|
|
|
|
| Re: Skole in die NSA [boodskap #112102 is 'n antwoord op boodskap #112099] |
Vr., 12 Januarie 2007 11:42  |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:1168600138.194194.100830@i15g2000cwa.googlegroups.com.. .
> Riaan, ek wonder of jy die artikel wat jy
> hier aanhaal, self aandagtig gelees het.
> Dit gaan oor die skole in veral Gauteng
> wat eenvoudig oorstroom word met nuwe
> leerlinge.
Nuwe leerlinge ? Dit lyk vir my eerder 'n probleem te wees dat die huidige
lot net nie kan deurkom nie en in die proses 'n bottel nek vorm.
> Is dir nie baie goeie nuus dat
> so baie jong mense nou in die skole wil
> inkom nie in plaas van om 'n intefada op
> die straat te veg nie?
Ou ANC beleid gewees van liberation before education. En net soos wat die
lot nou nog apartheid blameer vir alles sal daar as gevolg van die ou beleid
nog vir jare an jare matriek leerlinge in hul vroee twintigs wees.
> Alleen 'n klein stukkie van die artikel
> gaan oor agitasie van leerlinge. Nêrens
> word daar gerapporteer dat "die ANC
> die kinders deurhelp" nie. Lees weer
> die artikel.
Kyk na die foto en die twee druipelinge met hulle plakkate en wat staan
daarop
>As jy nou 'n voorbeeld wil hê van
> hoe 'n regime skoliere "deurgehelp" het.
> dan moet jy teruggaan na die apartheids-
> regime wat Bantoe-Onderwys se Senior
> Sertifikaat ingevoer het in plaas van die
> ou Cambridge Matriculation wat privaat
> skole toentertyd in SA geskryf het, en
> waar baie swart skoliere gedruip het
> (meestal omdat hulle Engels A moes
> deurkom). Een jaar toe kry ons die
> verwagte lae slaagsyfer, en die volgende
> jaar, toe Bantoe-Onderwys sy sisteem
> invoer, toe slaag byna almal en kry ek
> talle A's in my vakke. Dit was belaglik.
Wat ek as belaglik beskou is die feit dat so 10 jaar gelede derduisende
swartes klip hard geskreeu het dat die ou regering onderwys van hulle
weerhou het, maar vandag het elke tweede ou 'n "graad" van een of ander
Mickey mouse instansie. En as ons nie sake vinnig regstel nie sal grade by
van die welbekende universiteite in die toekoms nie internasionaal erken
word nie
|
|
|
|