Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waarop kan afrikaners trots wees?
Waarop kan afrikaners trots wees? [boodskap #11075] Di, 21 Oktober 1997 00:00 na volgende boodskap
Attie Heunis  is tans af-lyn  Attie Heunis
Boodskappe: 3
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek is besig met 'n "opinion poll". Ek wil uitvind wat dink Afrikaners het
hulle om op trots te voel. Ek val niemand aan nie, ek is self ook Afrikaans,
maar ek stel daarin belang. Gee asb. vir my jou naam ook.
Re: Waarop kan afrikaners trots wees? [boodskap #11079 is 'n antwoord op boodskap #11075] Wo, 22 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In "Alwyn Nel" writes:

> Attie Heunis wrote in article
> ...
>> Ek is besig met 'n "opinion poll". Ek wil uitvind wat dink Afrikaners
> het
>> hulle om op trots te voel. Ek val niemand aan nie, ek is self ook
> Afrikaans,
>> maar ek stel daarin belang. Gee asb. vir my jou naam ook.
>>
> My voorouers het uit Frankryk na die donker onsekere suidpunt van Afrika
> gekom. Hulle was die sogenaamde Franse Hugenote. Dit moes moerse guts gevat
> het. Hulle het gevare en barbare in die wildernis trotseer met ongekende
> mannemoed. Ek is trots daarop.

> Hulle het 'n nageslag gelaat wat die wildernis getem het, stede gebou het
> en goud uit die aarde gemyn het. Hulle het Afrika op die map geplaas.
> Hulle het gehelp om die infrastruktuur in Afrika tot stand te bring wat ons
> vandag die "beskawing" noem. Ek is trots daarop.

> Ons het die Pierneefs en die Maggie Loubsers. Chris Barnard het die eerste
> hartoorplanting in die wereld gedoen. Boerseun - Suid Afrikaner ... Ek is
> trots daarop.

> Krygkor het die eerste helikopter (Rooivalk) ontwerp wat 'n "loop" kan
> doen. Die G6 kanon is nog onge-ewenaard. Wat ookal jou sentiment is, dit is
> briljante ingenieursvernif... en ek is trots daarop.

> Sasol was die eerste (enigste?) "refinery" wat petrol uit steenkool
> vervaardig het. SA tegnologie. Ek is trots daarop.

> Dis al vir nou.

> Alwyn Nel
Mooi, baie mooi Alwyn.
Die goud het sekerlik gehelp om SA op die map te plaas, Sasol was en is
nog die grootste fokop wat Afrikaners nog gemaak het. Oor die beskawing
en barbare storie moet ek eers nog dink. Hier hoor ons nou met TRC dat
barbare nog steeds hul rondtes doen, De Kock ens. ens. So moet nie te
gou excited raak nie of is al die gemors deel van jou trots wees.

--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Waarop kan afrikaners trots wees? [boodskap #11089 is 'n antwoord op boodskap #11075] Do, 23 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ben the CycleCounter  is tans af-lyn  Ben the CycleCounter
Boodskappe: 3
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
En -

Ons het Johannes Kerkorrel, Laurika Rauch, 'The gods must be crazy'.

Verder is ons ook baie trots op afrikaner wees (m.a.w. om jou vraag te
beantwoord - ons het ons self om op trots te wees!?) . Ek kom gereeld met
afrikaners in kontak hier in die VSA (bly in Sunnyvale - die hartjie van die
'Silicon Valley'). Hulle verlang altyd na ons vaderland en is altyd trots op ons
taal.

Laastens:

Daar is nie veel tale waarin 'gaan k*k' so lekker sê nie ('skuus ma) - of, soos
'n vriend wat in Chicago werk eendag vir my gesê het: "Jy weet, hierdie engels
is 'n moeilike ding. Hoe sê jy nou eintlik vir jou baas: 'Jou moer'?" ('skuus ma
alweer).

Ben

Attie Heunis wrote:

> Ek is besig met 'n "opinion poll". Ek wil uitvind wat dink Afrikaners het
> hulle om op trots te voel. Ek val niemand aan nie, ek is self ook Afrikaans,
> maar ek stel daarin belang. Gee asb. vir my jou naam ook.

--
----------------------------------------
NOTE: To reply - remove the anti-spam
section from the reply address.

ANY commercial email I receive is
eligible to a $50.00 proof reading cost.
By removing the anti-spam section from
the reply address for commercial
purposes you agree to these terms.
----------------------------------------
Re: Waarop kan afrikaners trots wees? [boodskap #11090 is 'n antwoord op boodskap #11075] Do, 23 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mr Nobody  is tans af-lyn  Mr Nobody
Boodskappe: 6
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ou maat...

Daar is maar min... ek meen om te sê, ons kultuur is maar dieselfde as al
die ander s'n... ons kyk almal dieselfde kak op tv, eet dieselfde kos ens
ens... die enigste ding waaraan ek kan dink wat uniek in ons kultuur is, is
Boeremusiek!!!!!

Attie Heunis wrote in article
...
> Ek is besig met 'n "opinion poll". Ek wil uitvind wat dink Afrikaners het
> hulle om op trots te voel. Ek val niemand aan nie, ek is self ook Afrikaans,
> maar ek stel daarin belang. Gee asb. vir my jou naam ook.
>
Re: Waarop kan afrikaners trots wees? [boodskap #11099 is 'n antwoord op boodskap #11075] So, 26 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Oct 1997 16:24:10 -0700, "Attie Heunis"
wrote:
Re: Waarop kan afrikaners trots wees? [boodskap #11100 is 'n antwoord op boodskap #11075] So, 26 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Oct 1997 16:24:10 -0700, "Attie Heunis"
wrote:
Re: Waarop kan afrikaners trots wees? [boodskap #11108 is 'n antwoord op boodskap #11075] Ma, 27 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jacques Strydom  is tans af-lyn  Jacques Strydom
Boodskappe: 5
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ben the CycleCounter wrote:

: --
: ----------------------------------------
: NOTE: To reply - remove the anti-spam
: section from the reply address.

Snaaks, as ek die anti-spam gedeelte "removethispart" uithaal en email
probeer stuur aan ben.yo...@nvidia.com dan hop dit terug..... :)

Groete,

Jacques Strydom
Re: Waarop kan afrikaners trots wees? [boodskap #11137 is 'n antwoord op boodskap #11075] Vr, 31 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
Ben the CycleCounter  is tans af-lyn  Ben the CycleCounter
Boodskappe: 3
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Genuine skerp! Lanklaas so lekker vir myself gelag...

Jacques Strydom wrote:

> Ben the CycleCounter wrote:
>
> : --
> : ----------------------------------------
> : NOTE: To reply - remove the anti-spam
> : section from the reply address.
>
> Snaaks, as ek die anti-spam gedeelte "removethispart" uithaal en email
> probeer stuur aan ben.yo...@nvidia.com dan hop dit terug..... :)
>
> Groete,
>
> Jacques Strydom
Vorige onderwerp: Help my om my motortjie te vind
Volgende onderwerp: Afrikaans studente in Amerika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 21:35:30 MGT 2024