Tuis » Ernstig » Nuus » Van wanneer af kry mens Van Wyk-swartvelle?
Van wanneer af kry mens Van Wyk-swartvelle? [boodskap #111009] |
Wed, 30 August 2006 12:11  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Een van mees gesoekte transitorowers weer vasgetrek
Aug 30 2006 08:16:48:817AM - (SA)
Borrie la Grange
Sy bynaam is "Seuntjie" maar moenie dat dit jou flous nie - hy is
glo een van die polisie se mees gesoekte transitorowers en nou is hy
weer vas.
Mnr. Christian "Seuntjie" van Wyk (36) was onder 'n vermeende
transitorowerbende van nege wat eergister naby Alberton aan die
Oos-Rand by hul wegkruipplek vasgetrek is ná 'n transitorooftog naby
Duduza.
Sy arrestasie volg nadat speurders in Noordwes hul Gautengse eweknieë
Maandag laat weet het hulle vermoed Van Wyk is dalk aan die Oos-Rand en
dat 'n transitorooftog moontlik te wagte kan wees.
Volgens dir. Sally de Beer, polisiewoordvoerder, was die speurders in
Noordwes al op Van Wyk se spoor sedert 'n transitorooftog op 24 Junie
naby Mothulung in dié provinsie. Vier verdagtes is toe aangekeer weens
dié rooftog.
Volgens De Beer is Van Wyk, van Soshanguve naby Pretoria, al voorheen
aangekeer weens kapings.
'n Pretoriase streekhofaanklaer is in 2002 aangeval en met 'n dwelm
ingespuit tydens 'n kragonderbreking voordat Van Wyk by die
Soshanguve-streekhof verhoor sou word op aanklagte van onder meer
gewapende roof en poging tot moord.
Daar is toe gemeen dié voorval kon dalk deel wees van 'n
ontsnappingsplan vir Van Wyk. Hy is destyds deur verskeie
swaargewapende polisielede by die hof bewaak en in die C-Max-gevangenis
aangehou. Hy is egter vrygespreek op alle aanklagte nadat
sleutelgetuies geweier het om hom te identifiseer. - Borrie le Grange
|
|
|
|
Re: Van wanneer af kry mens Van Wyk-swartvelle? [boodskap #111022 is 'n antwoord op boodskap #111014] |
Thu, 31 August 2006 07:29   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" Die swart mense het g'n van vanne geken nie in die ou dae nie en baie van[/color]
> die plaaswerkers het hulleself 'n blanke van gegee deur te vir ander mense
> bv. te sê dan hy Hans van die van Wyk's se plaas is.
Waar wat jy sê.
Baie het ook die Afrikaanse vanne by die plaasskooltjies gekry waar al die
kinders van 'n bepaalde plaas, wit en swart, onder die plaaseienaar se van
ingeskryf is.
Swart "bywoners" het inderdaad dikwels so met die wit plaaseienaars
geidentifiseer dat hulle nie net die vanne nie, maar selfs ook voorname, die
Afrikaanse taal en wit gesin se godsdiens aangeneem het.
Ek het al op die ng verwys na die Van der Merwes in Ovamboland, swartes,
oorspronklik Zoeloes, wat saam met die dorslandtrekkers Angola toe is -
lidmate van die Gereformeerde Kerk - "Doppers".
In die Paarl omgewing is daar 'n Pretorius familie - afkomstig van Eldoret
in Kenia - swartes wat die wittes se van, taal en godsdiens aangeneem het.
Ek ken 'n William Botha in Oos-Londen - 'n swart Xhosa!
In die Pietersburg omgewing is 'n hele "clan" wat hulleself met die
Boerevolk identifiseer. Hulle het die fotos van Kruger, Steyn en die
Boeregeneraals teen hulle mure, sing nog "Ken gij dat volk..." ens.
Voorbeelde is legio en die land vol.
Maar, Suidwester, hierdie mense is een van die ernstigste aanklagte teen die
apartheidsbeleid en die definisie van die Afrikaners onder apartheid oor wie
tot ons "herren volk" behoort - daardie definisie wat net vir wittes plek
het - wat al die ander wat nie so maklik 'n kam deur die hare kon trek nie,
eenvoudig uitgesluit het. Ons het hierdie mense wat met ons geidentifiseer
het en deel van ons wou wees, eenvoudig weggejaag en vervreem, bloot op
grond van hulle ras, terwyl ons Grieke, Russe, en watter wittes ookal met
ons wou identifiseer, as Afrikaners verwelkom het, ongeag of hulle die taal
ordentlik kon praat of dieselfde godsdiensoortuigings gehad het.
Ek wonder of dit ooit omgekeer kan word...
Torreke
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Van wanneer af kry mens Van Wyk-swartvelle? [boodskap #111082 is 'n antwoord op boodskap #111059] |
Sat, 09 September 2006 16:33  |
Francois Human
Boodskappe: 360 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jislaaik antie, dan wil ek nie die res van die mense se harte sien nie!!
"Hessie" wrote in message news:1157285265.361834.144240@p79g2000cwp.googlegroups.com.. .
Francois Human skryf
> maar Anna van Wyk wat saam met my in
> die Apteek werk se vel is net so swart soos my hart.
Jy praat so van jou swart hart, François, maar
ek dink jy het een van die skoonste harte hier
rond.
Gloudina
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 22:27:05 UTC 2025
|