Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die ou Doring
Die ou Doring [boodskap #112406] |
Wed, 24 January 2007 09:05  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Torreke:
Paulus het aan "'n doring in die vlees" gely (nie
> duidelik waarna dit verwys nie)
Wel, as ek praat van 'n doring in die vlees dan verstaan ek dat ek, wel, 'n
doring in die vlees het.
En dan haal ek dit uit. Gewoonlik met 'n naald.
Heel suksesvol.
Sonder om te bid.
Mens "ly" nie aan 'n doring in die vlees nie.
Mens het dit.
Dis die werklikheid.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die ou Doring [boodskap #112549 is 'n antwoord op boodskap #112538] |
Tue, 30 January 2007 13:26   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Annette" < wrote
> Ek wil egter 'n baie belangrike puntjie uitlig, wat jy blykbaar nie kan
> begryp nie.
> Ek haat nie God nie.
> Hoe op dees aarde kan ek iets "haat" wat nie eers vir my bestaan nie?
O nee, jou storie dat Hy nie vir jou bestaan nie, is een vet stuk
selfbedrog! Jy skryf "God" selfs nog met 'n hoofletter!
Die venynigheid waarmee jy op my losgetrek het, openbaar 'n haat vir sy
gelowiges en 'n desperate poging om die geloof, die Bybel en die leer van
die kerk belaglik voor te stel. Jy probeer jouself daarmee
oortuig dat jy reg was toe jy God en die kerk vaarwel toegeroep het! Jou
haat vir sy gelowiges openbaar in werklikheid jou haat vir God! Jy val die
gelowiges
aan om God by te kom! - omdat jy jou op geen ander manier op God kan wreek
nie!
Wat in jou lewe gebeur het en waarom jy jou rug op Hom gedraai het en sy
bestaan ontken, weet ek nie (ek vis ook nie)! - ek raai dat jy 'n
verskriklike trauma beleef het! - maar diep binne-in glo jy nog! Jy is net
BAIE, BAIE kwaad vir God! Daarom sê jy jy't Hom nie nodig nie - dankie! -
jy kom goed op jou eie reg!
Dis opvallend dat jy my en my gesprekke met ander nuusgroepers oor geloof
min of meer geignoreer het totdat die uitverkiesing en die wil van God ter
sprake gekom het! - toe val jy my met die venynigheid aan van 'n katwyfie
wat se kleintjies bedreig word! Soos duidelik blyk uit jou stelling dat die
woorde "Ek wil" jou aan 'n drie-jarige kind laat dink.
Let wel, jy sê nie dat Hy nie bestaan nie, maar dat Hy nie vir jou bestaan
nie. Mense wat baie kwaad is vir iemand maak so - hulle ontken die bestaan
van die ander een!!! "Vir my bestaan hy/sy nie!" (meer nie)
Moet net nie dink dat ander mense op die ng nie ook groot traumas beleef
het nie... Nie ook die "waarom" vrae gevra en antwoorde gesoek het nie...
|
|
|
|
Re: Die ou Doring [boodskap #112570 is 'n antwoord op boodskap #112549] |
Wed, 31 January 2007 13:38   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf
> Let wel, jy sê nie dat Hy nie bestaan nie, maar dat Hy nie vir jou bestaan
> nie.
Torreke, weet jy, dit is tyd dat
jy spiritueel grootword. Hierdie
soort gekeffery wat jy pleeg teen
Annette byvoorbeeld, bewys maar
net dat jý angstig is om te "bewys"
dat wat jy "glo" die enigste manier
is om te glo en te dink en te doen,
kort en klaar. So haal jy niemand
na jou standpunt oor nie. Gaan
praat met 'n paar baie wyse ouerige
Christene wat jy weet 'n invloed het
op andere, en leer van hulle.
Ek wed dat ek baie gouer vir
Annette spiritueel kan beinvloed, deur
vir haar te vertel wat die Madyamika-
Buddhiste sê. Hulle verklaar " ons
sê nie God bestaan nie, of dat Hy nie
bestaan nie, of dat Hy beide bestaan
en nie bestaan, ensovoorts nie. Maar,
sê hulle, ons glo dat mens die goeie
en die goddelike in die mens kan
respekteer en nastreef en bestudeer;
ons glo in ander se voetewas en
die ander wang draai. Hulle volg
baie meer as tien gebooie teen
allerhande soort wangedrag.
Gloudina
|
|
|
Re: Die ou Doring [boodskap #112571 is 'n antwoord op boodskap #112570] |
Wed, 31 January 2007 13:43   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" <wrote
"Torreke" skryf
[color=blue]> Let wel, jy sę nie dat Hy nie bestaan nie, maar dat Hy nie vir jou bestaanv
> nie.
Torreke, weet jy, dit is tyd dat
jy spiritueel grootword. Hierdie
soort gekeffery wat jy pleeg teen
Annette byvoorbeeld, bewys maar
net dat jý angstig is om te "bewys"
dat wat jy "glo" die enigste manier
is om te glo en te dink en te doen,
kort en klaar. So haal jy niemand
na jou standpunt oor nie. Gaan
praat met 'n paar baie wyse ouerige
Christene wat jy weet 'n invloed het
op andere, en leer van hulle.
Ek wed dat ek baie gouer vir
Annette spiritueel kan beinvloed, deur
vir haar te vertel wat die Madyamika-
Buddhiste sê. Hulle verklaar " ons
sê nie God bestaan nie, of dat Hy nie
bestaan nie, of dat Hy beide bestaan
en nie bestaan, ensovoorts nie. Maar,
sê hulle, ons glo dat mens die goeie
en die goddelike in die mens kan
respekteer en nastreef en bestudeer;
ons glo in ander se voetewas en
die ander wang draai. Hulle volg
baie meer as tien gebooie teen
allerhande soort wangedrag.
En jy, Gloudina, moet leer om nie mense aan die hakskene te byt nie!
|
|
|
|
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112593 is 'n antwoord op boodskap #112590] |
Wed, 31 January 2007 19:07   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Katryn skryf
> Die daarstelling van "beliefs" as 'n tipe van lakmoes toets om mense
> te kan oorhaal/beinvloed om te glo soos jy glo - ai...
Jy behoort natuurlik te besef, as jy
eerlik is, dat jy ook jou "standpunt"
luid uitbasuin op hierdie nuusgroep.
Nie net jou "wetenskap-as-godsdiens"
standpunt nie, maar ook jou ekstra
katterige standpunt teen ander
spirituele rigtings, soos die Buddhisme.
Ek het met opset die Buddhis-interjeksie
in my bostaande brief geplaas, want ek
wou sien of ek jou kon uitlok om jou
gewone opmerkings daaroor te maak.
En siedaar pop jy op.
Ek het ook met opset Torreke
op die vingers getik. Ek het genoeg
respek vir die Christelike kerke om
nie te wil sien dat mense hul
"boodskap" skade doen deur te wild
en wragtig, selfs snipperig, te kere
te gaan om die Christelike boodskap
te verkondig nie. En ek dink dit is wat
Torreke op die oomblik op hierdie
nuusgroep doen. Sover ek kan onthou
uit my dae as aktiewe Christen, word
daar nie van jou verwag om mense
wat anders dink as jy uit te jou nie,
maar om net jou geloof te bely en
verder ander se voete te was.
Gloudina
|
|
|
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112594 is 'n antwoord op boodskap #112593] |
Wed, 31 January 2007 23:55   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" skryf:
> Ek het met opset die Buddhis-interjeksie
> in my bostaande brief geplaas, want ek
> wou sien of ek jou kon uitlok om jou
> gewone opmerkings daaroor te maak.
> En siedaar pop jy op.
"But I don't want to go among mad people," Alice remarked.
"Oh, you can't help that," said the Cat: "We're all mad here.
" I'm mad. You're mad."
"How do you know I'm mad?" said Alice.
"You must be," said the Cat, "or you wouldn't have come here."
Nou ja, siende dat ek nou opgepop is, laat my toe om dan met 'n breë
smaail - soos bogenoemde kat van Dodgson, nog so paar filosofiese
katterige opmerkings te maak.
Ek reken dat in die algemeen, maar veral op hierdie groep, sal
enigiets of iemand wat as nederig, reflektief en "versigtig" beskou
word, eventueel verdrink in die seë van onverdraagsame bekrompenheid.
Hulle woorde en denkwyse word verdraai en gesmoor deur dié wat skril
en histeriese stryery/skellery verkies. En die skrille histerie is al
wat mens later raaksien en wat oorbly.
|
|
|
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112596 is 'n antwoord op boodskap #112594] |
Thu, 01 February 2007 02:41   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Katryn skryf
> Nou ja, siende dat ek nou opgepop is, laat my toe om dan met 'n breë
> smaail - soos bogenoemde kat van Dodgson, nog so paar filosofiese
> katterige opmerkings te maak.
>
> Ek reken dat in die algemeen, maar veral op hierdie groep, sal
> enigiets of iemand wat as nederig, reflektief en "versigtig" beskou
> word, eventueel verdrink in die seë van onverdraagsame bekrompenheid.
> Hulle woorde en denkwyse word verdraai en gesmoor deur dié wat skril
> en histeriese stryery/skellery verkies. En die skrille histerie is al
> wat mens later raaksien en wat oorbly.
So, as jy reken dat jy nederig, reflektief
en versigtig op tree wanneer dit by die
bespreking van spiritualiteit kom, hoekom
klink jy dan so arrogant hierbo?
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112601 is 'n antwoord op boodskap #112594] |
Thu, 01 February 2007 07:23   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" Ek reken dat in die algemeen, maar veral op hierdie groep, sal[/color]
> enigiets of iemand wat as nederig, reflektief en "versigtig" beskou
> word, eventueel verdrink in die seë van onverdraagsame bekrompenheid.
> Hulle woorde en denkwyse word verdraai en gesmoor deur dié wat skril
> en histeriese stryery/skellery verkies. En die skrille histerie is al
> wat mens later raaksien en wat oorbly.
Spesiaal vir Katryn:
Baie raak gestel! Soos ek elders sê: Die venynige oor en weer gehap na
mekaar op hierdie ng maak my siek.
Dié vlak waarop mense hier kommunikeer trek my af na 'n vlak waar ek nie wil
wees nie (Aan jou vriende...)
Dat ek waardering het vir bydraes wat hier geplaas word en die positiewe
daarin probeer soek - vir party meer as vir ander! -het ek eergister in 'n
antwoord aan Dave duidelik probeer maak! Die wyse waarop Suidwester daarmee
omgegaan het, was tipies van die afwesigheid van karakter by die man.
Ek dink die tyd dat ek die ng vaarwel toeroep, kom vinnig nader... Tog sou
ek graag 'n paar van die mense wat ek hier leer ken het, as vriende met my
wou saamneem. Jy's een.
Spesiaal vir Annette:
Ek glo dat jy die versagting in my houding en empatie in die laaste 2
paragrawe van my pos oor die rede vir jou venynigheid raakgelees het. Jy
het gemaak daarna dat ek so bitsig teruggekap het - nie dat dit 'n
verskoning bied nie! - en ek het nie my antwoorde goed genoeg geweeg voordat
ek "send" gedruk het nie. (Nie my gewoonte nie.) My onvoorwaardelike
verskoning vir enige pyn wat ek dalk veroorsaak het of ou wonde wat ek
moontlik oopgekrap het. En ek trek ook enige stellings in die verlede
waarmee ek jou en Suidwester in dieselfde hoek ingeverf het, onvoorwaardelik
terug. Julle is beslis nie voëls van eenderse vere nie.
Spesiaal vir Gloudina:
Ek het nie hierheen gekom om proseliete te maak nie. Ek het gewoon my
standpunte oor die politiek, ens. gestel vanuit die beginsels waarmee ek
leef . Ja, ek het eerste vir Suidwester aangevat oor geloof, maar toe ek
die aftog blaas, wou hy my nie uitlos nie. Soos die tipiese groot bullebak
skoolseun wat hy is, het hy weer en weer kom skoorsoek, en ek wou hom nie
killfile nie - omdat ek, ten spyte van alles wat hy kwytraak, 'n baie
kwesbare mens in nood agter die harde fasade sien! Toe ek vir die 3e keer
die gestryery met hom probeer beeindig en hom ignoreer, toe takel Annette my
hier van die sykant af.
Wat jou opmerking betref dat ek by 'n paar wyse ouens moet gaan kers opsteek
oor hoe om mense sagkens te benader: Ek hoor wat jy sê en ek weet waarom jy
dit sê. Niemand hoef my te vertel dat ek dikwels soos "a bull in a china
shop" instorm nie - ek ken my swak plekke beter as enigiemand anders! Maar
soms is dit nodig om iemand trompop te loop. In my onervare jeug het ek by
geleentheid iemand wat 'n skeermes vir 'n tong gehad het en met die kerk
woer-woer gespeel het, in teenwoordigheid van haar ouderling gekonfronteer!
Die persoon het daar en dan gedreig om die kerk te bedank, ens. en die
ouderling het my, soos jy en Koot nou, die kop oor my onsensitiwiteit gewas.
Tog het die persoon nie die kerk bedank nie, sy en haar man het van die
getrouste lidmate geword en mense met wie ek 'n jarelange baie hegte
verhouding gehad het! Ek prys nie my eie stert daaroor nie, soos ek sê, dit
was jeugdige onervarenheid. Ek kan net bid dat iets soortgelyks uit my
onbeholpe stormloop van Annette mag kom.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112639 is 'n antwoord op boodskap #112601] |
Thu, 01 February 2007 18:48   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf
> Spesiaal vir Gloudina:
> Wat jou opmerking betref dat ek by 'n paar wyse ouens moet gaan kers opsteek
> oor hoe om mense sagkens te benader: Ek hoor wat jy sê en ek weet waarom Ek kan net bid dat iets soortgelyks uit my
> onbeholpe stormloop van Annette mag kom.
Ek sou nie my asem ophou nie. Jy
behoort teen hierdie tyd te besef dat
as iemand vir jou sê hy "glo nie in
God nie" daardie persoon 'n proses
deurgegaan het en miskien beter
as jy sy standpunt kan verdedig.
Dus, as jy die gesprek wil voortsit,
help trompop loop nie. Dink maar
aan Jesus aan die Kruis, wat vir die
persoon langs hom sê "vandag nog
sal jy saam met my in die paradys
wees." Dink jy Christus het allerlei
argumente gehad oor hoe daardie
man moes "glo"? ( Terloops, 'n
Buddhis het nou die dag daardie
scenario gebruik as die beste
voorbeeld wat hy ken van "Chöd"
( die visualisasie wat Mahayana-
Buddhiste gebruik om hulle voor
te berei vir die dood.)
My beste raad vir jou is om
taamlik wyd moderne Christelike
teologie te bestudeer, en op te
merk hoe baie sommige van hierdie
teoloë die ou denkwyses bevraag-
teken.
Soos jy weet, is ekself iemand
wat nie in alle eerlikheid kan sê dat
ek "in God glo" nie, want as ek dít
sê, word daar onmiddellik daaronder
verstaan 'n sekere konsep waarmee
ek my nie meer kan vereenselwig nie.
Totdat "Christene" ( veral Protestante)
van hulle ou-Testamentiese bagasie
ontslae raak, kan ek nie myself
as Christen brandmerk nie. Alhoewel
ek my graag as 'n navolger van Christus
wil verklaar. Ironies genoeg, voel ek,
as navolger van die Bergpredikasie,
meer tuis by die Buddhis se sangha
as by die Christelike gemeente.
Gloudina
|
|
|
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112640 is 'n antwoord op boodskap #112601] |
Thu, 01 February 2007 21:33   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf:
> Baie raak gestel! Soos ek elders sê: Die venynige oor en weer gehap na
> mekaar op hierdie ng maak my siek.
> Dié vlak waarop mense hier kommunikeer trek my af na 'n vlak waar ek nie wil
> wees nie (Aan jou vriende...)
So baie van ons voel presies dieselfde, en dit is so tragies eintlik,
want 'n oop forum soos hierdie bied net soveel geleenthede om van
mekaar te leer, en gedagtes en idees uit te ruil. Ek wil self so
graag meer met Koot en Riaan en andere hier gesels, maar elke keer
stop ek myself, of delete die boodskap voor ek dit stuur. Selfs met
dié ene...weet nie of ek dit gaan stuur of nie. ;)
Dit gesê - glo my, ek is geen engeltjie nie. My naels is ook maar
soms lekker skerp! Soos jy heel waarskynlik al kon sien in die
argiewe waar my spore oop en bloot lê vir ewig en altyd tot my
skaamte.
> Dat ek waardering het vir bydraes wat hier geplaas word en die positiewe
> daarin probeer soek - vir party meer as vir ander! -het ek eergister in 'n
> antwoord aan Dave duidelik probeer maak! Die wyse waarop Suidwester daarmee
> omgegaan het, was tipies van die afwesigheid van karakter by die man.
Steur jou nie aan daardie barbaarse semi-literate troglodyte, nie.
Jy het alreeds heeltemal teveel van jou eie kosbare tyd gemors op
daardie vent.
> Ek dink die tyd dat ek die ng vaarwel toeroep, kom vinnig nader... Tog sou
> ek graag 'n paar van die mense wat ek hier leer ken het, as vriende met my
> wou saamneem. Jy's een.
Baie dankie, Torreke.
Dit sal 'n groot verlies vir die groep wees as jy nie meer hier
deelneem nie.
Hier was al soveel pragtige mense, en elke dag hoop ek dat een van
hulle weer hulle gesigte sal wys. Ek wens jy kon mense soos Lorinda
en Royleen en Eugene, as voorbeeld ontmoet. Daar was vele ander ook.
Teveel om op te noem.
Elke dag hoop ek... elke dag....helaas...:(
|
|
|
|
|
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112646 is 'n antwoord op boodskap #112643] |
Fri, 02 February 2007 05:38   |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 1 Feb 2007 15:16:17 -0800, "Hessie" wrote:
>
> Ek maak alleen beswaar teen Engels
> op hierdie nuusgroep wanneer dit nóg
> met Suid-Afrika te doen het, nóg in
> Afrikaans geskryf is. Sover ek kan
> onthou, het ek die laaste keer beswaar
> gemaak toe iemand in Engels Australiese
> grappe op hierdie nuusgroep gepos het.
>
> Gloudina
>
>
>
*en jy, met jou skrywes oor budhisme,
wat op aarde het dìt met Afrikaans of die kultuur van SA te doen?
Miskien verstaan jy ook nie die eerste sin in die laaste paragraaf
nie?*
LANGUAGES:
Primarily, postings in Afrikaans, Dutch/Flemish and English can be
expected. However, postings in any other language are also welcome to
facilitate the exchange of information with the largest possible
audience.
RULES:
------
Soc.culture.afrikaans will be an unmoderated newsgroup, thus anyone
will be able to post to this newsgroup. Being free to post should also
mean being responsible for what you post. All articles posted should
have 'something' to do with southern Africa, Afrikaans or
Afrikaans-speaking people, however remotely. Insults, "flames" or
unnecessary criticism of a group or a person is strongly discouraged.
Please read the netiquette rules in news.announce.newusers before
posting your first article to any newsgroup, and try to stick to them
whenever posting articles.
Reëls
Soc.culture.afrikaans sal 'n ongemodereerde nuusgroep wees, dus sal
dit enige persoon vry staan om na hierdie nuusgroep te pos. Vryheid om
te pos beteken egter ook om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat u
pos. Alle artikels wat gepos word behoort (hoe verwyder ookal) op een
of ander wyse met suidelike Afrika, Afrikaans of Afrikaanssprekendes
verband te hou. Beledigings, "flames" of onnodige kritiek van 'n groep
of persoon word ten sterkste ontmoedig. Lees asseblief die
"netiquette" re"els in news.announce.newusers voordat u u eerste
artikel aan enige nuusgroep pos, en behou u te alle tye by hierdie
re"els wanneer u artikels pos.
TALE
----
Artikels sal hoofsaaklik in Afrikaans, Nederlands/Vlaams en Engels
wees. Artikels in ander tale word ook verwelkom om sodoende die
uitruiling van inligting met die wydste gehoor moontlik te
bewerkstellig.
HIERDIE VVB GEïNISIEER DEUR:
-----------------------------
Marco Van Het Hoog
Reinier de Vos
Inus Scheepers
At de Lange
en hier is dit Kompleet
vir wie dit wil analiseer
******************
Request For Discussion: Soc.Culture.Afrikaans
-------------------------------------------------
| REQUEST FOR DISCUSSION: SOC.CULTURE.AFRIKAANS |
-------------------------------------------------
[ English version; See below for the translation in Afrikaans. ]
RFD:
----
This is a request for discussion (RFD) of the creation of the USENET
newsgroup soc.culture.afrikaans. It contains suggested group name,
one- line description, status, and charter.
This article is crossposted to news.announce.newgroups, news.groups,
soc.culture.african, soc.culture.belgium, soc.culture.netherlands,
za.misc, and za.net.misc.
The discussion will take place in the 'NEWS.GROUPS' newsgroup. All
follow- up posts should be posted to that group. Initial suggestions
for the group, status and charter are given below. These suggestion
are subject tochange and review as soon as further opinions are
provided. Anyone interested in this proposal is encouraged to
participate in the discussion.
The discussion will continue for 30 days from the date this RFD
becomes official. If there is agreement, a Call for Votes (CFV) will
be announced.
GROUP NAME: ONE-LINE DESCRIPTION:
----------- ---------------------
soc.culture.afrikaans Afrikaans language and culture.
STATUS:
-------
Unmoderated
PROPOSED CHARTER:
-----------------
Afrikaans is a language spoken largely in southern Africa
(predominantly South Africa, Namibia and to a lesser extent Zimbabwe),
although small communities of Afrikaans-speaking people are found in
other parts of the world. Afrikaans evolved in southern Africa from
the interaction between 17th-century Dutch, African languages,
Portuguese, Malay and other influences. Although it is a uniquely
African language, it is nonetheless classed as a member of the
Teutonic languages, and is similar to the Dutch/Flemish language,
which is predominantly spoken in the Netherlands and a large part of
Belgium. There is a substantial body of Afrikaans literature, and it
is used extensively in the written and electronic media. There are a
number of tertiary educational institutions in South Africa in which
Afrikaans is the medium of instruction.
In this proposed charter, the term 'Afrikaans speakers' will be taken
to include all people who speak Afrikaans, regardless of race, colour,
creed or national origin, whether they consider themselves to be
'Afrikaners' or not. This includes both mother-tongue speakers and
others.
The proposed newsgroup soc.culture.afrikaans is intended as a platform
for all information and discussion about speakers of the Afrikaans
language and the language itself. This means all discussions about
social, cultural, political, economical, historical, geographical and
other issues that are, in one way or the other, related to Afrikaans
speakers, Afrikaans or the southern African region are welcome in this
newsgroup.
Also, it is hoped that soc.culture.afrikaans will be a meaningful
means for contact between Afrikaans speakers at home and abroad, and
between the Afrikaans speakers and all other persons interested in
Afrikaans language and culture.
BACKGROUND:
-----------
Due to South Africa's and Namibia's recent past, Afrikaans speakers
have been isolated from most of the rest of the world in many
different ways. One way was the cultural boycotts by numerous
governments. In particular, the boycotts by the Dutch and Belgian
governments reduced the number of cultural and lingual exchanges
between Afrikaans speakers and the Dutch speaking people. Now new
multi-cultural governments are in place in South Africa and Namibia,
and it has become time to renew these and other ties. For this
purpose, as a start, a soc.culture.afrikaans newsgroup would be a
perfect platform.
South Africa has its own za. newsgroup hierarchy, in which the
articles are predominantly written in English. A za.culture.afrikaans
newsgroup could be an alternative for a soc.culture.afrikaans
newsgroup, for those who want to hold discussions in Afrikaans.
However, the za.newsgroups are less well known outside South-Africa,
and in some cases less accessible than the USENET news-groups,
therefore this proposal has been issued.
Soc.culture.afrikaans will have a partial overlap with the
soc.culture.african and newly-proposed soc.culture.south-africa
newsgroups in discussions about southern Africa. However, once again,
these discussions take place in English rather than Afrikaans. The
soc.culture.afrikaans newsgroup is intended not so much as a
substitute, but more as an addition to these newsgroups.
RULES:
------
Soc.culture.afrikaans will be an unmoderated newsgroup, thus anyone
will be able to post to this newsgroup. Being free to post should also
mean being responsible for what you post. All articles posted should
have 'something' to do with southern Africa, Afrikaans or
Afrikaans-speaking people, however remotely. Insults, "flames" or
unnecessary criticism of a group or a person is strongly discouraged.
Please read the netiquette rules in news.announce.newusers before
posting your first article to any newsgroup, and try to stick to them
whenever posting articles.
LANGUAGES:
----------
Primarily, postings in Afrikaans, Dutch/Flemish and English can be
expected. However, postings in any other language are also welcome to
facilitate the exchange of information with the largest possible
audience.
DISCUSSION PLACE:
-----------------
The discussion will take place in news.groups, a Usenet news group.
All comments regarding this proposal should be posted in news.groups
(note the Followup-To line at the beginning of your message).
DISCUSSION PERIOD:
------------------
The discussion period will last for 30 days, starting from the moment
this RFD becomes official. If there is agreement, a Call for Votes
(CFV) will be announced, which will last for another 21 to 31 days.
THIS RFD IS INITIATED BY:
-------------------------
Marco Van Het Hoog marc...@mendel.humgen.upenn.edu
Reinier de Vos de...@aqua.ccwr.ac.za
Inus Scheepers in...@aztec.co.za
At de Lange amde...@gold.up.ac.za
------------------------------------------------------------ ---------
VERSOEK VIR BESPREKING: SOC.CULTURE.AFRIKAANS
---------------------------------------------
(In hierdie dokument dui die " -karakter voor 'n letter 'n deelteken
aan (bv. "e), en die ^ -karakter voor 'n letter dui sirkumfleks aan
(bv. ^e)).
VERSOEK VIR BESPREKING
----------------------
Hierdie is 'n Versoek vir Bespreking (VVB) (oftewel "Request for
Discussion" - RFD) vir die skepping van die USENET Nuusgroep
soc.culture.afrikaans. Dit bevat 'n voorgestelde groepnaam, enkelre"el
beskrywing, status en handves.
Hierdie artikel sal ook aan news.announce.newgroups, news.groups,
soc.culture.african, soc.culture.belgium, soc.culture.netherlands,
za.misc en za.net.misc gepos word.
Die bespreking sal in die NEWS.GROUPS nuusgroep plaasvind. Alle
opvolgbesprekings hoort na hierdie groep gepos te word. Aanvanklike
voorstelle vir die groep, status en handves word hieronder
uiteengesit. Hierdie voorstelle is onderworpe aan veranderings en
hersiening sodra verdere opinies ingewin word. Enige persoon wat in
hierdie voorstel belangstel word aangemoedig om aan die bespreking
deel te neem.
Die bespreking sal vir 30 dae vanaf die datum van die amptelike
plasing van hierdie RFD voortduur. Indien akkoord bereik word, sal
daar dan 'n Oproep tot Stemme aangekondig word.
GROEP NAAM ENKELRE"EL BESKRYWING
---------- -------------------
soc.culture.afrikaans Afrikaanse taal en kultuur
STATUS
------
Ongemodereer
VOORGESTELDE HANDVES
--------------------
Afrikaans is 'n taal wat grootliks in suidelike Afrika gepraat word
(hoofsaaklik in Suid-Afrika, Namibie en tot 'n mindere mate Zimbabwe),
alhoewel klein Afrikaanssprekende gemeenskappe elders ter wereld
voorkom. Afrikaans het in suidelike Afrika ontstaan as gevolg van die
wisselwerking tussen 17de-eeuse Nederlands, Afrika-tale, Portugees,
Maleis en ander invloede. Alhoewel dit 'n taal eie aan Afrika is, word
dit nogtans beskou as 'n lid van die Dietse taalgroep, en is
soortgelyk aan die Nederlandse/Vlaamse taal wat in Nederland en groot
dele van Belgi"e gepraat word. Daar is 'n omvangryke Afrikaanse
letterkunde, en die taal word wyd in die gedrukte en elektroniese
media gebruik. Daar is 'n aantal inrigtings vir tersi^ere onderrig
waar Afrikaans die voertaal is.
In hierdie voorgestelde handves, sluit die term 'Afrikaanssprekendes'
alle mense wat Afrikaans besig in, ongeag van ras, kleur, geloof of
nasionale oorsprong, en is nie beperk tot diegene wat hulself as
'Afrikaners' beskou nie. Dit sluit moedertaalsprekers en andere in.
Die bedoeling is dat die voorgestelde nuusgroep soc.culture.afrikaans
sal dien as 'n gepreksforum vir alle inligting aangaande suidelike
Afrika, Afrikaanssprekendes en die Afrikaanse taal. Dit beteken dat
alle besprekings rakende sosiale, kulturele, politieke, ekonomiese,
geskiedkundige, geografiese en ander sake wat op een of ander wyse
verband hou met Afrikaanssprekendes, Afrikaans of suidelike Afrika,
verwelkom sal word in hierdie nuusgroep.
Dit word verder begeer dat soc.culture.afrikaans 'n betekenisvolle
middel van skakeling tussen Afrikaanssprekendes tuis en in die
buiteland sal wees, en tussen Afrikaanssprekendes en ander mense
dwarsoor die wereld.
AGTERGROND
----------
Afrikaanssprekendes was, vanwe"e Suid-Afrika en Namibi"e se onlangse
verlede, op verskeie maniere van die res van die wereld ge"isoleer.
Een so 'n wyse was die kulturele boikotte deur verskeie regerings. Die
boikotte van die Nederlandse en Belgiese regerings in besonder, het
die kultuur- en taaluitruiling tussen Afrikaanssprekendes en
Nederlands- spekendes aan bande gel^e. Nou is nuwe regerings
inSuid-Afrika en Namibi"e aan bewind, en het dit tyd geword om
hierdie, en ander bande, te hernu. Vir hierdie doel sal die
soc.culture.afrikaans nuusgroep as 'n ideale afspringplek dien.
Suid-Afrika het sy eie za. nuusgroep hierargie. Hier word artikels
grootliks in Engels geskryf. 'n Za.culture.afrikaans nuusgroep kan as
alternatief vir 'n soc.culture.afrikaans dien vir diegene wat
besprekings in Afrikaans wil hou. Hierdie voorstel word egter gemaak,
aangesien die za.nuusgroepe minder bekend is buite Suid-Afrika, en is
in baie gevalle minder toeganklik as die USENET nuusgroepe.
Daar sal 'n gedeeltelike oorvleueling wees tussen
soc.culture.afrikaans, soc.culture.african en die pas voorgestelde
soc.culture.south-africa in besprekings rakende suidelike Afrika.
Weereens vind die besprekings in soc.culture.african hoofsaaklik in
Engels plaas. Die bedoeling van die soc.culture.afrikaans nuusgroep is
nie soseer om as 'n plaasvervanger vir hierdie groepe te dien nie,
maar aanvullend daartoe.
RE"ELS
-----
Soc.culture.afrikaans sal 'n ongemodereerde nuusgroep wees, dus sal
dit enige persoon vry staan om na hierdie nuusgroep te pos. Vryheid om
te pos beteken egter ook om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat u
pos. Alle artikels wat gepos word behoort (hoe verwyder ookal) op een
of ander wyse met suidelike Afrika, Afrikaans of Afrikaanssprekendes
verband te hou. Beledigings, "flames" of onnodige kritiek van 'n groep
of persoon word ten sterkste ontmoedig. Lees asseblief die
"netiquette" re"els in news.announce.newusers voordat u u eerste
artikel aan enige nuusgroep pos, en behou u te alle tye by hierdie
re"els wanneer u artikels pos.
TALE
----
Artikels sal hoofsaaklik in Afrikaans, Nederlands/Vlaams en Engels
wees. Artikels in ander tale word ook verwelkom om sodoende die
uitruiling van inligting met die wydste gehoor moontlik te
bewerkstellig.
BESPREKINGSPLEK
---------------
Die besprekings sal in news.groups, 'n USENET nuusgroep, plaasvind.
Alle kommentaar rakende hierdie voorstel moet na news.groups gepos
word (neem kennis van die Followup-To re"el).
BESPREKINGSPERIODE
------------------
Die besprekingsperiode sal vir 30 dae lank duur, wat met die amtelike
verskyning van hierdie RFD 'n aanvang sal neem. Indien akkoord bereik
word, sal 'n Oproep om Stemme (oftewel "Call For Votes" - CFV)
aangekondig word, wat vir 'n tydperk van 21 to 31 dae sal duur.
HIERDIE VVB GE"INISIEER DEUR:
-----------------------------
Marco Van Het Hoog marc...@mendel.humgen.upenn.edu
Reinier de Vos de...@aqua.ccwr.ac.za
Inus Scheepers in...@aztec.co.za
At de Lange amde...@gold.up.ac.za
From: marc...@mendel.humgen.upenn.edu (Marco Van Het Hoog)
Subject: FWD: Official RFD: soc.culture.afrikaans.
Date: Wed, 7 Sep 1994 17:38:47
Message-ID:
Marco Van Het Hoog - September 7th, 1994.
|
|
|
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112647 is 'n antwoord op boodskap #112646] |
Fri, 02 February 2007 05:51   |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 02 Feb 2007 07:38:23 +0200, Dave wrote:
> On 1 Feb 2007 15:16:17 -0800, "Hessie" wrote:
>
>
>> Ek maak alleen beswaar teen Engels
>> op hierdie nuusgroep wanneer dit nóg
>> met Suid-Afrika te doen het, nóg in
>> Afrikaans geskryf is. Sover ek kan
>> onthou, het ek die laaste keer beswaar
>> gemaak toe iemand in Engels Australiese
>> grappe op hierdie nuusgroep gepos het.
>> Gloudina
>
>
> *en jy, met jou skrywes oor budhisme,
> wat op aarde het dìt met Afrikaans of die kultuur van SA te doen?
> Miskien verstaan jy ook nie die eerste sin in die laaste paragraaf
> nie?*
>
Na ek dit gepaste het het die ietwat naders gelyk, so
wat ek met my laaste sin hierbo bedoel het ek verwys na
die 'flames' onder Rules en reëls
.
>
> RULES:
> ------
> Insults, "flames" or
> unnecessary criticism of a group or a person is strongly discouraged.
> Please read the netiquette rules in news.announce.newusers before
> posting your first article to any newsgroup, and try to stick to them
> whenever posting articles.
>
> Reëls
> Beledigings, "flames" of onnodige kritiek van 'n groep
> of persoon word ten sterkste ontmoedig. Lees asseblief die
> "netiquette" re"els in news.announce.newusers voordat u u eerste
> artikel aan enige nuusgroep pos, en behou u te alle tye by hierdie
> re"els wanneer u artikels pos.
>
> TALE
> ----
> Artikels sal hoofsaaklik in Afrikaans, Nederlands/Vlaams en Engels
> wees. Artikels in ander tale word ook verwelkom om sodoende die
> uitruiling van inligting met die wydste gehoor moontlik te
> bewerkstellig.
>
> HIERDIE VVB GEïNISIEER DEUR:
> -----------------------------
> Marco Van Het Hoog
> Reinier de Vos
> Inus Scheepers
> At de Lange
>
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 05:10:13 UTC 2025
|