Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Hei, Torreke...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hei, Torreke... [boodskap #114892 is 'n antwoord op boodskap #114876] |
Wo., 26 September 2007 11:10   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: Maart 2007
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 25 Sep 2007 16:04:08 +0200, "Torreke" wrote:
>> It looks like a duck, it walks like a duck it sounds like a duck. It
>> is a duck.
>
> Ferdi, met alle respek vir jou eerstehandse en meerdere kennis gesê, dit het
> NIKS met die prys van eiers te doene nie.
> Die 1910-grondwet is deur 'n Nasionale Konvensie saamgestel uit
> verteenwoordigers van die 4 kolonies opgestel, maar is deur die Britse
> Parlement in London tot WET gemaak en deur die Britse Koningshuis geteken -
> dit was dus 'n Britse Wet.
> Watter liggaam het die tussentydse grondwet van 1994 tot WET gemaak en WIE
> het dit as sulks wetlike gesag met sy handtekening gegee!!!!
Voor die 1994 grondwet is daar tussentydse komitees gesanksioneer deur
die grondwetlike vergadering in die lewe geroep wat 'n oorsig- en
toesighoudende rol oor die "ou" parlement gehad het.
Duidelik is gesag dus uit die hande van die parlement van 1993 geneem
en aan 'n komitee gegee wat deur die grondwetlike vergadering
gesanksioneer is.
Daarna het die nuwe parlement - gekies onder gesag van die tussentydse
grondwet - die tussentydse grondwet finaal aanvaar en op die einde het
Nelson Mandela dit geteken.
> Die vraag is: WIE het die tussentydse grondwet tot WET gemaak en WIE het dit
> onderteken?
Parlement gekies onder die tussentydse grondwet.
Nelson Mandela
> Ek het BAIE groot respek vir jou kennis en jou standpunte, Ferdi, maar jy's
> geen regsgeleerde nie! Waarom nie vir Leon Wessels vra nie? Hy is 'n
> regsgeleerde en hy het die grondwet help skrywe.
Vra hom
|
|
|
|
|
|
| Re: Hei, Torreke... [boodskap #114896 is 'n antwoord op boodskap #114820] |
Wo., 26 September 2007 12:15   |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:1190548390.938559.305260@w3g2000hsg.googlegroups.com...
> Wat weet jy van wat in en buite SA aangegaan het
> gedurende die apartheidsregime. Ons wat in die
> buiteland was, het in aanraking gekom met mense
> wat selfs in Swaziland die nagtelike klopjagte van
> die SA sogenaamde veiligheidsmagte moes
> verduur. En ek, baie meer as jy, het in die
> afgelope dekade met swart besoekers uit
> SA gepraat oor die toestand van sake voor
> en na 1994. Ek is baie meer ingelig, baie
> meer ingelig as jy oor die politiek van SA,
> kan ek jou verseker. Jy kyk net teen jou
> oogvelle vas. En jy kyk nie wyer as SA nie.
> Het George Bush al die dinge gedoen wat
> hy aan die begin beloof het. Nee. Sy land
> is besig om ekonomies ineen te stort.
> Die gesondheidsstelsel vir die man in die
> straat is omtrent derde werelds. Hulle
> spandeer miljoene dollars per maand
> om n oorlog te maak wat Kanada van die
> begin af veroordeel het en geweier het om
> aan deel te neem. Vergeleke met George
> Bush is Thabo Mbeki n veel meer
> gemagtigde leier.
> Jy kan ook nou maar praat tot
> jy blou in die gesig is van hoe Mandela n
> terroris was. Dan was Paul Kruger en sy
> generaals ook terroriste. Dan was George
> Washington ook n terroris. Mandela is n
> ereburger van Kanada, en n ikoon van
> staatsmanskap dwarsdeur die wereld.
> Steek dit in jou pyp en rook dit.
>
> Gloudina
Ek het gister van die see af teruggekom, met die gevoel dat ek so patetiese
reply van jou af gaan kry, en ek is nie teleurgesteld nie Gloudina - Ek moet
jou krediet gee, jy is nogal konstant met 3 dinge in die lewe:
Jy beantwoord nie moeilike vra wat aan jou gevra word nie
Jy glo die son skyn uit die ANC uit
Jy glo apartheid / rassisme is die rede vir al die probleme in SA.
Maar tot my verbasing en groot dankbaarheid, het Torreke en selfs Ferdi tot
die stryd toegetree, en jou goed oor die vingers getik, so ek hoef nie
regtig verder te reply nie, want tussen die 2 het hulle meer as genoeg gese
om jou mond toe te kry.
Mandela is 'n terroris - uit en gedaan, en glo my as daar enigiets was wat
ek kon doen om sy laaste paar jare op die aarde minder aangenaam te maak as
wat dit is, sal dit vir my 'n voorreg wees om dit te doen.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hei, Torreke... [boodskap #114914 is 'n antwoord op boodskap #114913] |
Do., 27 September 2007 11:51   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf
> Jou beskrywing van die NP regering as 'n "brutale diktatorskap"is gewoon
> gebasseer op rou emosie - nie op 'n gangbare definise van die woord
> "diktator"nie.
Wel, Torreke. Dis net daar waar jy jou kleur
wys. As jy nie kan toegee dat wat in SA in
die sewentigerjare en tagtigerjare van die
twintigste eeu aan die gang was n diktatorskap
van n handjievol wittes was nie, dan is jy
nie eens so eerlik soos Jaap Strydom nie.
Jaap Strydom, laat ek verduidelik, was my
prinsipaal op Adams College, toe ek vir
die tweede keer daar was. Hy is op 29
jaar aangestel oor die koppe van meer
bevoegde ( wit) kandidate, omdat sy vrou
die dogter was van iemand wat die leisels
getrek het in Bantoe-Onderwys. Teen
1976 het hy al sover teen die leer opgeklim
dat hy in beheer was van Bantoe Onderwys
in Soweto. Dit is hy, myns insiens, wat
die Soweto opstande geinspireer het deur
die wet dat hulle van hulle vakke in Afrikaans
moet leer. Want omtrent agtien jaar tevore
het hy dieselfde op Adams College gedoen.
Toe dit nog nie eens die beleid van Bantoe
Onderwys was nie.
Nouja, daardie einste Jaap Strydom
was ten minste eerlik genoeg om uit te
wys, as ander Afrikaners op die personeel
van SA as n demokrasie praat, uit te wys
dat SA nie n demokrasie is nie, want die
grootste deel van die bevolking van SA
het nie stemreg nie.
Jaap Strydom en sy familie se
geskiedenis was nie baie aangenaam nie.
Een van sy seuns is deur die apartheids-
regering nogal vervolg omdat hy oor n
miljoen rand ontvang het vir dienste wat
hy nooit gelewer het nie. Jaap het uiteindelik
met ander vroue flankeer en is geskei. Hy
is vroeg in sy lewe aan kanker dood,
voordat hy die oorgang na demokrasie
in SA kon sien. Ek dink altyd, op n
aweregse manier sou Jaap seker bly
gewees het dat die hele valse spul
uiteindelik in duie gestort het.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Hei, Torreke... [boodskap #114922 is 'n antwoord op boodskap #114914] |
Do., 27 September 2007 15:30   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" "Torreke" skryf
>
>> Jou beskrywing van die NP regering as 'n "brutale diktatorskap"is gewoon
>> gebasseer op rou emosie - nie op 'n gangbare definise van die woord
>> "diktator"nie.
>
> Wel, Torreke. Dis net daar waar jy jou kleur
> wys. As jy nie kan toegee dat wat in SA in
> die sewentigerjare en tagtigerjare van die
> twintigste eeu aan die gang was n diktatorskap
> van n handjievol wittes was nie, dan is jy
> nie eens so eerlik soos Jaap Strydom nie.
> Jaap Strydom, laat ek verduidelik, was my
> prinsipaal op Adams College, toe ek vir
> die tweede keer daar was. Hy is op 29
> jaar aangestel oor die koppe van meer
> bevoegde ( wit) kandidate, omdat sy vrou
> die dogter was van iemand wat die leisels
> getrek het in Bantoe-Onderwys. Teen
> 1976 het hy al sover teen die leer opgeklim
> dat hy in beheer was van Bantoe Onderwys
> in Soweto. Dit is hy, myns insiens, wat
> die Soweto opstande geinspireer het deur
> die wet dat hulle van hulle vakke in Afrikaans
> moet leer. Want omtrent agtien jaar tevore
> het hy dieselfde op Adams College gedoen.
> Toe dit nog nie eens die beleid van Bantoe
> Onderwys was nie.
> Nouja, daardie einste Jaap Strydom
> was ten minste eerlik genoeg om uit te
> wys, as ander Afrikaners op die personeel
> van SA as n demokrasie praat, uit te wys
> dat SA nie n demokrasie is nie, want die
> grootste deel van die bevolking van SA
> het nie stemreg nie.
> Jaap Strydom en sy familie se
> geskiedenis was nie baie aangenaam nie.
> Een van sy seuns is deur die apartheids-
> regering nogal vervolg omdat hy oor n
> miljoen rand ontvang het vir dienste wat
> hy nooit gelewer het nie. Jaap het uiteindelik
> met ander vroue flankeer en is geskei. Hy
> is vroeg in sy lewe aan kanker dood,
> voordat hy die oorgang na demokrasie
> in SA kon sien. Ek dink altyd, op n
> aweregse manier sou Jaap seker bly
> gewees het dat die hele valse spul
> uiteindelik in duie gestort het.
>
Ta'Hessie, hier doen jy presies wat jy elke keer doen wanneer jy nie 'n
antwoord het nie:
1) IGNOREER die eintlike onderwerp, nl. die verskil tusssen 'n oorlog van
een onafhnaklike staat versus 'n ander onafhanklike staat
2) VAL die persoon aan (ek wys nou kamtig my kleure - in 'n ander pos noem
jy my "regs".)
3) VERANDER die onderwerp (Jou Jaap Strydom en sy lewensverhaaltjie het net
mooi NIKS met die verlyking tussen die Boere se oorlog teen die Engelse en
die ANC se opstand teen hulle wettige regering te doen nie.)
My liewe ou Tannie, jou COSATU onderrok hang uit - dis hulle kenmerkende
styl daardie.
|
|
|
|
|
|
| Re: Hei, Torreke... [boodskap #114927 is 'n antwoord op boodskap #114923] |
Do., 27 September 2007 18:37   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" < skryf
> "Torreke" skryf
>
>
>> die ANC se opstand teen hulle wettige regering te doen nie.)
>> My liewe ou Tannie, jou COSATU onderrok hang uit - dis hulle kenmerkende
>> styl daardie.-
>
> Wel, Torreke, ek weier net totaal om die
> apartheidsregime as n wettige regime
> te sien. Hulle was onwettig. Omdat hulle
> die mag ondemokraties in die hande
> gekry het. Die wit regimes voor die
> Nasionale Party was ook deels nie wettig
> nie, alhoewel hulle hier en daar bietjie
> verteenwoordiging van die nie-blankes in
> SA toegelaat het.
>
> Gloudina
>
Ta'Hessie,
1) Is dit ONMOONTLIK vir jou om te erken dat jy verkeerd is oor die stryd
tussen Boer en Brit? Dat jy dit elke keer ignoreer en eenvoudig iets gryp
waarop jy meen jy kan reageer.
2) Nou wanneer het die voor-1994 regering onwettig geword? Jy sê hulle
voorgangers was "deels nie wettig nie". Dis nou strooi!!! - en jy behoort
dit self te besef! Iets is wettig of dis nie wettig nie! Dit kan nie
halfpad wettig wees nie!!! As die NP-Regering onwettig was, was al hulle
voorgangers onwettig: 1910! - en die 4 koloniale regerings voor 1910! - die
ZAR-regering en die ROV-Regering! - die Kaapse en Natalse Koloniale
Regerings! - die hele boksemdaais!!!! Want al hierdie regerings het hulle
bestaan en/of erkenning aan die gesag van die Britse Regering te danke wat
hulle ingestel het (Kaap en Natal) of wat hulle as wettige, onafhanklike
regerings (Transvaal en O Vrystraat) erken het! Die Vredestraktaat van
Vereniging het uitdruklik bepaal dat stemreg nie na die Swart bevolking
uitgebrei sou word voordat verteenwoordigende regerings (dus: blank
alleen-verkose) in die Tvl en OV ingestel is nie. Toe die 1910-grondwet in
die Britse Parlement ter tafel gelê is, was daar 'n Swart afvaardiging wat
oor die uitsluiting van Swartes beswaar gemaak het - en die Britse Regering
herinner het aan hulle beloftes gedurende die Anglo-Boere Oorlog. Die
Britse Regering het hom nie aan die besware gesteur nie, en die
1910-grondwet aanvaar!!! Dié prominente Swartes wat lede van die
afvaardiging was, was ook die leiers wat die ANC in 1912 - twee jaar
later! - in reaksie op die gebeure gestig het. Die sg.verteenwoordiging wat
Swartes onder die 1910-grondwet geniet het, was verteenwoordiging deur 2
blankes!!! Die eerste keer wat Swartes geleentheid gekry het om te stem
vir hulle eie verteenwoordigers was in die NP se tuislande!!!!
Jy vergeet blykbaar ook dat Brittanje self deur 'n demokratiseringsproses
gegaan het in die 19e eeu. Die Westminster-stelsel was nog baie jonk toe
die AB uitgebreek het!!! In die Kaap was verteenwoordigende regering ook
nog 'n nuutjie!!!
Die bring my terug by 'n vroeëre vragie wat jy geignoreer het: Hoe bepaal
mens of 'n regering wettig is of nie!
|
|
|
|
| Re: Hei, Torreke... [boodskap #114929 is 'n antwoord op boodskap #114895] |
Do., 27 September 2007 19:02   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" < wrote
"Torreke" skryf
> Hierdie een om mee te begin:
>
> En hulle het nie net 'n klomp skuld van die NP-regering geërf nie, hulle
> het
> die mees ontwikkelde staat suid van die Sahara geërf. 'n Staat wat hulle
> vinnig besig is om op te foeter danksy onverantwoordelike "transformasie"!
Dierbaarheid, Torreke. Lees weer die sin hierbo
wat jy as n vraag bestempel. Waar is die vraag
daarin. Dis n spul regse agitasie waaragter jy
nie eens n vraagteken kan sit nie. Ek is vinnig
besig om my respek vir jou te verloor.
Jy met jou kennis van rale behoort te weet dat mens 'n vraag by wyse van 'n
stelling kan gee. Dit word elke dag in kruisondevraging in howe dwarsoor
die wêrelod gedoen.
Dis nie die 1e keer dat jy my vertel dat jy jou respek vir my verloor nie! -
jy sê dit elke keet as ek iets kwytraak wat nie jou linkse politiek
ondersteun nie!!!!
En ek verskil van jou oor die staat SA.
Daar mag op die oomblik n slegte party regeer
in SA, maar die staat van Suid-Afrika is op
baie goeie grondbeginsels gebou en alhoewel
daar vreeslik geskree word oor hoe Mbeki nou
diktator wil word, sien ek nog geen teken
daarvan in die strukture van die staat nie.
Ek het my weerspreek toe ek gesê het hulle is besig om die "staat" op te
foeter; ek het eintlik bedoel "staatsdiens".
Gloudina, jy kan van die apartheidstaat net sê wat jy wil, maar daar was 'n
effektiewe staatsdiens in plek - wat die Boere netso by die Britte geleer
het!!! Die huidige klomp het eenvoudig alles by die agterdeur uitgesmyt! -
want alles is per definsie verkeerd omdat dit onder die apartheidsregering
in plek gesit is! - selfs die liasseerstelsel! Die gevolg! - grootskaalse
gemors! - lêers wat by die honderde wegraak. Nou word daar weer teruggeval
op die beproefde resep en met groot koste probeer om dit her in te stel.
Dan word dit in die O Kaapse Depart van Gesondheid met 'n groot party
afgeskop, Skriflesing en gebed ingesluit, en die pers word verwyt omdat
hulle nie opdaag om te berig dat die Dept 'n ordentlike liasseerstelsel in
plek sit nie!!!!
================================================
Weet jy wat is baie interessant: Jy ignoreer, soos gewoonlik, die gedeelte
wat jou nie pas nie, nl. dat die ANC die mees ontwikkelde staat suid van die
Sahara van die apartheidsregime geërf het.
Onthou jy nog, Gloudina, onder Verwoerd was die Amerikaanse Dollar maar
sowat 50 SA sent werd? Twee Rand het 'n Britse pond gekoop!!! Die SA
ekonomie was een van die sterkstes en gesondstes in die wêreld. Die
inflasiekoers wat onder 5%. Verwoerd was die enigste Afrika-leier wat 'n
miljoen huise vir Swartes oor 'n tydperk van 5 jaar beloof en gebou het!!!
Nou klink dit of ek die apartheidstaat verheerlik. Glad nie!!! Ek probeer
gewoon net vir jou wys dat ek gebalanseerd probeer kyk - en jy nie!!! Ek
soek in die verlede wat goed daarin te ontdek is - ook in die
apartheidstyd!!! - jy en die ANCs doen nie! Vir jou en die ANC is alles
voor 1994 - alles uit apartheid en uit die koloniale era per definisie
verkeerd en moet waai! Die gevolg van dié soort benadering: 'n Afrika wat
in duie gestort het na dekolonisering!
|
|
|
|
| Re: Hei, Torreke... [boodskap #114930 is 'n antwoord op boodskap #114896] |
Do., 27 September 2007 19:10   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Riaan" Ek het gister van die see af teruggekom, met die gevoel dat ek so[/color]
> patetiese reply van jou af gaan kry, en ek is nie teleurgesteld nie
> Gloudina - Ek moet jou krediet gee, jy is nogal konstant met 3 dinge in
> die lewe:
>
> Jy beantwoord nie moeilike vra wat aan jou gevra word nie
> Jy glo die son skyn uit die ANC uit
> Jy glo apartheid / rassisme is die rede vir al die probleme in SA.
>
> Maar tot my verbasing en groot dankbaarheid, het Torreke en selfs Ferdi
> tot die stryd toegetree, en jou goed oor die vingers getik, so ek hoef nie
> regtig verder te reply nie, want tussen die 2 het hulle meer as genoeg
> gese om jou mond toe te kry.
>
> Mandela is 'n terroris - uit en gedaan, en glo my as daar enigiets was wat
> ek kon doen om sy laaste paar jare op die aarde minder aangenaam te maak
> as wat dit is, sal dit vir my 'n voorreg wees om dit te doen.
Dankie vir die komplimente, Riaan, nie almal verdien nie, hoor.
Stem egter nie saam met jou laaste stelling oor Mandela nie. Ek verwerp die
geweldadige opstand van enige persoon teen sy wettige regering - ook dié van
Mandela! - maar die versoenende Mandela wat uit die tronk gestap het na 27
jaar agter tralies, was duidelik iemand wat baie tyd gehad het om na te dink
en te oorweeg! Al het hy nooit geweld met soveel woorde afgesweer nie, kan
sy pogings om wit en swart met mekaar te versoen nouliks na waarde geskat
word! Hy't die best jare van sy lewe in die tronk gesit omdat hy opgestaan
het om te baklei vir wat reg was - ek verwerp sy metode, maar nie sy opstand
teen die onderdrukking nie! - tog het hy daar uitgeloop sonder 'n sweempie
van bitterheid! Dit wil gedoen wees, my maat!
Oor Mandela kan ek in digterlike vervoering sê: Stil, broers, daar gaan man
verby!!!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hei, Torreke... [boodskap #114955 is 'n antwoord op boodskap #114949] |
Sa., 29 September 2007 12:06  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf
> Ta'Hessie, jy's nie dom nie. Nou maak jy asof ek die Boere-oorlog keer op
> keer bysleep. Feit is: Jy't dit bygesleep, en jy't dit verkeerd bygesleep.
> Jy het 'n is-gelykaan-teken tussen die Swartes se vryheidstryd en die Boere
> s'n geplaas.
Ek stem maar net saam met wat
Bram Fischer verduidelik het. Dat
hy sy hulp vir die struggle gesien
het as n voortsetting van sy familie
se tradisie van opstand teen
onreg en oorheersing. Onthou jy
dat Bram Fischer se oupa
president van die Oranje Vrystaat
was toe dit nog n Boere Republiek
was.
Onthou jy ook dat hulle Bram
Fischer in die tronk gegooi het en
geweier het om hom huis toe te
laat gaan toe hy baie pynlik aan
kanker gesterf het.
Gloudina
|
|
|
|
| Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 07:12:59 UTC 2026
|