Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Setpilletjie
Die Setpilletjie [boodskap #113508] Ma, 12 Maart 2007 09:54 na volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Afrikaans op sy beste
Ek haal my hoed of vir die skrywer van die storie, dit is vrek
koddig..........................

************************************************************ *********************

> Niks in die lewe bring groter vreugde vir 'n moeë vis-en-hoenderdieet
> as 'n langnaweek in die Vrystaat nie. Die oggend, middag en
> aandvleisvure brand hoog en die vet drup uit die vakansie baarde, dis
> 'n geil besigheid man, geil man, geil. Jou beker loop oor. Soggens is
> dit skaapniertjies, smiddae skaaptjops en saans iets kleins soos 'n ou
> biefstukkie of 'n varkboudjie.
> In
> die Vrystaat beteken 'n gebalanseerde dieet 'n tjop in elke hand.
> Tussendeur
> word daar aan 'n biltonkie gekou om die kieste oefening te gee. Maar
> soos met alle goeie dinge kom daar 'n einde aan alles.
>
> Die t'rugtog Kaap toe kom soos 'n dief in die nag. Daar word uitgestel
> en weggepraat maar vader Tyd het gesê dis Sondagmiddag en so sal dit
> wees. Na 'n skaapvleis ontbyt word die langpad gevat met skaapboud
> toebroodjies vir padkos. Voetslepend en klaend word die tasse gepak
> en gelaai en met stroewe gesigte word die Vrystaatse familie gegroet.
> Die stilte in die motor is oorverdowend wanneer ons die N1 vat Kaap
> toe.
>
> Edenburg, Trompsburg, Colesberg, Spietkop, Hanover, Spietkop, Richmond
> flits die plekke verby. Drie Susters .... amper halfpad en die
> Sondagmiddag trek lang skadu's oor die Groot Karoo. Aaaai, as ons maar
> al die skapies kon saamvat vir die mense in die Kaap. Hulle weet nie
> wat mis hulle nie. Glo mos net aan vis en hoender. Hoender is mos nie
> verniet die nasionale voël van die Wes-Kaap nie. Na Drie Susters kom
> die fout. Groooot fout! 'n Pyn van epidermiese proporsies skiet my
> regterenkel binne. Dit moet 'n beroerte wees. Ek sweer dis 'n
> hartaanval .... My hart sit juis in my skoene. Kry mens miskien 'n
> voetaanval, Bosluisvoet of Slangvoet?
>
> Die moontlikhede is legio. Die pyn neem alles oor. Die kinders wonder
> of pa Krismis gaan haal. Liefste wil weet of ek koors het. "Bel die
> dokter!" is al wat ek kan uitkry terwyl ek stotterend probeer asem
> kry. Ek trap die petrol dieper met die anner voet en die trane biggel
> oor my wange. O Kaap, O Kaap, as ek tog maar net by die huis kan kom.
>
> Vroutjie bel vir Dok uit sy Sondagmiddagslapie. Dit is NOOD broer. Sy
> vertel in kort, afgemete sinne wat haar diagnose is. Dok vra hieroor
> en daaroor en waar die pyn is en of daar ou rugby beserings is in daai
> voet. Dan die lang stilte. Ons albei verwag die ergste." Nee" se dok
> "maar as dit so pyn en die pyn daar is en julle die en daai ge-eet
> het, daar geen koors is nie, die pyn nie "loop" nie, dan lyk dit my na
> ghout".
>
> "Wat het jy in die kar? Het jy enige iets vir die kinders vir karsiek?"
> Dankie tog, dink ek nou is ons darem al by die merriekasie. "O, setpille"
> hoor ek vroutjie antwoord van die kant af, "maar as jy dit het, kan jy
> dit vir hom gee. Hy sal 'n 100mg moet inkry". "Maar ek het net 15 en
> 20mg pilletjies", hoor ek vir vroutjie terwyl sy hard dink hoe sy
> hierdie pilletjies in haar man se watse dinges gaan inkry. Synde die
> dokter op die "loudspeaker" is, kan ek darem self in my toestand
> uitwerk hoeveel keer gaan ek, nou ja, die ding moet doen. Toe hy aflui
> staan ek dadelik vas, ek het ook mos 'n binneste. "Sal wag tot op
> Beaufort, daar sal 'n noodapteek wees"
> en daarmee handel ek die gesprek af, ter wille van die kinders in
die
kar.
>
> Maar ai boeta, op Beaufort is 'n noodapteek so skaars soos reën. Niks
> oop, op 'n Sondagaand nie. "Dan druk ons maar deur Kaap toe." Kners ek
> op my tanne. Ek sit nou al kaalvoet met die lugreeling vol oop op my
> voet - dalk vries die ding dood dan kan ek hom afbreek en in die kar
> se "boot" gooi.
> 'n
> Man het sy trots en ek's g'n hoender wat klein pilletjies agterstevoor
> om pik nie.
>
> Op Leeu Gamka is al my manlikheid daarmee heen ... alles is wit van
> die pyn.
>
> "Vrou, gee maar - dit is nou of nooit, en ek "nou" liewer as "nooit".
>
> Vroulief fynkam haar "toolbox" en kom met die goeie nuus, daar's nog
> 'n 100mg setpilletjie". Daar het jy dit: Vir elke pyn is daar 'n
> gewig. Pil in die hand bestorm, of was dit nou bekruip of huppel ek na
> die plek van verligting by die vulstasie. "Hierdie besigheid MOET net
> werk" dink ek by myself en probeer moed skep vir wat voorlê.
>
> Ek worstel en sweet, maar in moet hy in - het jy al ooit probeer om 'n
> "dartboard" se "bullseye" van die agterkant af op een been te kry
> sonder om die ander ouens in die kleedkamer met sagte kreungeluidjies
> te vermaak?
>
> Na die nagmerrie sukkel ek t'rug kar toe en ons val in die pad. Die
> kinders wil weet hoekom pa se oë dan nou so groot is. Dink seker ek
> probeer Wolf en Rooikappie vir hulle opvoer om die pad om te kry.
> Niemand sê iets nie, ma bly liewer stil, sy weet wanneer vraetyd verby
> is. Later slaap die kinders snoesig in hul stoeltjies, ek sit met die
> pyn en trap die petrol dat ons in die Kaap kan kom. Pyn, alles net pyn
> en die gedagte van die vreeslikheid daar in die toilet op Leeu Gamka
> vir ewig ingeprent in my geheue.
>
> By Laingsburg traai vroutjie weer 'n geselsie." Voel dit al beter, skat."
> "Nog nie juis nie liefling. Maar dis darem 'n skerp pil daai" gooi ek
> 'n hou na die witjasse. "Hoe bedoel jy?" "Ek bedoel die alluminium om
> die pil.
> Ek moes die besigheid omtrent "panelbeat" om die skerp kante te
> probeer platkry. As ek dit sommer net so sou gebruik, kon ek my
> binneste lelik beskadig" verduidelik ek sonder om te veel "detail"
te
gee.
>
> Dit smaak vroutjie het as selfmoordbomplanter by Elkaida
> gekwalifiseer. Sy ontplof dat die kinners se lyfies ruk en hulle met
> hulle handjies bo-kant hulle koppe gryp in hulle slaap. Dis die
> ergste lagbui wat ek uit haar lyf hoor sedert die nuus van haar eerste
> swangerskap. "Jy moes die alluminium afhaal, poe...ol!" rek sy dit uit
> en sy trek haar foontjie nader.
>
> "Maar ek dog dit werk soos 'n kapsule. Mens breek mos nie 'n kapsule
> oop nie, net nou vergiftig jy jouself met 'n oordosis, die besigheid
> moet mos stadig 'n mens se sisteem bekruip!" My manlikheid en
> intellek is daarmee heen. Die wêreld weet. Sy mishandel die
> selfoontjie om die nuus oor die aardbol te versprei.
>
> Dok is die eerste om van my "mishap" te hoor. Hy kan sommer my lyding
> op die internet uitblaker en die eer kry vir die beste mediese "joke'
> van die maand. Geen setpil sal ooit weer dieselfde wees nie. Hoe gaan
> ek die wêreld in die oë kyk? En dit na die vreeslike lyding op Leeu
> Gamka. Ek verlang na die tere liefde en simpatie van my moeder.
>
> Volgende more is ek 'n "celeb" op kantoor, almal wil tog net
> bemoedigend aan my vat of 'n ou geselsie aanknoop. Wil weet of ek nou
> 'n "stainless steel silencer" het. Ha, ha, ha, wens julle kry
> dieselle pyn wat ek in my voet het in julle "silencers" da sal ons
> sien! Klomp ape!
>
> Het die ding gewerk? Weet nog nie....wag dat die aluminium
"corode".
Re: Die Setpilletjie [boodskap #113512 is 'n antwoord op boodskap #113508] Ma, 12 Maart 2007 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 12 Mar 2007 11:54:14 +0200, "Deneile" wrote:


>> Edenburg, Trompsburg, Colesberg, Spietkop, Hanover, Spietkop,
> Richmond

nog voorrie merikasie het hy al verdwaal - in 'n sirkel gery op 'n
stadium.
Re: Die Setpilletjie [boodskap #113514 is 'n antwoord op boodskap #113508] Ma, 12 Maart 2007 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit was 'n vyfhanddoekgrappie!!:))

Annette

"Deneile" skryf in boodskap news:et389r$2ul$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
> Afrikaans op sy beste
> Ek haal my hoed of vir die skrywer van die storie, dit is vrek
> koddig..........................
>
> ************************************************************ *********************
>
>
>> Niks in die lewe bring groter vreugde vir 'n moeë vis-en-hoenderdieet
>> as 'n langnaweek in die Vrystaat nie. Die oggend, middag en
>> aandvleisvure brand hoog en die vet drup uit die vakansie baarde, dis
>> 'n geil besigheid man, geil man, geil. Jou beker loop oor. Soggens
> is
>> dit skaapniertjies, smiddae skaaptjops en saans iets kleins soos 'n
> ou
>> biefstukkie of 'n varkboudjie.
>> In
>> die Vrystaat beteken 'n gebalanseerde dieet 'n tjop in elke hand.
>> Tussendeur
>> word daar aan 'n biltonkie gekou om die kieste oefening te gee. Maar
>> soos met alle goeie dinge kom daar 'n einde aan alles.

>> Die t'rugtog Kaap toe kom soos 'n dief in die nag. Daar word
> uitgestel
>> en weggepraat maar vader Tyd het gesê dis Sondagmiddag en so sal dit
>> wees. Na 'n skaapvleis ontbyt word die langpad gevat met skaapboud
>> toebroodjies vir padkos. Voetslepend en klaend word die tasse gepak
>> en gelaai en met stroewe gesigte word die Vrystaatse familie
> gegroet.
>> Die stilte in die motor is oorverdowend wanneer ons die N1 vat Kaap
>> toe.

>> Edenburg, Trompsburg, Colesberg, Spietkop, Hanover, Spietkop,
> Richmond
>> flits die plekke verby. Drie Susters .... amper halfpad en die
>> Sondagmiddag trek lang skadu's oor die Groot Karoo. Aaaai, as ons
> maar
>> al die skapies kon saamvat vir die mense in die Kaap. Hulle weet nie
>> wat mis hulle nie. Glo mos net aan vis en hoender. Hoender is mos nie
>> verniet die nasionale voël van die Wes-Kaap nie. Na Drie Susters kom
>> die fout. Groooot fout! 'n Pyn van epidermiese proporsies skiet my
>> regterenkel binne. Dit moet 'n beroerte wees. Ek sweer dis 'n
>> hartaanval .... My hart sit juis in my skoene. Kry mens miskien 'n
>> voetaanval, Bosluisvoet of Slangvoet?

>> Die moontlikhede is legio. Die pyn neem alles oor. Die kinders
> wonder
>> of pa Krismis gaan haal. Liefste wil weet of ek koors het. "Bel die
>> dokter!" is al wat ek kan uitkry terwyl ek stotterend probeer asem
>> kry. Ek trap die petrol dieper met die anner voet en die trane
> biggel
>> oor my wange. O Kaap, O Kaap, as ek tog maar net by die huis kan
> kom.

>> Vroutjie bel vir Dok uit sy Sondagmiddagslapie. Dit is NOOD broer. Sy
>> vertel in kort, afgemete sinne wat haar diagnose is. Dok vra hieroor
>> en daaroor en waar die pyn is en of daar ou rugby beserings is in
> daai
>> voet. Dan die lang stilte. Ons albei verwag die ergste." Nee" se dok
>> "maar as dit so pyn en die pyn daar is en julle die en daai ge-eet
>> het, daar geen koors is nie, die pyn nie "loop" nie, dan lyk dit my
> na
>> ghout".

>> "Wat het jy in die kar? Het jy enige iets vir die kinders vir
> karsiek?"
>> Dankie tog, dink ek nou is ons darem al by die merriekasie. "O,
> setpille"
>> hoor ek vroutjie antwoord van die kant af, "maar as jy dit het, kan
> jy
>> dit vir hom gee. Hy sal 'n 100mg moet inkry". "Maar ek het net 15 en
>> 20mg pilletjies", hoor ek vir vroutjie terwyl sy hard dink hoe sy
>> hierdie pilletjies in haar man se watse dinges gaan inkry. Synde die
>> dokter op die "loudspeaker" is, kan ek darem self in my toestand
>> uitwerk hoeveel keer gaan ek, nou ja, die ding moet doen. Toe hy
> aflui
>> staan ek dadelik vas, ek het ook mos 'n binneste. "Sal wag tot op
>> Beaufort, daar sal 'n noodapteek wees"
>> en daarmee handel ek die gesprek af, ter wille van die kinders in
> die
> kar.

>> Maar ai boeta, op Beaufort is 'n noodapteek so skaars soos reën. Niks
>> oop, op 'n Sondagaand nie. "Dan druk ons maar deur Kaap toe." Kners
> ek
>> op my tanne. Ek sit nou al kaalvoet met die lugreeling vol oop op my
>> voet - dalk vries die ding dood dan kan ek hom afbreek en in die kar
>> se "boot" gooi.
>> 'n
>> Man het sy trots en ek's g'n hoender wat klein pilletjies
> agterstevoor
>> om pik nie.

>> Op Leeu Gamka is al my manlikheid daarmee heen ... alles is wit van
>> die pyn.

>> "Vrou, gee maar - dit is nou of nooit, en ek "nou" liewer as
> "nooit".

>> Vroulief fynkam haar "toolbox" en kom met die goeie nuus, daar's nog
>> 'n 100mg setpilletjie". Daar het jy dit: Vir elke pyn is daar 'n
>> gewig. Pil in die hand bestorm, of was dit nou bekruip of huppel ek
> na
>> die plek van verligting by die vulstasie. "Hierdie besigheid MOET net
>> werk" dink ek by myself en probeer moed skep vir wat voorlê.

>> Ek worstel en sweet, maar in moet hy in - het jy al ooit probeer om
> 'n
>> "dartboard" se "bullseye" van die agterkant af op een been te kry
>> sonder om die ander ouens in die kleedkamer met sagte kreungeluidjies
>> te vermaak?

>> Na die nagmerrie sukkel ek t'rug kar toe en ons val in die pad. Die
>> kinders wil weet hoekom pa se oë dan nou so groot is. Dink seker ek
>> probeer Wolf en Rooikappie vir hulle opvoer om die pad om te kry.
>> Niemand sê iets nie, ma bly liewer stil, sy weet wanneer vraetyd
> verby
>> is. Later slaap die kinders snoesig in hul stoeltjies, ek sit met die
>> pyn en trap die petrol dat ons in die Kaap kan kom. Pyn, alles net
> pyn
>> en die gedagte van die vreeslikheid daar in die toilet op Leeu Gamka
>> vir ewig ingeprent in my geheue.

>> By Laingsburg traai vroutjie weer 'n geselsie." Voel dit al beter,
> skat."
>> "Nog nie juis nie liefling. Maar dis darem 'n skerp pil daai" gooi
> ek
>> 'n hou na die witjasse. "Hoe bedoel jy?" "Ek bedoel die alluminium om
>> die pil.
>> Ek moes die besigheid omtrent "panelbeat" om die skerp kante te
>> probeer platkry. As ek dit sommer net so sou gebruik, kon ek my
>> binneste lelik beskadig" verduidelik ek sonder om te veel "detail"
> te
> gee.

>> Dit smaak vroutjie het as selfmoordbomplanter by Elkaida
>> gekwalifiseer. Sy ontplof dat die kinners se lyfies ruk en hulle met
>> hulle handjies bo-kant hulle koppe gryp in hulle slaap. Dis die
>> ergste lagbui wat ek uit haar lyf hoor sedert die nuus van haar
> eerste
>> swangerskap. "Jy moes die alluminium afhaal, poe...ol!" rek sy dit
> uit
>> en sy trek haar foontjie nader.

>> "Maar ek dog dit werk soos 'n kapsule. Mens breek mos nie 'n kapsule
>> oop nie, net nou vergiftig jy jouself met 'n oordosis, die besigheid
>> moet mos stadig 'n mens se sisteem bekruip!" My manlikheid en
>> intellek is daarmee heen. Die wêreld weet. Sy mishandel die
>> selfoontjie om die nuus oor die aardbol te versprei.

>> Dok is die eerste om van my "mishap" te hoor. Hy kan sommer my
> lyding
>> op die internet uitblaker en die eer kry vir die beste mediese
> "joke'
>> van die maand. Geen setpil sal ooit weer dieselfde wees nie. Hoe
> gaan
>> ek die wêreld in die oë kyk? En dit na die vreeslike lyding op Leeu
>> Gamka. Ek verlang na die tere liefde en simpatie van my moeder.

>> Volgende more is ek 'n "celeb" op kantoor, almal wil tog net
>> bemoedigend aan my vat of 'n ou geselsie aanknoop. Wil weet of ek
> nou
>> 'n "stainless steel silencer" het. Ha, ha, ha, wens julle kry
>> dieselle pyn wat ek in my voet het in julle "silencers" da sal ons
>> sien! Klomp ape!

>> Het die ding gewerk? Weet nog nie....wag dat die aluminium
> "corode".
>
Re: Die Setpilletjie [boodskap #113543 is 'n antwoord op boodskap #113508] Wo, 14 Maart 2007 07:17 Na vorige boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Skitterend
Vorige onderwerp: Hernuwings
Volgende onderwerp: Steve en Dan Roodt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 02:10:31 MGT 2024