Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Help my om my motortjie te vind
Help my om my motortjie te vind [boodskap #11133] Wo, 29 Oktober 1997 00:00
Johan Conroy  is tans af-lyn  Johan Conroy
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hallo almal, jammer om te pla.

My motor-mobiel het 'n slagoffer geword van Gauteng se gunsteling
sportsoort: affirmative shopping.

My bakkie is Maandagaand in Pretoria se middestad gesteel. Siende dat
die ding nie teen diefstal verseker was nie, sal ek dit besonder baie
waardeer indien iemand my kan help om dit terug te kry.
Ek het nie besonder baie hoop op 'n gelukkige einde nie, maar ek dog toe
dit kan seker nie skade doen om maar net te vra nie.

Die bakwerk is 'n 1986 VW golf diesel bakkie, waarin ek 'n 8-klep GTI
enjin ingebou het. Die onderstelnommer is 17E0186725 en die enjinnommer
is SFEVR241219. Ten tyde van die diefstal was die registrasienommer
KCP717T, en die bakkie was wit met 'n wit glasveselkappie. Die
bedrading, paneelbord en ratkas is nie meer oorspronklik nie en die
ruite het die registrasienommer op.

Ek bied 'n beloning van R1000 aan vir enige inligting wat daartoe sal
lei dat die voertuig in 'n bruikbare toestand teruggevind word, met 'n
bonus indien die skelms gevang en skuldig bevind word.

Hou asseblief julle oge oop. Enige persoon met inligting kan my email
by conr...@hotmail.com, of by die werk skakel by (012) 313-5259
Ek het ongelukkig nie 'n huisnommer nie, maar na-ure kan my broer Jaco
gekontak word by (012) 567-2391.

Groetnis
Johan
Vorige onderwerp: Re: Ausar/Asar/Osiris ... what ever
Volgende onderwerp: Waarop kan afrikaners trots wees?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 23:32:35 MGT 2024