Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Yslike petrolskok
Yslike petrolskok [boodskap #113426] |
Di., 06 Maart 2007 21:32  |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Yslike petrolskok - CARIEN DU PLESSIS
KAAPSTAD. - Te midde van stygende brandstofpryse het die Wes-Kaapse
tesourie gister aangekondig dat Kaapse motoriste van volgende jaar af
tot soveel as 10c per liter meer vir hul brandstof kan betaal as die
res van die land.
Die Wes-Kaap sal die eerste provinsie in die land wees wat 'n
spesiale brandstofheffing instel. Die moontlikheid word ook bekyk om
besoekers tot die Wes-Kaap te belas sodat die provinsie paaie en
toerismeprojekte kan finansier.
Die Wes-Kaapse minister vir finansies, me. Lynne Brown, het gister
hierdie aankondigings in haar begrotingsrede in die wetgewer gemaak.
Nasionale wetgewing om 'n brandstofheffing moontlik te maak, gaan na
verwagting volgende maand ter tafel gelê word, terwyl die provinsie sy
wetgewing volgende jaar saam met die provinsiale begroting ter tafel
sal lê.
Die provinsie sal na raming tot soveel as R320 miljoen per jaar uit so
'n heffing maak.
|
|
|
|
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113432 is 'n antwoord op boodskap #113428] |
Wo., 07 Maart 2007 06:44   |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 6 Mar 2007 15:00:55 -0800, "Hessie" wrote:
> Dave skryf
>
>> Yslike petrolskok
>
> Vadertjie tog. Net tien sent per liter en
> dit word 'n yslike skok genoem. Hulle
> moet liewer bestudeer watter heffings
> in ander dele van die wêreld gemaak
> het. En dis maar die begin. Al Gore
> het 'n Oscar gekry vir hierdie soort
> voorstelle.
>
> Gloudina
Joernaliste in Suid Afrika het die idiotiese irriterende manier om
enige enige enige iets wat in die buiteland gebeur en geld by betrokke
is, in dollars of ponde te noem, met Randwaarde in hakies, of sommer
'n sin agterna wat sê "in Suid Afrikaanse geld is dit R...."
Die verskil in geldwaarde is slegs 'n faktor wanneer jy dollars of
ponde met rande koop en anders om. Dit is simpel om, wanneer iets met
betrekking tot geld, in bv Amerika gebeur, dit met SA geld te wil
vergelyk. Lewenskoste verskil van land tot land en daarom kan jy nie
geldwaardes bloot net vergelyk nie.
As jy op daardie manier sou wou redeneer, beteken dit dat die koste,
vergeleke, by julle sou styg met 1½ sent. Wat kos 'n wit brood by
julle? En 'n sak ertappels (nie aartappels nie maar ertapples, let
wel). Wat kos petrol per liter - Coke?
|
|
|
|
|
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113453 is 'n antwoord op boodskap #113432] |
Do., 08 Maart 2007 02:27   |
Jottie
Boodskappe: 223 Geregistreer: April 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mar 7, 7:44 am, Dave wrote:
> Die verskil in geldwaarde is slegs 'n faktor wanneer jy dollars of
> ponde met rande koop en anders om. Dit is simpel om, wanneer iets met
> betrekking tot geld, in bv Amerika gebeur, dit met SA geld te wil
> vergelyk. Lewenskoste verskil van land tot land en daarom kan jy nie
> geldwaardes bloot net vergelyk nie.
>
> As jy op daardie manier sou wou redeneer, beteken dit dat die koste,
> vergeleke, by julle sou styg met 1½ sent. Wat kos 'n wit brood by
> julle? En 'n sak ertappels (nie aartappels nie maar ertapples, let
> wel). Wat kos petrol per liter - Coke?
Die vorige prysverhoging in Duitsland het party plekke hier rondom my
met 17 Euro sent gestyg tot waar dit nou 1.369 Euro/liter vir
SuperPlus Unleaded kos. Persentasiegewys is dit 'n baie hoër heffing
as die 10 sent in SA wat nou 'n yslike skok genoem word en dit was
Gloudina se oorspronklike argument as ek dit nie mis het nie.
Dit is ook niks ongewoon dat die petrolprys vir dieselfde produk met 5
tot 10 Euro sent verskil tussen twee vulstasies wat minder as 500
meter van mekaar af is nie.
So terloops, 'n witbrood kos 79 Euro sent, ertappels kos 1 Euro/kg
(BIO), Coke se prys weet ek ongelukkig nie maar 'n bottel Wes-Kaap
Golden Kaan Sauvignon Blanc kos 3.99 Euro (dit was al goedkoper gewees)
|
|
|
|
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113457 is 'n antwoord op boodskap #113453] |
Do., 08 Maart 2007 08:48   |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 7 Mar 2007 18:27:32 -0800, "Jottie" wrote:
> On Mar 7, 7:44 am, Dave wrote:
>> Die verskil in geldwaarde is slegs 'n faktor wanneer jy dollars of
>> ponde met rande koop en anders om. Dit is simpel om, wanneer iets met
>> betrekking tot geld, in bv Amerika gebeur, dit met SA geld te wil
>> vergelyk. Lewenskoste verskil van land tot land en daarom kan jy nie
>> geldwaardes bloot net vergelyk nie.
>> As jy op daardie manier sou wou redeneer, beteken dit dat die koste,
>> vergeleke, by julle sou styg met 1½ sent. Wat kos 'n wit brood by
>> julle? En 'n sak ertappels (nie aartappels nie maar ertapples, let
>> wel). Wat kos petrol per liter - Coke?
>
> Die vorige prysverhoging in Duitsland het party plekke hier rondom my
> met 17 Euro sent gestyg tot waar dit nou 1.369 Euro/liter vir
> SuperPlus Unleaded kos. Persentasiegewys is dit 'n baie hoër heffing
> as die 10 sent in SA wat nou 'n yslike skok genoem word en dit was
> Gloudina se oorspronklike argument as ek dit nie mis het nie.
As ek jou reg verstaan, het jy dit mis. Dit was nie haar redenasie
nie, maar slegs 'n aanhaling wat ek uit 'Die Burger' gedoen het vir
die Kapenaars wat nie daarvan weet nie.
 1.369 is in ZAR R13.33 wat sou beteken ongeveer dubbel die prys
hier, as mens nie die faktore wat ek genoem het in ag neem nie.
as jy kyk na:
'Emigrating from South Africa to the USA' by
http://www.oocities.org/gremlinlost/emigrating_to_the_usa.h tm
én in ag neem dat dit in (lyk vir my) 2002 hersien is - en
onderstaande lees, dan lyk dit asof ek reg is wanneer ek sê dat jy
nie vergelykings kan tref nie.
*
The average salary over here is somewhere between $34,000 and $45,000
per annum.
Getting any job here is very easy
if one gets a job over here just sweeping the floor the one can expect
$9-$10 an hour. If you clean houses then it can go as high as $25 an
hour. (calculate that in Rands!)
Don't get worried about the housing prices over here...the interest
rates here are very low and what appears to be a large sum of money is
actually very affordable. In fact, I would speculate that in SA one
overpays for everything in rather serious way because of the
criminally large interest rates.
*
> Dit is ook niks ongewoon dat die petrolprys vir dieselfde produk met 5
> tot 10 Euro sent verskil tussen twee vulstasies wat minder as 500
> meter van mekaar af is nie.
> So terloops, 'n witbrood kos 79 Euro sent, ertappels kos 1 Euro/kg
> (BIO), Coke se prys weet ek ongelukkig nie maar 'n bottel Wes-Kaap
> Golden Kaan Sauvignon Blanc kos 3.99 Euro (dit was al goedkoper gewees)
'n Witbrood (heel koring) kos hier R5.30 en ertappels is R4.99
en R6.50 kg as dit gewas is:-) Al wat ek hier by sê is dat mens nie
slegs pryse kan vergelyk sonder om gemiddelde inkomstes daarby te voeg
en daarmee saam moet gemiddelde lewenskoste gaan.
Te veel mense verander net met 'n sakrekenaar dollars en ponde na
rande en wil so vergelykings tref.
|
|
|
|
|
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113462 is 'n antwoord op boodskap #113461] |
Do., 08 Maart 2007 10:18   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Riaan" skryf in boodskap news:1173347886.546905@vasbyt.isdsl.net...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:esoao6$336$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
>> Vir die ouens wat so kla, koop die Cars in Action motortydskrif waarin
>> daar elke maand 'n vergelyking is van kostes tussen die ander lande en
>> Suid-Afrika. Hulle kla met die witbrood onder die arm!
>
>
> Ek sal R20 'n liter ook betaal as ek 100% SEKER is dat die extras wat in
> die R20 ingebou is wat na die regering toe gaan werklik gebruik sal word
> om die paaie instant te hou ens. Maar dit is nie wat tans gebeur nie. Ons
> paaie is besig om teen 'n snelle pas agteruit te gaan, die ongeluk vonds
> word besteel om elke hoek en draai, en dan kom ons natuurlik ook by die
> ander punt van waarom SASOL teen dieselfde prys verkoop word as ander
> brandstof.
>
> Daar was al baie pogings van mense om die regulering van die brandstof
> afgeskaf te kry, vra maar vir die grootbaas van Pick n Pay wat hy dink van
> die styging in die brandstof prys. Hy sal vir jou 'n hele paar ander somme
> op die tafel gooi wat eerder sal wil he dat die prys moet daal, of ten
> minste vir 'n relatiewe tydperk konstant bly
--------Glo my, ek weet. Destyds in die weermag het ons die brandstofprys
gesien sonder sy heffings en dit was maar ongeveer 40% van pompprys. Waar
ek met jou saamstem dat die belasting op brandstof vrek baie is, moet mens
jouself tog ook afvra of dit nie die meer regverdige en maklike manier is om
belasting te hef nie? Die verbruiker betaal direk na gelang van gebruik.
'n Ander ding wat die ding beïnvloed, is die egalisasiefonds waar hulle
voorsiening maak vir stygings en dalings in die olieprys om die
verbruikersprys so konstant moontlik te probeer hou.
Wat ek aanvanklik egter gesê het, is dat ons ouens in Suider-Afrika kla
maklik oor sulke dinge, terwyl die ouens in ander lande veel duurder betaal.
Ons basiese dinge is veel goedkoper....en dan het ons nog die vryheid van
Afrika ook nog [dis nou ons manne in die platteland wat nie mekaar verdring
nie].
Wat die wanbesteding van die regering aanbetref, daaraan kan ons
boggerall doen. Die massas stem vir hulle en ons tjop af.......
>
|
|
|
|
|
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113506 is 'n antwoord op boodskap #113453] |
Ma., 12 Maart 2007 08:36  |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jottie"
>
> Die vorige prysverhoging in Duitsland het party plekke hier rondom my
> met 17 Euro sent gestyg tot waar dit nou
Jottie, is daar nou by julle in Duitsland 'n Porche advertensie op TV?
Dit is gedoen by 'n rubgystadion en spelers wat American Football
speel. Die advertensie is enkele maande gelede vir Porche-Duitsland
gedoen, maar ek weet nie of dit reeds vertoon word nie.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 07 00:30:39 UTC 2025
|