Tuis » Taal » Prosa & poësie » Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter?
|
|
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113763 is 'n antwoord op boodskap #113754] |
Vr., 13 April 2007 07:31   |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Iesh, maar jy saal wille perde op.
Hoewel die literatore sal verskil en hulle sekerlik objektiewe
maatstawwe het van wat 'n goeie gedig is, glo ek dis 'n subjektiewe
ding, soos musieksmaak. Wat vir my 'n goeie gedig is, word gekleur
deur my ervaring, my passies, my 'sensitiwiteite', my bietjie
kundigheid en miskien selfs musiekaanleg!
Ek is ook 'n bietjie onkant gevang, sonder my bundels hier in my
kantoor, maar mense wat frases skryf soos
Wit is die wêreld van outydse wee
en 'n treurige wals is die vroemoresee
dou oor die duine, geen windjie wat waai -
net 'n vaalvalk wat sing, soos hy draai, soos hy draai...
Wow. Ek dink dit was WEG Louw.
En dan Elizabeth Eybers. Sy kan beelde in woord omsit soos min. En
Gert Vlok Nel.
Ek weet dis Ingels, maar op die Limericks - nuusgroep is daar 'n kêrel
met die skuilnaam Tiddy Ogg (hy het sy eie webblad, soek met Google)
wat ek dink, absoluut briljant is. Bietjie skurf - nee, dikwels baie
skurf - maar 'n lus om te lees. Philip de Vos kan gerus daar gaan leer.
|
|
|
|
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113774 is 'n antwoord op boodskap #113763] |
Vr., 13 April 2007 09:47   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hei, Koot, jy's mos van die Kaap. Hier is bietjie Peter Blum vir jou:
Mag dit behoue bly
Mag dit behoue bly soos dit nou is!
Hierdie ou hoekie van die woonbuurt Tuine
met sy beskeie huisies agter heinings
van ragwerk-yster of 'n oleander,
met sy stoepies gelyk en uitgerus,
nes koffie-tannies - mag hier niks verander!
As ek terugkom wil ek jou bolig
nog as lanternglas om die gloeilamp waan,
en al die varsgeverfde hortjies dig,
waaragter liefde stil voltrek word saans.
Wat ook al buite dreig, hier is dit warm:
dof klink die buitewêreld se geraas -
niks ergers dan die koddige alarm
as die viskramer op sy beueltjie blaas.
Is julle gewaarsku? Het julle gehoor?
Slegs een keer het die tyd se stroom gestol
vir twee minnaars: 'n stad se vorm, helaas,
verander vinniger dan 'n mens se hart
wat ou posture kan vaslê.
|
|
|
|
|
|
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113798 is 'n antwoord op boodskap #113777] |
Ma., 16 April 2007 08:02   |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hessie wrote:
>
> Ja, ek hou nog altyd vol dat WEG eintlik
> baie beter was as wat hom krediet gegee
> is, en dat NP nie so goed was as wat
> mense voorgegee het nie. En dat nie
> een van hulle kersvas kon hou by
> Opperman wat konsekwente kwaliteit
> betref nie.
Ek hoor wat jy sê en stem saam. Maar, dan seker, verskillende dinge
vir verskillende mense. Vir my was NP 'n vakman, baie bewus van en
trots op sy kuns. Ek vermoed WEG was 'n sanger, met verse wat uit die
hart vloei. Gee vir my eerder 'n vers wat my ontroer as 'n tegniese
meesterstuk.
Op Litnet het iemand 'n ruk gelede 'n oulike, bondige opsomming gesit
van die kriteria wat hulle vir oorweging gebruik. Wens ek kon dit weer
vind, maar hulle gee daar ruimte vir die elegante stelwyse,
oorspronklike woordtoepassings, vaardige taalgebruik, kreatiewe beelde
ensovoorts, maar dan ook vir die vers wat 'n mens sommer net
hoendervleis gee.
Hier deel poësie vir my iets met musiek. Jy sal 'n hoogs tegniese
Rachmaninoffstuk kry, wat sekerlik goeie musiek is, maar dan ook 'n
eenvoudige Chopin wat direk tot jou hart spreek. Seker so ook met
skilderwerk, verhale, beeldhou...
Die lekker is dat daar ruimte is vir almal van ons. Sommige kenners
van wyn en whiskey sal sê, bogger die reëls, jy meng jou dranke en jou
kos soos dit jou behaag. As ek van 'n slim vers hou met 'n gesonde
streep sentiment, kan julle maar lag. Ander sal soek vir elemente van
post-modernisme, vir intertekste, vir grootse seggingskrag - hulle is
ook reg, maar hulle is nie ek nie.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter? [boodskap #113871 is 'n antwoord op boodskap #113870] |
Sa., 21 April 2007 13:32  |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vlaming wrote:
> "knersus" schreef in bericht
> news:f0106h$lu0$2@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
>> Hessie wrote:
>>> Ek weet al wat Riaan gaan sê - die ou wat die beste kan rym. Op
>>> die basis daarvan, behoort jy vir Opperman te stem, Riaan.
>
>>> Gloudina
>
>> Moeilike vraag en amper onmoontlik om te antwoord. Al wat ek kan
>> sê, is dat Boerneef my *gunsteling* is! NP van Wyk-Louw op nr 2.
>> Knersus
> ooit eens gehoor van ene Visser van Heidelberg
Natuurlik ken ek AG Visser se werk, net soos ek al met Leipoldt, WEG
Louw, Toon vd Heever, Opperman en vele ander se werk kennis gemaak
het. Ek hou net meer van Boerneef en vW-L s'n.
Knersus
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Apr. 22 13:18:09 UTC 2025
|