Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pieter-Dirk Uys oor P.W. BOTHA
Pieter-Dirk Uys oor P.W. BOTHA [boodskap #5063] Do, 02 November 2006 13:07 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
'Ek gaan hom nie mis, want PW leef in my koor van narre'
Nov 02 2006 07:05:37:160AM - (SA)

Pieter-Dirk Uys


Ek was by die Edinburg-fees met 'n vertoning toe P.W. Botha bedank
het as Suid-Afrika se staatspresident.

Yskoud geskrik. My tentpaal was weg!

F.W. de Klerk was onbekend.

Die feit dat hy so na aan P.W. gelyk het - selfde kaalkop, selle
bril, amper dieselfde voorletters en beslis dieselfde probleem - het
min reaksie uitgelok.

'n Era was beslis verby. P.W. Botha was terug in die wildernis waar
hy hoort.

Sedert daardie dae was my spotbeeld van hom nommer een op my
slagparade.

Die groot krokodil. Vinger en tong.

"Suid-Afrika is . . . Suid-Afrika is . . . Suid-Afrika is . . . !"

Soos Frank Sinatra "I did it my way" moes sing, is ek vasgevang in
die sukses van my na-aapsel.

Sy kinders het saam met my en my suster in ons pa se koor gesing,
destyds toe oom P.W. minister van verdediging was.

Tannie Elize was altyd dierbaar en lief, maar die minister altyd besig
heen en weer, vinnige klapsoen op Mamma se wang en uit. Toe stuur sy
mense my weermag toe.

'n Nare kamp by Potchefstroom om trokke reg te maak.

Eina nee! My naels! Ek skryf toe aan oom P.W.

"Asseblief, kan ek vloot toe gaan?"

Hy't my nepotisties voorgetrek en ek was heerlik in die vloot vir
nege maande sonder om 'n voet op 'n boot te sit. En my naels behou!

1980.

Op die swart-wit-TV in Melville, Johannesburg. Eerste minister P.W.
Botha waai daardie vinger en bulder: "Adapt or die!"

My oomblik van inspirasie.

Vir al daardie jare van sy imperialistiese aftakeling van Suid-Afrika,
was hy altyd die hoogtepunt van my komedie.

Mense het begin lag vir hulle vrees. En dit maak daardie vrees minder
vreeslik.

Hulle't tot vir hom gelag op die SAUK-nuusflitse.

"Maar dis nie ek nie," het ek probeer oorreed.

"Dit was net so snaaks soos jou P.W.," was die antwoord.

As humor gehelp het om hom uit Tuynhuys te help, dan is ek bly.

Ek gaan hom nie mis nie, want P.W. Botha lewe nog steeds in my koor van
politieke hansworse. Daar is 'n ou man dood in die Wildernis laataand
op 31 Oktober.

My hart gaan uit na sy familie. Vanaand sit ek weer die hoed op, en die
bril, en die vinger begin waggel en almal sal lag, want hulle weet,
lewend of dood, is dit nie meer ter sake nie.

Die feit dat hy rustig in sy bed kon sterf en nie in 'n tronk of in
ballingskap nie ten spyte van alles, sê baie vir ons jong demokrasie.

P.W. is gister.

Ons is vandag.

Môre se Rubicon lê vir almal nog voor.
Re: Pieter-Dirk Uys oor P.W. BOTHA [boodskap #5064 is 'n antwoord op boodskap #5063] Do, 02 November 2006 16:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Miskien kan Uys nou die moed aan die dag lê en fokus op die huidige
hofnarre. Sy probleem gaan wees by die keuse van 'n enkel persoon.
Moontlik sou Jacob Zuma die mees geskikte keuse wees. Maar het Uys die
moed?

So ook al die ander befaamde vegters teen apartheid. Hulle is
tjoepstil. (Andre Brink spreek hom uit teen die vlaag van misdaad -
maar met die ander hand vat hy 'n ere-medalje van dieselfde korrupte
spul. Ietwat paradoksaal.)

Dit tref hom waarskynlik ook nog nie dat daar genoeg demokrasie was
waarvolgens hy openlik die spot kon dryf. So - waarom toets hy nie die
heersende demokrasie nie?

Hessie wrote:
> 'Ek gaan hom nie mis, want PW leef in my koor van narre'
> Nov 02 2006 07:05:37:160AM - (SA)
>
> Pieter-Dirk Uys
>
>
> Ek was by die Edinburg-fees met 'n vertoning toe P.W. Botha bedank
> het as Suid-Afrika se staatspresident.
>
> Yskoud geskrik. My tentpaal was weg!
>
> F.W. de Klerk was onbekend.
>
> Die feit dat hy so na aan P.W. gelyk het - selfde kaalkop, selle
> bril, amper dieselfde voorletters en beslis dieselfde probleem - het
> min reaksie uitgelok.
>
> 'n Era was beslis verby. P.W. Botha was terug in die wildernis waar
> hy hoort.
>
> Sedert daardie dae was my spotbeeld van hom nommer een op my
> slagparade.
>
> Die groot krokodil. Vinger en tong.
>
> "Suid-Afrika is . . . Suid-Afrika is . . . Suid-Afrika is . . . !"
>
> Soos Frank Sinatra "I did it my way" moes sing, is ek vasgevang in
> die sukses van my na-aapsel.
>
> Sy kinders het saam met my en my suster in ons pa se koor gesing,
> destyds toe oom P.W. minister van verdediging was.
>
> Tannie Elize was altyd dierbaar en lief, maar die minister altyd besig
> heen en weer, vinnige klapsoen op Mamma se wang en uit. Toe stuur sy
> mense my weermag toe.
>
> 'n Nare kamp by Potchefstroom om trokke reg te maak.
>
> Eina nee! My naels! Ek skryf toe aan oom P.W.
>
> "Asseblief, kan ek vloot toe gaan?"
>
> Hy't my nepotisties voorgetrek en ek was heerlik in die vloot vir
> nege maande sonder om 'n voet op 'n boot te sit. En my naels behou!
>
> 1980.
>
> Op die swart-wit-TV in Melville, Johannesburg. Eerste minister P.W.
> Botha waai daardie vinger en bulder: "Adapt or die!"
>
> My oomblik van inspirasie.
>
> Vir al daardie jare van sy imperialistiese aftakeling van Suid-Afrika,
> was hy altyd die hoogtepunt van my komedie.
>
> Mense het begin lag vir hulle vrees. En dit maak daardie vrees minder
> vreeslik.
>
> Hulle't tot vir hom gelag op die SAUK-nuusflitse.
>
> "Maar dis nie ek nie," het ek probeer oorreed.
>
> "Dit was net so snaaks soos jou P.W.," was die antwoord.
>
> As humor gehelp het om hom uit Tuynhuys te help, dan is ek bly.
>
> Ek gaan hom nie mis nie, want P.W. Botha lewe nog steeds in my koor van
> politieke hansworse. Daar is 'n ou man dood in die Wildernis laataand
> op 31 Oktober.
>
> My hart gaan uit na sy familie. Vanaand sit ek weer die hoed op, en die
> bril, en die vinger begin waggel en almal sal lag, want hulle weet,
> lewend of dood, is dit nie meer ter sake nie.
>
> Die feit dat hy rustig in sy bed kon sterf en nie in 'n tronk of in
> ballingskap nie ten spyte van alles, sê baie vir ons jong demokrasie.
>
> P.W. is gister.
>
> Ons is vandag.
>
> Môre se Rubicon lê vir almal nog voor.
Re: Pieter-Dirk Uys oor P.W. BOTHA [boodskap #5065 is 'n antwoord op boodskap #5064] Vr, 03 November 2006 06:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ou Uys was te bang om voorheen sy mof-snater oop te maak, nou dat oom PW
in sy graf is nou wil hy iets se. Hy is in elkgeval nie snaaks nie, hy
kom eerder as 'n verwarde individue voor. Ou Uys as ons nooit weer iets van
jou hoor nie is dit in elk geval te gou.
Re: Pieter-Dirk Uys oor P.W. BOTHA [boodskap #5067 is 'n antwoord op boodskap #5063] Vr, 03 November 2006 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Pieter-Dirk Uys - 'n Homoseksuele man wat sy transvestiet lewenstyl
probeer kamoefleer in die gedaante van die "humoristiese" Evita
Bezuidenhoudt.

Ek wonder of hy die balls het om die huidige regering met sy
"humor" aan te vat soos wat hy met die vorige regering gemaak het.
Gegewe die feit dat hy so skeef soos 'n nege Rand noot is, glo ek nie
hy het al ooit balls gehad nie.

Hessie wrote:
> 'Ek gaan hom nie mis, want PW leef in my koor van narre'
> Nov 02 2006 07:05:37:160AM - (SA)
>
> Pieter-Dirk Uys
>
Re: Pieter-Dirk Uys oor P.W. BOTHA [boodskap #5068 is 'n antwoord op boodskap #5067] Vr, 03 November 2006 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Riaan skryf

> Pieter-Dirk Uys - Evita
> Bezuidenhoudt.

Dis my ernstige opinie dat Evita Bezuidenhout 'n
staatsbegrafnis aangebied moet word as Pieter-Dirk
Uys die dag die emmer skop.

Gloudina
Re: Pieter-Dirk Uys oor P.W. BOTHA [boodskap #5069 is 'n antwoord op boodskap #5068] Vr, 03 November 2006 13:25 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hi Gloudina - goeie idee.
Ek hoop hy die ordentlikheid om PW se begrafnis by te woon - siende dat
PW hom (in sy eie woorde) hom oppie mêp geplaas het....

Hessie wrote:
> Riaan skryf
>
>> Pieter-Dirk Uys - Evita
>> Bezuidenhoudt.
>
> Dis my ernstige opinie dat Evita Bezuidenhout 'n
> staatsbegrafnis aangebied moet word as Pieter-Dirk
> Uys die dag die emmer skop.
>
> Gloudina
Re: Pieter-Dirk Uys oor P.W. BOTHA [boodskap #111491 is 'n antwoord op boodskap #5065] Vr, 03 November 2006 07:34 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 3 Nov 2006 08:22:32 +0200, "Otterkop" wrote:

> Ou Uys was te bang om voorheen sy mof-snater oop te maak, nou dat oom PW
> in sy graf is nou wil hy iets se. Hy is in elkgeval nie snaaks nie , hys
> kom eerder as 'n verwarde indivudie voor. Ou Uys as ons nooit weer iets van
> jou hoor nie is dit
> in elk geval te gou.

"indivudie"???

Iets met "woedend" te doen, dalk?
Vorige onderwerp: toets
Volgende onderwerp: Hoe om met die ANC saam te werk vir 'n beter toekoms vir almal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 03:10:14 MGT 2024