Dagse Almal [boodskap #111960] |
Mon, 08 January 2007 09:56  |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Goeie dag aan almal en 'n "Happy new Year" sommer so op die koop toe.
Vandag weer vir die eerste keer vandat ek op verlof was hier ingeloer en ek
sien die hare waai nog steeds tussen Suidwester en Torreke. Ek sien ook 'n
paar ou bekendes soos Annette het weer kop uitgesteek na maande van stilte,
en natuurlik ons varksige vriend met die honderd en een skuilname weet nou
nog nie hoe om KAK te spel nie.
My nuwe jaar wens vir die groep is
Suidwester - Om vir ons te vertel wat is sy regte naam, en in watter sport
het hy springbok kleure gekry, asook die naam van sy Swop Shop
Gloudina - On minstens een gediggie hier te plaas wat rym
Annette - Meer as 5 mense in die gehoor te he tydens hulle koor opvoerings
Torreke - Tot die besef sal kom dat jy op die NG bitter moeilik enige
persoon tot ander insigte sal oorhaal
Die Res - Nie sal toelaat dat enige persoon deur middel van persoonlike
aanvalle jou van bydraes tot die NG sal weerhou nie
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dagse Almal [boodskap #112015 is 'n antwoord op boodskap #112011] |
Tue, 09 January 2007 09:41   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Riaan
> DD - Dit was tong in die kies bedoel maar nou dat jy dit noem, ek besoek
> hierdie NG al van so in die omgewing van 1994, en nog nie een persoon hier
> waarvan ek weet het al sy politieke en / of geloofs oortuigings verander
> nie.
>
Dit maak jou slegs sowat 4 jaar jonger as ek, Riaan. En ek sou nie 'n
datum kon noem nie, maar wel weet ek dat jy een van die voorvaders
van die nuusgroep is. Ek dink ek was permanent hier van die 90's af
tot verlede jaar toe ek dit van my hardeskyf afgehaal het met so
moerige en onnodig vinnige en harde 'enter'.
En dat dit tong in die kies bedoel was, weet ek natuurlik, maar ook
het ek nie die ernstiger ondertoon misgeluister nie. Ek het ook
ligsinnig geantwoord, en tog ook bedoel wat ek gesê het.
'Paint Outside the Frame' was geweldig baie werd vir my
gedurende die jare wat ek 'n kantoor gehad het in 'n
dorp veel kleiner as waar ek nou is. Elke tiende (of vyftiende) mens
wat die verf buite die raam gesien het, het (soos die res) geweet wat
my beroep was, en belangstelling geopper. As Torreke buite die raam
verf, kan daar net dalk ook mense wees wat dit ook wil hê wat hy het.
(Onthou jou eie woorde hier bo 'waarvan ek weet':-)
> Sal dit regverdig wees om te se hier (en ek is een van hulle) is 'n paar
> lekker harde gat ouens ?
>
Regstelling - as jy die woord * 'n paar' * verander na 'slegs'
en ouens (vr)ouens maak, stem ek 100% saam.
DD
ns.
Die jare wat die nuusgroep my moer gepluk het is verby.
Vir sowat 18 maande was die ng nie eens op my nuusleser nie,
en toe 'n oud deelnemer my eposadres toets so paar maande gelede,
het ek weer nuuskierig geword. (en steeds 2 maande gesloer eer ek
dit weer op my nuusleser gekry het)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dagse Almal [boodskap #112058 is 'n antwoord op boodskap #112047] |
Wed, 10 January 2007 21:21  |
ekke
Boodskappe: 88 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> GELD - Sipho soek net 'n vet pay, en 'n vliegtuig kaartjie vir al die
> oorsese byeenkomste en hy is happy.
Ek stem saam met jou - Dink net watter sport mag ons sou gewees het as al
die spelers net op miriete gekies word.
|
|
|