Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » ANC wyk af van ons ooreenkoms in 1994-----Pik Botha, Pretoria
ANC wyk af van ons ooreenkoms in 1994-----Pik Botha, Pretoria [boodskap #113109] Wo, 21 Februarie 2007 05:32 na volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Oom pik se krokewaan trane ( Dave/Riaan -- ek dink dis oom Klasie se
man wat die geel broek en baaikie uittrek)

Feb 20 2007 06:49:39:857PM - (SA)

Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend


My dank aan Coenie Kukkuk (Dankie Pik. Is jy nog ANC -lid?) - 16
Februarie) vir sy kompliment. Op sy vraag is my antwoord: Sedert ek
die politiek in 1996 gelos het, was ek nie lid van enige party nie.

Ek is dus vry om enige aspekte van enige party se beleid te kritiseer
of te ondersteun. Ons probleem is dat diegene wat bymekaar hoort omdat
hulle dieselfde sienswyses deel, nog nie bymekaar kan uitkom om hul
eie party te stig nie. Dis die strukture van die verlede wat hulle van
mekaar weghou. Maar die mure is besig om te verweer.

Die leser S. Oberholzer (Waar is Pik se vroeëre beloftes?) vra wat het
geword van my en F.W. de Klerk se beloftes dat die blankes steeds hul
eie skole en woongebiede sou hê nadat die mag aan die ANC oorhandig
is. Antwoord: Daar is aanduidings dat die ANC afgewyk het van die
verstandhouding van gesamentlike belange wat die grondslag van ons
ooreenkoms van 1994 gevorm het.

Hier verwys ek spesifiek na regstellende aksie wat as strafmaatreël
deur ons jonger Afrikaners en wittes beleef word. Maar oor die vraag
of apartheid in al sy vorms verwyder sou word, is daar geen twyfel
nie.

In die referendum wat op 17 Maart 1992 onder wittes gehou is, het 69%
ja gestem op 'n vraag wat die verwydering van apartheid geïmpliseer
het. Ons het beslis nie belowe dat swart kinders nie wit skole sou kon
bywoon nie.

Die reg op onderrig in moedertaal en beoefening deur enige groep van
sy eie kulturele en godsdiensoortuigings is in die Grondwet opgeneem,
solank dit nie op rassisme gegrond word nie.

Dit wil voorkom asof hierdie en ander fundamentele regte geskend word.

Pik Botha, Pretoria

http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,8325,3-2085-73_2 072319,00.html
Re: ANC wyk af van ons ooreenkoms in 1994-----Pik Botha, Pretoria [boodskap #113110 is 'n antwoord op boodskap #113109] Wo, 21 Februarie 2007 06:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"fire_" wrote in message
news:1172035937.300911.114220@p10g2000cwp.googlegroups.com.. .
Oom pik se krokewaan trane ( Dave/Riaan -- ek dink dis oom Klasie se
man wat die geel broek en baaikie uittrek)

Snaaks - Ek kon dit vir Pik gese het gaan gebeur nog voor hulle die
referendum afgekondig het. En ek is seker 'n gesoute politieke man soos hy
het dit ook geweet. Hy het egter verkies om sy bek te hou en 'n liegstorie
te verkondig. Dit wat ek van Pik dink is lasterlik, so ek sal dit maar nie
hier noem nie
Re: ANC wyk af van ons ooreenkoms in 1994-----Pik Botha, Pretoria [boodskap #113116 is 'n antwoord op boodskap #113110] Wo, 21 Februarie 2007 07:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Feb 21, 9:50 am, "Riaan" wrote:
> "fire_" wrote in message
>
> news:1172035937.300911.114220@p10g2000cwp.googlegroups.com.. .
> Oom pik se krokewaan trane ( Dave/Riaan -- ek dink dis oom Klasie se
> man wat die geel broek en baaikie uittrek)
>
> Snaaks - Ek kon dit vir Pik gese het gaan gebeur nog voor hulle die
> referendum afgekondig het. En ek is seker 'n gesoute politieke man soos hy
> het dit ook geweet. Hy het egter verkies om sy bek te hou en 'n liegstorie
> te verkondig. Dit wat ek van Pik dink is lasterlik, so ek sal dit maar nie
> hier noem nie

Ek wonder of hy n "comeback" beplan , soos john tyd
Re: ANC wyk af van ons ooreenkoms in 1994-----Pik Botha, Pretoria [boodskap #113154 is 'n antwoord op boodskap #113110] Wo, 21 Februarie 2007 23:45 Na vorige boodskap
ekke  is tans af-lyn  ekke
Boodskappe: 88
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Stem saam Pik was maar altyd so bietjie van 'n 'poep op slippers'.
Vorige onderwerp: Bogaardse: Waar is mev. Suzman nou?
Volgende onderwerp: Vandeesmaand se hoofartikel: Mbeki in krisis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:51:41 MGT 2024