Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Sit my op die skandpaal"
" Sit my op die skandpaal" [boodskap #111627] Do, 30 November 2006 13:19 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sit my op die skandpaal


Geagte Praag,

Ek wil graag voorstel dat u Breyten Breytenbach aan die Skandpaal
spyker en wel om die volgende redes:

*Hy is al die jare al besig om onverpoos die Afrikaner te ondermyn; hy
beweer die nostalgiese en eng rassistiese konstruk 'Afrikaner' soos
deur Praag vergestalt is 'n poes (meerv. poeste) wat enige mens in die
knyp sal bring, en dan is dit nie eens 'n chauvinistiese varkgedagte
nie. Hy glo ook daardie soort Afferkaner is 'n bobaasholsuier, indien
hierdie kloutjie fisiologies by die oor gebring kan word. Hy weet hulle
is lafaards.

*Hy glo die hele topbestuur van die NP en die veiligheidsdienste moes
voor die hof gedaag gewees het, o.a. ook omdat hulle ons viriele
bastertaal, Afrikaans, besmet het - en dat hulle gevonnis moes geword
het tot lewenslange plaasarbeid. Met behuising en betaling van vroeër.

*Alhoewel hy al die jare aan die ANC behoort het, is hy nou selfs te
links vir daardie organisasie wat hy as Stalinisties en in wese
rassisties beskou.

*Hy verniel en besmet die Afrikaanse taal met sy onsamehangende en
prestensieuse gemaak-intellektuele skryfsels.

*Hy glo daar's geen plek vir die witman in Afrika nie.

*Toe sy 'volk' hom nodig gehad het en kon gebruik het hy soos 'n hond
weggesluip en onder die Fillistyne in die buiteland gaan wegkruip.

*Hy glo die Voortrekkermonument moet omskep word in 'n openbare toilet
want dis te koud om te gebruik as hoerhuis (soos die foto op julle
webblad suggereer).

*Hy's 'n hoereerder en 'n suiplap.

*Hy dink (en sê) Bush en Sharon is ook poeste, en hy beweer Rumsfeld
is as gekloonde Nazi generaal 'n geslaagde Mengele eksperiment.

*Hy glo nog steeds Bram Fischer was 'n goeie en moedige mens.

*Hy glo die Amerikaners maak oorlog teen die wêreld.

*Hy pis hom nie nat oor rugby nie.

*Hy dink (en sê) 'etnisiteit' is stront bedag deur dié wat klein van
hart en bang van anus is.

*Hy's 'n vuilbek.

*Hy verkies bruinbrood bo witbrood.

*Hy hou nie van margarien nie.

*Hy dink gekoloniseerde outjies wat nie ordentlik Frans kan praat nie
dink na-aperig en is aansitterige dandies, en hulle behoort die
plaasprodukte van die papplaas Afferkaners op Groentemarkplein te
verkoop, liefs sonder groot woorde en juppie aksente. Hy is oortuig
hulle weet niks van die filosofie nie en is glyjakkalse.

*Hy dink Skellumbos en Poestoria moes lankal met die grond gelyk gemaak
gewees het, en met sout besaai.

*Hy is bly om te verneem Max du Preez en Antjie Krog het by Praag
aangesluit. Hy dink dis awesome. Hy stel voor dat Praag vir Esterhuyzen
en Jakes Gerwel ook moet werf. Julle sal 'n pragtige galery gatlakeie
wees.

Die uwe,

Breyten Breytenbach
Re: " Sit my op die skandpaal" [boodskap #111631 is 'n antwoord op boodskap #111627] Do, 30 November 2006 20:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Is dit supposed om 'n gedig te wees?
Re: " Sit my op die skandpaal" [boodskap #111633 is 'n antwoord op boodskap #111631] Vr, 01 Desember 2006 00:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Francois Human skryf
> Is dit supposed om 'n gedig te wees?

Dierbaarheid weet. Ek het selfs gewonder of
dit deur Breyten self geskryf is. Wat dink jy.
Die laaste handjievol reëls klink net so
skatologies as die taal van die oudjie wat
wat so sit en pos op die nuusgroep. Kan
daardie "oudjie" miskien Breyten wees?

Gloudina
Re: " Sit my op die skandpaal" [boodskap #111635 is 'n antwoord op boodskap #111627] Vr, 01 Desember 2006 05:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jy was baie stil die laaste ruk Gloudina - Rekenaar probleme ?

"Hessie" wrote in message
news:1164892742.489526.93370@n67g2000cwd.googlegroups.com...

Sit my op die skandpaal
Re: " Sit my op die skandpaal" [boodskap #111640 is 'n antwoord op boodskap #111633] Vr, 01 Desember 2006 10:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 30 Nov 2006 16:17:58 -0800, "Hessie" wrote:

> Francois Human skryf
>
>> Is dit supposed om 'n gedig te wees?
>
> Dierbaarheid weet. Ek het selfs gewonder of
> dit deur Breyten self geskryf is. Wat dink jy.
> Die laaste handjievol reëls klink net so
> skatologies as die taal van die oudjie wat
> wat so sit en pos op die nuusgroep. Kan
> daardie "oudjie" miskien Breyten wees?
>
> Gloudina

Dis te lank en deurdag vir die probleemkind.
Dit kan dalk Breyten wees - sou ek se - maar is ietwat te
gestruktureerd vir hom.
Re: " Sit my op die skandpaal" [boodskap #111644 is 'n antwoord op boodskap #111635] Vr, 01 Desember 2006 16:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Riaan skryf

> Jy was baie stil die laaste ruk Gloudina - Rekenaar probleme ?

Nee, ek is maar gewoonlik "stil" totdat mense
dinge s? wat 'n "antwoord" nodig het.

Gloudina
Re: " Sit my op die skandpaal" [boodskap #111648 is 'n antwoord op boodskap #111640] Vr, 01 Desember 2006 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek was nooit 'n groot aanhanger (of kenner) van Breyten gewees nie.

Toe ek in die indoktrinasiefase van my lewe was, was hy
deel van die totale aanslag, en toe ek vir myself begin
dink het, het sy werk maar net eenvoudig na 'n klomp kak
gelyk.

Soois

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:dq00n2ls8etv1ji2fra2qj6fe9ft0boma7@4ax.com...
> On 30 Nov 2006 16:17:58 -0800, "Hessie" wrote:
>
> >> Is dit supposed om 'n gedig te wees?

>> Dierbaarheid weet. Ek het selfs gewonder of
>> dit deur Breyten self geskryf is. Wat dink jy.
>> Die laaste handjievol reëls klink net so
>> skatologies as die taal van die oudjie wat
>> wat so sit en pos op die nuusgroep. Kan
>> daardie "oudjie" miskien Breyten wees?

>> Gloudina
>
>
> Dis te lank en deurdag vir die probleemkind.
> Dit kan dalk Breyten wees - sou ek se - maar is ietwat te
> gestruktureerd vir hom.
Re: " Sit my op die skandpaal" [boodskap #111652 is 'n antwoord op boodskap #111648] So, 03 Desember 2006 15:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Francois Human skryf

> Ek was nooit 'n groot aanhanger (of kenner) van Breyten gewees nie.

Ja, François, ek dink ook Breyten Breytenbach
se belangrikheid in die literatuur van Afrikaans is
buite proporsie tot sy werklike talent. Meeste
van sy gedigte is net eenvoudige boringggg.
Hy is meer 'n kulturele verskynsel as wat hy
'n goeie digter is. Maar so gaan dit maar in
'n hele klomp ander tale ook. En hier en daar
het hy goeie klein gediggies geskryf.

Gloudina
Re: " Sit my op die skandpaal" [boodskap #112265 is 'n antwoord op boodskap #111648] So, 21 Januarie 2007 16:37 Na vorige boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Francois Human wrote:
> Ek was nooit 'n groot aanhanger (of kenner) van Breyten gewees nie.
>
> Toe ek in die indoktrinasiefase van my lewe was, was hy
> deel van die totale aanslag, en toe ek vir myself begin
> dink het, het sy werk maar net eenvoudig na 'n klomp kak
> gelyk.
>

Jy dink nog steeds nie vir jou self nie!


> Soois
>
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:dq00n2ls8etv1ji2fra2qj6fe9ft0boma7@4ax.com...
>> On 30 Nov 2006 16:17:58 -0800, "Hessie" wrote:
>>
>>
>>>> Is dit supposed om 'n gedig te wees?
>
>>> Dierbaarheid weet. Ek het selfs gewonder of
>>> dit deur Breyten self geskryf is. Wat dink jy.
>>> Die laaste handjievol reëls klink net so
>>> skatologies as die taal van die oudjie wat
>>> wat so sit en pos op die nuusgroep. Kan
>>> daardie "oudjie" miskien Breyten wees?
>

&mode=related&search=


>>> Gloudina
>>
>>
>> Dis te lank en deurdag vir die probleemkind.
>> Dit kan dalk Breyten wees - sou ek se - maar is ietwat te
>> gestruktureerd vir hom.
Vorige onderwerp: Poepholle
Volgende onderwerp: Stink Gatte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 22:57:59 MGT 2024