
Mon, 17 November 1997 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 17 Nov 1997 11:19:56 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
><<>In die konteks van berigte van vroue en kinders wat sinneloos vermoor word,
> het Gloatina Ot het die volgende kil verklaring uitgereik:
>
> "Eers as ek hoor dat wit seuns in die tronke papgeslaan is, net omdat hulle
> iets kritiseer,sal ek begin opgewonde raak."
>
> Jimmy Kruger, minister van polisie onder Vorster: Toe joernaliste hom vra
> wat sy reaksie is op die dood van Biko, was sy berugte antwoord:
>
> "Dit laat my koud".>>
Die verskil is natuurlik dat Kruger gese het dit laat hom koud OMDAT
iemand pap geslaan is.
En dat Gloudina se dit laat haar koud as NIE papgeslaan word nie.
Daar is natuurlik een moerse verskil tussen die twee stellings.
(Leendert, is jy OK? Hoekom praat jy so baie kak deesdae?)
|
|
|
Re: Dit laat haar koud! [boodskap #11418 is 'n antwoord op boodskap #11395] |
Tue, 18 November 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi skryf
in antwoord op Leendert van Oostrum:
>> In die konteks van berigte van vroue en kinders wat
>> sinneloos vermoor word, het Gloatina Ot het die
>> volgende kil verklaring uitgereik:
>>
>> "Eers as ek hoor dat wit seuns in die tronke papgeslaan is,
>> net omdat hulle iets kritiseer, sal ek begin opgewonde raak."
>>
>> Jimmy Kruger, minister van polisie onder Vorster: Toe joernaliste
>> homvra wat sy reaksie is op die dood van Biko, was sy berugte
>> antwoord:
>>
>> "Dit laat my koud".
>
> Die verskil is natuurlik dat Kruger gese het dit laat hom koud OMDAT
> iemand pap geslaan is.
>
> En dat Gloudina se dit laat haar koud as NIE papgeslaan word nie.
>
> Daar is natuurlik een moerse verskil tussen die twee stellings.
>
> (Leendert, is jy OK? Hoekom praat jy so baie kak deesdae?)
Liewe Koos,
Jy is al dikwels op hierdie nuusgroep deur talle bydraers
daarop gewys dat wanneer jy iets lees, jy iets anders daarin
verstaan as wat bedoel is. As 'n mens dit doelbewus doen,
word die waarheid verdraai. As 'n mens dit onwillekeurig doen,
is daar sprake van funksionele ongeletterd.
Gloudina het uitdruklik geskryf dat daar 'n voorwaarde aan
verbonde is vir haar om opgewonde te raak wanneer wit seuns
in tronke papgeslaan word: "net omdat hulle iets kritiseer". Dit
beteken dat as hierdie spesifieke voorwaarde nie nagekom word
nie, dan sal sy nie opgewonde raak nie. Wat beteken dit as sy
nie opgewonde raak nie? Sy is onbetrokke of koud.
As Leendert Gloudina nie uitgetrap het oor haar afskuwelike
uitspraak nie, sou ek dit gedoen het. Daar bly sy lekker rustig
in Kanada en maak onmenslike uitsprake oor die geweldadige
lotgevalle van mense in Suid Afrika - en jy probeer haar regverdig!
Julle twee het waansinnig geword - of julle is met 'n afskuwelike
agenda besig. Onthou, meeste mense wat hierdie nuusgroep
lees, is in staat om hulle eie gevolgtrekkings te maak. Nog ek,
nog Leendert, nog jy en nog Gloudina sal hulle kan beinvloed.
Ek, soos meeste ander deelnemers aan hierdie nuusgroep,
verwelkom kritiek en teenstandpunte. Dis wat 'n demokrasie
gesond hou. Maar wat julle twee nou aanvang, is sieklik. Kry
liewers end daarmee en begin julle saak konstruktief stel.
Alles van die beste aan al die mense
At de Lange
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:55:33 UTC 2025
|