Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is jul mening?
Wat is jul mening? [boodskap #112163] |
Wo., 17 Januarie 2007 05:51  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek praat nou van die geval van die dame wat haar nou op die grondwet beroep
in appèl teen haar vonnis van 4 jaar vir diefstal - sy beweer as sy tronk
toe gestuur gaan word, word die regte van haar kinders benadeel.
As hierdie argument slaag, dan is ons verder op die pad van juridiese
koekoeland as wat ek vermoed het.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wat is jul mening? [boodskap #112284 is 'n antwoord op boodskap #112278] |
Ma., 22 Januarie 2007 08:55  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf in boodskap news:ep1tmg$ivi$9@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>
> Ek het net die stertkant gisteroggend op Monitor gehoor, wetie waaraan sy
> skuldig bevind is nie.
>
> Maar soos ek die ding gehoor het, is die argument dat die Hof nie die
> belange van die kinders genoegsaam in ag geneem het toe sy tronkstraf
> opgelê
> is nie. Die belange van kinders is 'n baie sentrale reg in die grondwet.
> Howe moet dit in ag neem by vonnisoplegging van ouers - die argument gaan
> hier net daaroor tot watter mate dit in ag geneem moet word.
>
> Jy wou nie weet van die sondes wat tot in die 3e en 4e geslag besoek word
> nie. Nou wil jy hê die vrou moet gestraf word, ongeag watter moontlike
> gevolge dit vir haar kinders inhou.
>
> Soos ek sê: 't Lyk my jy kan nie jou "mind" opmaak wat jy regtig wil hê
> nie!
------H�? Ek's die een wat nog die hele tyd sê 'n wet is 'n reël wat
toegepas moet word. As sy 'n misdaad gepleeg het, moet sy tronk toe. Die
verantwoordelikheid vir haar kinders, is haar eie. Jy kan dit nie anders
prakties bedryf nie want dan gaan jy chaos hê wat wetstoepassing aanbetref.
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Apr. 23 16:28:22 UTC 2025
|